Jac Bekker “ruk OO in die bek”
DA kragman bult spiere. OO skrik hom boeglam.
Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.
Oudtshoorn. 31 Maart 2010. 06h00. Die DA LP vir Oudtshoorn, Jac Bekker, het glo sy koukus – die DA-raadslede wat hy namens Theuns Botha oppas – vertel hoe hy OudtshoornOnline “in die bek geruk het” tydens die middagete met Anton Bredell Maandag.
OO onthou die ontgogeling goed. Dit was, met erkenning aan een van my gunsteling politici, Australië se John Keating, soos om met ‘n warm kropslaai gemoker te word.
OO se standpunt is eenvoudig: Die uitvoerende burgemeester, raadsdame Diane de Jager en die voorsitter finansies, raadsheer James Swigelaar en die LP, Jac Bekker, moet vervang word. Kollektief is hulle soos ‘n dooie karkas wat winddroog aan ‘n tak hang en niemand is lus om naby die klank te kom om dit los te sny nie; soos ‘n akkedis op ‘n Karooklip: lewendig maar lyk kompleet (sou my ouma gesê het) dood.
Jac Bekker het nog nie ‘n politieke plan in Eden of in Kannaland of op Oudtshoorn laat werk nie. Sy base in Waalstraat moet die geduldigste dowwe op aarde wees:
Kallie Baartman*; Anthony Ewerts*; Fareed Stemmet**, Leon Dorfling**; Tinus Matthysen, MC Botha, Wessel Rabbets: Almal mense sonder wie Eden en/of Oudtshoorn en/of Kannaland – en verál, die DA! – nie kon klaarkom nie.
Swigelaar en Biljohn: raadslede sonder wie se matelose en perkelose gewildheid en kiesersondersteuning die DA ‘n politieke uitwas sal wees!
Aldus die DA LP vir Oudtshoorn, Jac Bekker.
OO was tot nog toe heel bereid om ‘n pad met Bekker te probeer stap. Maar na Maandag se verwysing na die waarde van, byvoorbeeld, raadslid Sonja Biljohn, gaan OO net eenvoudig nie meer Bekker se geneul oor sy moeilike jop en die o, so onvolmaakte teater waarin hy sy broderigheidjie in die sweet van sy aanskyn moet verdien, verduur nie.
OO sal nié ‘n woord sprak of ‘n vinger verroer om Diane de Jager en James Swigelaar en Sonja Biljohn en Mary May en Chris Stemmet verkies te kry nie. OO sal sy ondersteuning van die DA in heroorweging neem as selfs net één van hierdie huidige raadslede weer ‘n kandidaat is in 2011.
Die huidige DA koukus is nikswerd. Die LP babawagter pas by die koukus.
Die DA sal nie ‘n verkiesing op Oudtshoorn wen met die huidige raadslede nie. En Bekker reken die huidige lotjie is onvervangbaar.
Die DA koukus op Oudtshoorn het sy rug op die dorp gekeer en het nou die verwaandheid om te reken dat die dorp agter hom is.
OO in die bek geruk. Assebliéf tog! Wag en sien. OO het nog sommer báie te sê!
Soos dat Jac Bekker die vrotste politieke aanstelling is sedert Caligula (Gaius Caesar Germanicus) sy perd, Incitatus, ‘n senator gemaak het. (Klik hier as jy rêrig meer oor dié opgemaakte storie wil lees.)
* Kêsj en kontant was betrokke. OO weet en OO ken die details.
** Kesj, as vergoeding vir senior poste, was betrokke. OO weet en OO ken die details.
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn

HOOR! HOOR!!