Vandag se begroting
GRAP-nakoming en nasionale tesourie se nuwe begrotingsformaat vir munisipaliteite skep verwarring by Jan en alleman.
Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.
Oudtshoorn. 31 Maart 2010. 07h00. OO het gister berig dat die begroting wat vanoggend voor die raad dien ernstige voorskriftelike gebreke bevat.
Die begroting is deur die munisispale konsultante, Mubesko, opgestel. En Mubesko verseker OO dat die integriteit van die begroting bo verdenking is.
Die begroting voldoen aan al die GRAP-standaarde en omdat Mubesko juis getaak is om die munisipaliteit GRAP-nakomend te maak (én omdat Oudtshoorn nie die finansiële menslike hulpbronkapasiteit het om dit self op te trek nie) is Mubesko gevra om die begroting te doen.
Volgens wetgewing moet die munisipale begroting teen 31 Maart voltooi wees en dan vir openbare kommentaar beskikbaar wees voordat dit op 31Mei gefinaliseer moet wees. Vertrou op Oudtshoorn om die begroting óp die keerdatum voor die raad te bring, nadat raadslede die vorige dag ‘n kopie ontvang het.
Whatever minds are in play could therefore only have been applied, such as it is possible, since yesterday.
Die begroting is egter nie in die nuwe voorgeskrewe formaat wat deur nasionale tesourie vereis word nie. Mubesko meen dat “feitlik geen munisipaliteit” begrotings teen vandag in hierdie nuwe formaat beskikbaar sal hê nie.
Presies wat dié feit met Oudtshoorn te make het was nie onmiddelik duidelik nie.
Die nuwe voorskrifte vereis glo 48 sigbladkomponente, onderling interaktief, wat sewe jaar, drie histories, se inligting saamvat. Dit neem baie tyd in beslag om dié sigblaaie (spreadsheets) voor te berei en dit moet in elk geval verander word wanneer begrotingsaanpassings voor 31 Mei gedoen word. Dit blyk dus omsigtig (prudent) te wees om die nasionale tesourie-formaat eers nader aan die finale keerdatum te gebruik…
Finansiële sagteware word glo tans aangepas om die nasionale tesourie-sigblaai outomaties by te werk. Dié aanpassings is glo byna voltooi en toekomstige begrotings sal dus op 31 Maart reeds aan die voorgeskrewe formaat voldoen en bygehou word soos aanpassings voor die 31 Mei-keerdatum bygewerk word.
Volgens Mubesko was die begroting nie deel van sy aanvanklike opdrag nie en staan die maatskappy in om Oudtshoorn se gebrek aan kapasiteit en relevante kundigheid tegemoet te kom.
Vir die uitstaande gehalte van sy werk moet Mubesko bedank word.
Maar hoe op aarde kan Oudtshoorn stééds – na máánde se blootstelling aan uitmuntende konsultante soos MeyerOtto en Mubesko en ‘n nuwe! beter! munisipale bestuurder – nie die kapasiteit hê om ‘n begroting – ‘n jáárlikse finansiële aktiwiteit! – op te trek nie!?
Verbysterend! En OO het nog ‘n rits byvoeglike naamwoorde wat, in hierdie geval, op gereelde aandrang van ‘n baie getroue leser weerhou word.
Daar is op Beroerdplein net té min geredelik beskikbare inligting en té veel verduidelikings waneer papajas gevaarlik naby aan waaiers kom.
Something is rotten in the State of Denmark. Willie Wikkelspies se stories bly darem maar relevant en tersaaklik. Maar daar gaan OO al weer met ‘n snarsie toutologie en so byna nog ‘n byvoeglike naamwoord of twee.
Of selfs meer as twee.
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
2 comments