Politieke verantwoordelikheid
Swak administrasie al dan nie; die verkose politieke leiers moet pa staan!
Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.
Oudtshoorn. 25 Maart 2010. 11h00. Oudtshoorn se kiesers stel nie amptenare aan nie. Oudtshoorn se kiesers het slegs direkte invloed op die bestuur van die dorp deur verkose verteenwoordigers.
Die verkose verteenwoordigers wat Oudtshoorn se mense moet dien het oor die afgelope jare skrikwekkende onbetrokkenheid en onbeholpenheid openbaar.
Op 19 Februarie verlede jaar het die Wes-Kaapse DA-leier, Theuns Botha, die plaaslike DA-koukus van hulle besluitnemingsmagte ontneem en twee “babawagters” aangestel om toesig te hou oor die koukus se werksaamhede (klik hier). Slegs die huidige LP vir Oudtshoorn en Kannaland, Jac Bekker, is steeds in dié veto-hoedanigheid betrokke.
Bekker het veral twee goed gedoen wat die DA se politieke verantwoordelikheid bevraagteken: Hy het Tinus Matthysen laat aanstel en Matthysen se knoeiwerk maande lank verduur en selfs verdedig en hy het die voormalige munisipale bestuurder versoek om ‘n administrateur in die uitvoerende burgemeester se kantoor te vestig omdat die burgemeester nie die mas opkom nie.
Tydens Matthysen se termyn as (waarnemende) hoof finansies, het die DA voorsitter van die finansportefeulje – Oudtshoorn se “minister van finansies” – raadsheer James Swigelaar, gefaal om verskeie skreiende finansiële bestuurswanpraktyke aan te spreek, of selfs raak te sien – ondere andere:
Die Pietersen wanbetalings;
Die selfoonskuldskandaal;
Die Van der Mescht uitbetaling;
Die Matthysen dubbele eis;
Die Matthysen romanse met Abakus;
Die ongerymde uitbetalings aan Mazars Moores Rowland;
Die ongerymde uitbetalings aan B&T Personnel;
Die skandalige versuim om die Ontwikkelingsbank se R5m toegif op te eis;
Die administratiewe boewery waaroor OO reeds op 11 Maart verlede jaar berig het – klik hier;
Die ondenkbare versuim om toe te sien dat robuuste finansiële beheermaatreëls vasgelê word…
Dít terwyl Swigelaar op 8 Oktober verlede jaar op ‘n vergadering van sy portefeuljekomitee verklaar dat Oudtshoorn se finansies “kerngesond” is – Kérrrrn-gesónd! (Klik hier.)
Terwyl die DA se leiers sélf raadsdame Diane de Jager se onvermoë beken, en terwyl die DA leiers raadsheer James Swigelaar se toesighoudende onvermoë nie kán ontken nie, doen die DA níks om hierdie onkapabele raadsleiers – die mees senior politieke leiers op Oudtshoorn! – te vervang nie!
Die DA se onbetrokkenheid maak ‘n bespotting van die Wes-Kaapse leier, Theuns Botha, en die LUR vir plaaslike regering, Anton Bredell, se uitsprake oor “goeie regering” en “die beste kandidate vir poste” en hulle mooi woorde oor Oudtshoorn se strategiese belangrikheid.
As die DA werklik Oudtshoorn se belange op die hart dra, sal De Jager en Swigelaar verwyder word – voordat ‘n keelvol opposisie (én ‘n ewe keelvol koalisie-vennoot!) – dit vír die sluimerende DA doen.
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
Hoe op aarde bestuur n mens n multimiljoen rand saak met sulke onkapabele mense en jy,t wragtag nog geld in die bank?
Ooooe!-dis maklik mens! jy melk maar die betaalvoos oningeligte belastingbetaler!
Daar sal wragtag n dag kom wat die b/betalers agterkom hoe hulle besteel word, dan sal jy net bollie ruik en sien spat! ,maar nou-ja—”what’s new ”seg jy!
mog het troffe!
Hoor, Hoor!! Die lys van onbevoegde dade en onverantwoordelike optredes in Rade word net langer . Wanner gaan iets gebeur?
Tog vreemd dat die politici net ‘n stem (Verskoning) kry wanneer stemdag(Weerso) nader kom en dan stom raak. Sal ook help as ons bels.betalers die amptenare in hul persoonlike hoedanigheid verantwoordbaar hou.