EdenOnline

Francois Barnard reageer heftig op OO se berig

Posted in Uncategorized by edenonline on March 24, 2010

Ondeursigtige munisipale bestuur skep erge misverstande en neem bestuurstyd van raadslede en amptenare op wat tot voordeel van Oudtshoorn aangewend kan word!

Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.

Oudtshoorn. 24 Maart 2010. 10h00. Francois Barnard het OO vanoggend skerp berispe oor die berig Forensiese ondersoeke kos Oudtshoorn honderde duisende en dit duidelik gemaak dat hy die mininum-bedrag vir sy ondersoek gevra het: sy rekening is minder as R200,000!

Barnard en OO het, nadat harde woorde wedersyds geval het, uiteindelik saam gelag en saamgestem dat as daar deursigtigheid van die munisipalietit was oor Barnard se aanstelling daar nié harde woorde nodig sou gewees het nie en daar minder, of selfs geen vrae nie oor sy aanstelling sou gewees het.

OO maak dit andermaal duidelik dat Barnard se integriteit en vermoë nooit betwyfel is nie; die bestuur van die munisipaliteit is egter onder erge verdenking.

Die obskurantisme van die afgelope maande – in die sogenaamde naam van deeglikheid! – het tot gevolg dat kosbare bestuurstyd tans gebruik word om agter die kap van die byl te kom oor verskeie onafgehandelde sake… bestuurstyd wat tot voordeel van Oudtshoorn aangewend kon word!

Raadslid Wilton Kawa van die ANC is byvoorbeekd reeds besig om ‘n regsaak oor Barnard se aanstelling aanhangig te maak – as hy die korrekte feite, wat hy reeds maande gelede wou hê, gekry het, kon hy ook sý tyd anders aangewend het!

Die bedenklike “gesprekke” verlede week tussen bepaalde raadslede en bepaalde amptenare oor die munisipale bestuur laat ‘n wrang smaak in die politieke mond. Gelukkig is daar tans genoeg opposisie-raadslede wat die DA se onbeholpe pogings om te knoei agtergekom het.

Die munisipaliteit moet léér: Deursigtigheid is die wagwoord!

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn

Klik hier om terug te gaan na die Eden24 voorblad

3 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Leon Coetzee said, on March 24, 2010 at 3:22 pm

    Los al die mooipraatjies. Ons wil weet wat het die twee ondersoekspanne gevind in Oudtshoorn. Is daar geld gesteel? Is daar valse reis en verblyf eise ingestel? Het daar leers op die rekenaars weggeraak (gemisfile!) ? Is daar mense aangestel sonder die behoorlike advertensies en ander prosedures? Is mense aangestel hopeloos bokant hulle vermoeens en kwalifikasies? En wie is die bliksems? En wie is aanspreeklik? En wat word daaraan gedoen? Demmit, laat die kiesers nou weet wat gaan aan in ons munisipaliteit.

  2. Patriot said, on March 25, 2010 at 8:03 am

    Skote Petoors Leon. Dit is inderdaad wat ons wil hoor.

    Aan mnr Kawa die volgende. Mnr se asseblief aan die belastingbetalers die volgende; Wie gaan vir die regsgeding betaal wat u so ewe kordaat besig is om van stapel te stuur?

    Ek bedoel Oudtshoorn gaan gebuk onder kostes ten opsigte van regsgedinge en dit ten koste van die belastingbetaler.

  3. leierloos said, on March 28, 2010 at 10:55 am

    Leon,antwoorde sal jy nie ‘n moer kry nie en R200,000 PLUS VERBLYF EN REIS IS NOG STEEDS VER TE VEEL GELD VIR DIE JOB WAT GEDOEN IS.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.