EdenOnline

Ons betaal Leon Dorfling se regskuld vír hom

Posted in Uncategorized by edenonline on March 30, 2010

Bredell stuur ‘n protesbrief.
Is die LUR vir plaaslike regering ‘n dapper muis, of wát!?

Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.

Oudtshoorn. 31 Maart 2010. 06h00. Die Edenraad het gister die burgemeester, Leon Dorfling, se regskuld afgeskryf.

OO het maande lank hieroor gewaarsku – beide op hierdie blog en in persoonlike korrespondensie met die LUR vir plaaslike regering, Anton Bredell.

Dít nadat Nic Barrow Dorfling se skuld oopgevlek en aan die groot klok gehang het. (Klik hier en hier vir berigte oor hoe Barrow Dorfling gekonfronteer het oor die skuld.)

Bredell het Maandag op ‘n middagete gesê dat hy spoedeisend sou optree om die afskrywing te verhoed – nadat hy reeds maande gelede kon opgetree het!

Bredell het Dinsdagoggend inderdaad ‘n brief aan die Eden speaker gestuur waarin hy met stappe dreig indien die raad Dorfling se skuld sou afskryf.

Het Bredell die kroonjuwele om sy dreigement gestand te doen?

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn

Klik hier om terug te gaan na die Eden24 voorblad

2 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. 007 said, on March 31, 2010 at 2:29 pm

    DIT LYK DAN NOU VI MY DIE DA IS SOOS N VIS WAT VAN SY KOP AF VROT MENEER!

  2. Patriot said, on April 4, 2010 at 8:03 am

    Anton Bredell staan met al tien vingers en tone binne in die krake van die damwal. Die water spuit reeds uit die lekplekke en meer krake onstaan by die minuut….(sekonde ?)

    Hoe lank nog voordat die damwal verkrummel voor die druk van die watermassa ? Nog ‘n kraak onstaan met die aanstel van Hendricks met 68 klagtes van… sjuuuuuut…..jy weet wat. En wie het ‘n vinger in die paaaaaaaaiiiiii. Natuurlik, ons agbare Burgemeesteres en haar side kicks.

    So, jammer vir jou minister Bredell. Wat jy van bo af probeer regmaak fok jou onderdane van onder af op. Verstaan jy wat ek probeer se in eenvoudige taal ?!

    Ek bedoel dis wat ons op grongvlak geleer word in besigheidsskole. Maak die blerrrrrrrie ding reg daar waar die gemors ontstaan.As ‘n boer se besproeingswater nie by sy gesaaides uitkom nie staan hy nie by die eindpunt en wag nie. Hy gaan soek die lekplek en sit daar en dan ‘n prop in. Of hoe mnr Bredell.

    ‘n Bietjie gratis advies minister Bredell. Hoe sou jy optree as dit jou besigheid was?Natuurlik ja…. fire die swakplekke. Nou hoekom doen jy dit nie?!

    ‘n Joernalis vra Danny Jordaan van sokker faam “hoe slaap jy met al die probleme” Sy antwoord ? Hy los eers al die probleme op voordat hy gaan slaap ! Daarshy minister. Vat die mense weg wat jy weet wat wat droogmaak….dan konsentreer ons op dit wat regtig saakmaak.

    Maar nou ja nou weet ons ook dat jy nie graag op tone wil trap nie……sterkte met die swemmery…ek hoop jy het jou tjoeppie aan want die water gaan rof wees met die damwal se brekery..


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.