Praat; praat; praat; praat; praat. Praat
Die politici en die amptenary práát! Maar daar word nie juis gedoen nie.
Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.
Oudtshoorn. 30 Maart 2010. 07h30. Die LUR vir plaaslike regering, Anton Bredell, het gister verskeie vergaderings met raadslede en munisipale amptenare op Oudtshoorn gehad.
Daarna het hy ‘n midagete begewoon met ‘n groep sakelui en die media waar hy met vrae gepeper is deur, veral, lede van die DA Aksiegroep (DAAG).
Die wanbestuur; die onbeholpenheid; die bedrog; die diefstal van Beroerdplein is al tot vervelens toe op OO berig. Baie van hierdie aspekte is tydens die midagete opgehaal.
Bondig saamgevat, meen OO dat daar nie verandering op Oudtshoorn sal wees voor die munisipale verkiesing volgende jaar nie. Die DA-leierskap wíl en sál die status quo ten alle koste handhaaf. Verandering is gewoon polities riskant en verandering beteken dat bepaalde dinge gedóén moet word en politici kan net práát.
Die plaaslike sakeman, Hikkie Marais, het juis teen die einde van die gesprek gesê dat die tyd vir praat verby is en dat daadwerklike optrede – selfs uitdagende optrede – noodsaaklik geword het om Oudtshoorn se dorpsregering te suiwer.
Bredell het Marais se voorstel as gevaarlik afgemaak.
Bredell het gesê dat die uitvoerende burgemeester, raadsdame Diane de Jager, goeie werk doen om die koalisie (tussen die DA en die OD) in stand te hou. OO kan nie wag om die OD-raadslede se mening oor dié verregaande uitlating te verneem nie – en OO sal oor die kommentaar berig, alhoewel kommentators van die OD waarskynlik nie hulle name genoem sal wil hê nie. Miskien omdat hulle eerste reaksie woorde sal bevat wat selfs ‘n blogger nie kan publiseer nie.
Oudtshoorn se DA LP, Jac Bekker, het absolute stellings gemaak oor die kiesersteun van die huidige DA-raadslede en dat die DA nie ‘n verkiesing sal kan wen sonder die huidige DA-raadslede nie.
Wat ‘n smullekker ete het die Queens Hotel nie gister bedien nie! Uitmúntend! Maar so tussen die woorde wat gesluk moes word kon OO kon die kos beswaarlik in hou.
Van die DA provinsiale regering gaan Oudtshoorn tot met die volgende munisipale verkiesing niks meer kry as besoeke en woorde nie.
Hoe dúrf OO so negatief wees!?
Dís hoekom: OO het Bredell in November verlede jaar by twee geleenthede ernstig versoek om teen die Eden burgemeester, Leon Dorfling, op te tree en te sorg dat Dorfling sy skuld aan Eden vereffen.
Vandag is daar ‘n raadsvergadering in Eden waartydens Dorfling se skuld byna verseker afgeskryf gaan word. Bredell het gister aangedui dat hy sal moet spring voor “Woensdag” en hy moes daarop gewys geword het dat hy reeds moes gespring hét. Vier maande nadat Dorfling se skuld aan Eden vir die laaste, maar sóveelste maal onder Bredell se aandag gebring is, wil hy nou, ‘n paar sekondes voor twaalf, “optree”.
Hoe dúrf OO so negatief wees!?
Dís hoekom:
Na ‘n jáár van “regruk” het Oudtshoorn vandag – 30 Maart – ‘n kapasiteitskrisis wat bestuur reduseer bloot tot die woord wat na “bestuif” in die HAT verskyn.
Die pasaangestelde hoof finansiële amptenaar neem waar as munisipale bestuurder. Ons het dus nie ‘n munisipale bestuurder nie en die kritieke bestuursarea finansies het verdeelde aandag terwyl die begroting môre voor die raad dien… ‘n begroting, so verneem OO, wat ernstige voorskriftelike gebreke bevat.
Ons het nie ‘n korporatiewe bestuurder nie. Bredell probeer ene Trevor Botha van Stellenbosch oortuig om die pos op te neem.
Ons het nie ‘n direkteur gemeenskapsdienste nie – ene Walther Hendricks gaan die pos glo aangebied word.
Ons het nie ‘ direkteur tegniese dienste nie – ene MJ Rhode gaan glo die pos kry.
Bedrog en diefstal is aan die orde. Daar is nie ‘n sagter manier om dit te stel nie.
Daar dreig ‘n krisis in behuising wat OO vlugtig met Bredell bespreek het, wat Oudtshoorn potensieël miljoene kan kos.
Maar dit gaan goed op Oudtshoorn! Die burgemeester hou die koalisie bymekaar, alhoewel die LP steen en been kerm en kla dat hy die moeilikste jop in die veelal het om die burgemeester se uitmuntende werk tot voordeel van Oudtshoorn uit te voer met raadslede waarsonder Oudtshoorn verlore sou wees.
Berge val op ons; heuwels bedek ons!
Of…
Kom ons staan op teen hierdie lamsakkige “leiers” en doen sélf die nodige om Oudtshoorn uit die vieslike kloue van lamsakkige beroerdheid te red!
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
EK HET N BELANGRIKE ANTWOORD OP DIE LP SE ‘PAAI-BELEID; VAN ALMAL TERWILLE WEES; ”NICE BOYS ALWAYS COME SECOND!!!!!!!!!
IN DIE NUWE SA GAAN JY JOU ‘ALIE ‘SIEN MET” NICE WEES” JAC BEKKER! GLO MY!!!!
AAN DIE ANDER KANT—NICE OUENS IS GEWOONLIK OUENS WAT NIE WEET HOE NIE, EN VAN HULLE SIT DIE REGERINGSTOELE VOL!!!! USELESS BLIKSKOTTELS WAT SOOS PARASIETE TEER OP DIE NICE BOYS SE DOMHEID!