‘n Nuwe radiostasie vir Oudtshoorn?
Kan die eertydse sukses van Suid-Kaap Stereo uiteindelik herhaal word?
Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.
Oudtshoorn. 19 Maart 2010. 06h00. Die nuutverkose direksie van die gemeenskapsradiostasie Reënboog FM, het gistermiddag met ICASA, die kommunikasie reguleerder, vergader in ‘n poging om ‘n volhoubare radiostasie op Oudtshoorn te vestig.
Die voorsitter, Nic Barrow, het gesê dat ‘n suksesvolle radiostasie op Oudtshoorn nie uit die as van die Reënboog-mislukking kan verrys nie. ‘n Nuwe regsentiteit wat geen bande hoegenaamd met Reënboog het nie, moet gevestig word.
ICASA sal hierdie aspek in die komende weke oorweeg en sy besluit aan die direksie oordra.
Barrow het sy visie vir ‘n volhoubare diens op Oudtshoorn verduidelik: Die munisipaliteit, die OTB, die sakekamer en die vernaamste ondernemings, soos die koöperasie, gaan gevra word om beduidende finansiële bydraes te maak in ruil vir aandeelhouding en lugtyd. Barrow is bereid om R10,000 in sy privaat hoedanigheid by te dra.
Die nuwe direksie is juis verteenwoordigend van besigheid, landbou en toerisme.
Alhoewel die vervloë Suid-Kaap Stereo uiteindelik ook gevou het, is daar op ‘n stadium na dié geliefde radiostasie verwys as die mees suksesvolle gebiedsradiostasie in die land.
Oudtshoorn kan net baat vind by ‘n suksesvolle radiostasie. Met Oudtshoorn se piekniek-op-die-maan-man (klik hier) kan hier dalk net ‘n ding kom wat wérk! As Icosa saamspeel.
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
Bravo !!! Bravo !!!
Hel dit gaan lekker wees, met Stereo se kwaliteit en met seker weer n helse tandpyn vir die reenboogsmaak !!!!!!!
Baie geluk, wie ook al agter die inisiatief sit. Ek het ongelukkig nie goeie verbintenisse met die vorige sogenaamde “direksie” gehad nie. Ek dink dis baie belangrik dat daar versigtig met die keuse van ‘n naam vir die stasie omgegaan sal word. Mens kan nie met dooie kallers ploeg nie.
Dit staan soos ‘n paal bo water. Ons moeinie die bobbejaan agter die berg gaan haal nie en ook nie die wa voor die perde inspan nie. Die nuus or die radiostasie MOET lees: die lewensvatbaarheid van ‘n NUWE gemeenskapstasie met die moontlikheid van ‘n NUWE identiteit word deur mense met ‘n onblusbare passie vir die HELE gemeenskap en vir radio ondersoek. Sonder wettige len kliniese losmaak van als wat nie gewerk het nie, is daar NIKS. Wag vir die uitsaaiowerheid se terugvoering, dan weet ons wat kan en wat kan nie.