Polisie slaan toe op groot onderneming
Inhegtenisnemings kan volg
Wetstoepassingsorganisasies gaan wyd toeslaan in die Wes-Kaap om die vervaardiging van onwettige produkte wat deur die drankwet verbied word hok te slaan.
Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.
Oudtshoorn. 29 Maart 2010. 09h15. Die statistiekdiens Fact-a-Day het verlede week berig dat volwasse Suid-Afrikaners, ouer as 16, daagliks 551 ton (!) suiker in hulle kofiie en tee gooi en oor hulle ontbytkosse strooi.
Maar, so vertel ‘n voormailge werknemer van die maatskappy wat sake doen op twee persele wat Vrydag deur die polisie deursoek is, bepaalde huishoudings van mense wat by dié maatskappy werk se suikerverbruik maak Fact-a-Day se statistiek minder verbasend. Daar word glo enorme hoeveelhede suiker deur dié huishoudings aangekoop.
Bush Radio berig dat die SAPD, die SAID en die departement van landbou, visserye en bosbou Vrydag op die persele in Van der Rietstraat en Parkweg toegeslaan en 180,000 liter onwettige “produkte” gekonfiskeer het .
Drie tenks op die Parkweg-perseel en sewentien tenks op die van der Rietstraat-perseel is verseel nadat monsters geneem is vir forensiese analise.
Houers met produkte wat reeds vir die mark bestem was, is ook gekonfiskeer.
Volgens kaptein Bernadine Steyn, polisiewoordvoerder, is ‘n saak met twee aanklagte geopen: die vervaardiging en verspreiding van ‘n onwettige produk en versuim om te voldoen aan die drank registrasievoorwaardes.
Die beslaglegging is gedoen in terme van Operasie Lumka wat daarop gemik is om die verband tussen middelmisbruik en kontakmisdaad te bepaal.
Volgens Steyn is verskeie persele in die Wes-Kaap geïdentifiseer vir soortgelyke polisieoptrede.
Werknemers en selfs direksielede van die maatskappy wat sake doen op die twee persele, met wie OO oor die naweek gepraat het, het uiteenlopend op die beslaglegging gereageer:
Sommige was nie juis verbaas oor die gebeure nie. Die name van mense wat van oortredings verdink word is ook sonder meer genoem.
Andere het die saak afgemaak as ‘n blote verskil in interpretasie van relevante wetgewing tussen die maatskappy en die owerheid.
“Nou wat het die suiker met die saak te make?”, wou OO weet.
“Suiker is mos nódig!”, was die antwoord.
Wáárvoor?
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
Oooooooo! Maar meneer is geniepsig….met die ou suikertjies !!
SUIKER ?SE JY BOET???????????HEH-HEH! JY IS DAREM MAAR N TOP DIPLOMAAT[SOMTYDS!]HEH-HEH]
VUURWARM WARMPLAAT DANSERY!