Forensiese ondersoeke kos Oudtshoorn honderde duisende
Is dit nie maar béter om die werk die eerste maal rég te doen nie – om beheermaatreëls in plek te stel wat wanbestuur verhóéd nie… om die régte mense aan te stel om die werk in die eerste plek reg te doen nie!?
’n Aanvanklike oorsig van die veelgeroemde forensiese verslag van Francois Barnard maak één ding duidelik: Die munisipaliteit weet nie hoe om ‘n forensiese ondersoek te laat dóén nie!
Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.
Oudtshoorn. 24 Maart 2010. 09h00. Francois Barnard se forensiese verslag is klaarblyklik nog nie aan die burgemeesterskomitee (BK) voorgelê nie. Sover OO kon vasstel het Barnard die BK gedurende die laaste week van Wessel Rabbets se termyn ‘n mondelingse oorsig van die verslag gegee.
Die eerste ding wat opval van die Barnardverslag is dat die munisipaliteit nie die vaagste benul het van hoe ‘n forensiese ondersoek gelas en bestuur moet word nie.
Dit is duidelik dat huidige ondersoeke onafhanklik van Barnard se mandaat veel meer ongerymdhede blootlê as wat Barnard teen hoë koste oor máánde heen, kon uitwys. Daar is egter geen rede hoegenaamd om Barnard se vermoë en integriteit te bevraagteken nie – hy het opgetree in terme van sy mandaat.
Maar daar is baie te sê oor die wyse waarop Barnard aangestel is… en, daar is selfs méér te sê oor die wyse waarop die vórige forensiese ondersoekspan, Mazars Moores Rowland, aangestel en die ondersoek bestuur is.
In die konsepverslag in OO se besit, sê Barnard dat Mazars aangestel is sonder dat enige ander kwotasies van diensverskaffers verkry is.
Die voorsieningskanaal is geheel en al geïgnoreer. Mazars het ses verskillende aanstellings gekry en voorsieningskanaalbestuur is in elkeen van dié ses aanstellings geïgnoreer. dit beteken dat daar in die Mazars-ondersoek alleen sés oortredings van die voorsieningskanaalprosedure was!
Ongeag hierdie bestuurstekortkominge is Mazars volledig betaal. Al die betalings is deur advokaat Chantelle Williams versoek en deur Thembani Gutas, die destydse korporatiewe bestuurder, goedgekeur.
Mazars word hoegenaamd nie verdink van gemenery of dat die firma van die tekortkominge in sy aanstelling bewus was nie, maar die feite dui op ontstellende bestuurstekorte en kommerwekkende bestuurspraktyke in die munisipalietit. Alhoewel Gutas reeds geskiedenis is, is Williams steeds die regsadviseur terwyl die Mazars-saak een van vele verdagte bestuursprojekte is wat aan haar invloed blootgestel is.
Mazars is R454,077.37 betaal. Die eerste betaling, op 22 Januarie 2009, was vir R209,480.10 en daar is géén ondersteunende dokumente vir dié transaksie nie. Vir s-e-s-e-n-v-e-e-r-t-i-g persent! van Mazars se totale vergoeding is daar géén ondersteunende dokumentasie nie.
Daar kan met reg gevra word wat Chantelle Williams nog in die munisipaliteit dóén!
Gelukkig is Gutas reeds vort!
Gelukkig is Matthysen reeds vort!
Wáárom is Williams nie reeds wég nie!?
En waar, o wáár, was die munisipaliteit se interne ouditeur, Philip Nel!?
Waar was die voorsitter van die portefeuljekomitee finansies, James Swigelaar!?
Alhoewel Barnard se ondersoek die ongerymdhede in die Mazars-aanstelling en -projek blootgelê het, is daar inderdaad ook tergende vrae rondom Barnard se eie aanstelling.
Rabbets het Barnard op ‘n informele tender aangestel. Dit beteken dat ‘n maksmum bedrag van R200,000 vir Barnard se werk betaal kon word. Maar Barnard se rekening beloop tussen R800,000 en R1.2m, afhangende van met wie op die raad en in die munisipaliteit jy oor die saak praat.
Meer hieroor later vandeesweek.
Vir die huidige het OO klaarblyklik ándermaal al weer inligting wat die burgemeesterkomitee en die raadslede nog nié het nie. As jy ook éérste wil weet… skryf in op OO! (Klik hier om in te skryf.)
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
Wie beskerm die belastingbetalers ? James Swigelaar ? Die Burgemeesteres ? Die slapende wandelaar ene Stemmet ? Die DA ? Die ANC ? Japie my skaaaaaaapie ? Niemand ! Hoekom nie ? Sommer nie ! Hulle is nie aanspreeklik nie ! Dis waarom.
Wie betaal die ondersoekspanne wie die forensiese ondersoeke doen ? Reggeraai… ek en jy ! Wiet drooggemaak… reggeraai ! Wie sit nog ewe gemaklik in hulle se joppies… Reggeraai… ! Wie word ‘n salaris van digby die R 80 000 pm betaal.. reggeraai..!
Nou wat nou… reggeraai !! Niks gebeur nie… en dis dieselfde mense wie hulle weer verkiesbaar gaan stel in 2011. Gaan julle weer vir hulle stem… reggeraai.. !
Dankie.
Dis al.
Die Sirkus word al groter!