Munisipaliteit en belastingbetalersvereniging suiwer die lug
Toewyding tot samewerking
Die partye kom ooreen oor die volhoubaarheid en voorspoed van Kannaland se gemeenskap en gaan voortaan binne die raamwerk en in die gees van die Batho Pele beginsels saamwerk.
Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.
Hennie Smit. Calitzdorp. 23 Maart 2010. 06h00. Sedert die vergadering tussen die KM en KBU te Calitzdorp op Dinsdag 9 Maart 2010, is die lug redelik gesuiwer en het beide partye ooreengekom dat hulle eintlik dieselfde doelwit nastreef naamlik die volhoubaarheid en voorspoed van Kannaland se gemeenskap.
Daar is beklemtoon dat daar voortaan binne die raamwerk en in die gees van die Batho Pele beginsels saamgewerk sal word aan oplossings. Hierdie beginsels is kortliks: Konsultasie met publiek; diensleweringstandaarde; toegang tot dienste; hoflikheid teenoor publiek; deel van inligting; deursigtigheid; herstel van onreg; waarde vir geld.

Mnr Hennie Smit van die KBU (gehurk) wys die lekkende kraan aan mnr Valentyn, burgemeester, en mnr Rademeyer, onderburgemeester, terwyl mnr Herfurth, tegniese direkteur en mnr Kenny de Lange, munisipale bestuurder, toekyk.
Die partye het ooreengekom om die kwessies rondom die Dispuut waardeur eiendomsbelastinggelde in Trust bewaar word, so gou moontlik te bespreek en sal KM ‘n datum vasstel. Die KBU het dit duidelik gestel dat hierdie fondse beskikbaar is sodra genoemde kwessies opgelos is.
Die KM en KBU het ook dadelik die watersituasie in Calitzdorp ondersoek en op Maandag 15 Maart 2010 het ‘n groep bestaande uit Valentyn (Burgemeester), Rademeyer (Onder Burgemeester) De Lange (MB), Herfurth (Tegniese Direkteur), Grobbelaar(Voorsitter KBU) en Smit (Sekretaris KBU) ‘n terplaatse besoek aan die mees ooglopende lekplekke gebring.
Dit was na aanleiding van die waterbeperkings wat KM ingestel het en waarna die KBU ‘n skrywe op 9 Februarie aan KM gerig het. Hierin bied die KBU aan om die lekkasies in die waterverspreidingsnetwerk te laat herstel en met die Trustfondse te betaal.
Hiervoor was KM nie te vinde en het beweer dat daar geen sulke lekkasies bestaan nie.
In die aangehegte reeks fotos is die KM amptenare en Raadslede egter oortuig van die lekke en is daar saamgestem dat dit in totaal ‘n groot hoeveelheid water verlore laat gaan. KM se tegniese personeel se verweer was dat ‘n tekort aan onderdele en materiale hul verhoed het om die krane te herstel. Dat dit egter etlike maande geneem het om eenvoudige pakstukke te verkry is onaanvaarbaar. Sommige krane is later dieselfde dag herstel. (Na die inspeksie.)
Heelparty gevalle van swak of onbedekte lasplekke en watermeters wat omseil word is ook uitgewys. KM het onderneem om dit reg te stel. Die KBU
is steeds bekommerd dat die KM nie hul totale waterverkope rekonsilieer met hul totale aankope nie en derhalwe nie die verliese doeltreffend kan bestuur nie. Die afwesigheid van ‘n “Plan B” om ‘n waterkrisis in Kannaland (Ladismith, Calitzdorp, VanWyks Dorp en Zoar) te bestuur is ook steeds ‘n bron van kommer vir die belastingbetalers en inwoners. KM is bewus van verskeie meters wat buite werking is en beweer dat voorraad nie verkrygbaar is nie.
Die KBU is egter tevrede dat daar beduidende vordering gemaak is deurdat die KM hul bereidwilligheid getoon het om klagtes te ondersoek. Die KBU het weereens hul aanbod herhaal om die herstel van genoemde lekkasies te bestuur en uit die Trustfonds te betaal., maar die aanbod is weer deur KM van die hand gewys.
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn

leave a comment