EdenOnline

Wie neem besluite oor Oudtshoorn?

Posted in Uncategorized by edenonline on March 18, 2010

Besluite agter geslote deure blyk Oudtshoorn se toekoms te rig. Dit is verkéérd!

Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.

Oudtshoorn. 18 Maart 2010. 06h30. Diane (de Jager, DA-uitvoerende burgemeester), James (Swigelaar, DA-voorsitter van finansies) en Wessel (DA-gesinde voormalige waarnemende munisipale bestuurder) se eensydige besluite is lank reeds ‘n visgraat in die keel van verskeie ANC-, OD- en NPP-raadslede en ‘n klagte wat gereeld onder OO se aandag gebring word.

De Jager en Swigelaar is die politieke hoofde van Oudtshoorn se administrasie en finansiële bestuur onderskeidedelik.

Hulle rekord spreek vanself boekdele oor hulle vermoë, of eerder, hulle gebrek aan vermoë.

Die stand van visie en besluitneming in DA-geledere is tans so gebrekkig dat Oudtshoorn ‘n sterk opposisie nodig het. Wáár is daardie daadwerklike opposisie? OO doen ‘n beroep op raadslede wat gereeld die DA se nemesis in die raad is: Carmichael Ngalo, Wilton Kawa, Japie Coetzee en Wessie van der Westhuizen, om harder te baklei om Oudtshoorn uit die wurggreep van kortsigtige politiekery en ‘n leierlose geslinger te red.

Of… die DA-leiers – Theuns Botha, Anton Bredell en Jac Bekker – kan hierdie onkapabele raadslede eenvoudig uit die posisies wat nog altyd te groot was vir hulle verwyder. As die DA-leierskap erns het met Oudtshoorn. En dít – die DA se erns met Oudtshoorn – is iets waaroor OO groeiende twyfel het.

‘n Burgemeester met ‘n bewese rekord van bedenklike bestuur; ‘n voorsitter van finansies wat deur die aard en omvang van sy verantwoordelikhede verdwerg word; ‘n tydelike waarnemende munisipale bestuurder aangestel deur die juiste burgemeester wie se bestuur verdag is; en ‘n voormalige waarnemende munisipale bestuurder wat nie meer die jop wil hê nie en dit hoogs waarskynlik ook nie sou terugkry as hy dit wou gehad het nie én wat aggressief na groener weivelde soek, kan nie besluite maak oor Oudtshoorn nie!

Kan raadslede wat Oudtshoorn eerste stel – raadslede van énige party -  hierdie wegholtrein in belang van Oudtshoorn keer?

Dit is insiggewend dat die twee raadslede wat hierdie trein kan stop – Wessie vd Westhuizen en Wilton Kawa – albei gister uitstedig was toe die gekonk… ‘skuus, die gesprek, plaasgevind het.

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn

Klik hier om terug te gaan na die Eden24 voorblad

One Response

Subscribe to comments with RSS.

  1. Patriot said, on March 18, 2010 at 8:06 am

    Meneer. Vra die besigheidskamer om hierdie dames en here, as lede van die raad, te nooi na ‘n gesprekssessie waartydens die belatingbetalers geleenthied gegee word om aan hulle vrae te stel. Sommer sulke algemene vragies..meneer weet mos wat ek bedoel. Ek meen hulle sal seker nie kan wag om van so ‘n geleentheid gebruik te maak nie ? After all, ons het hulle tog verkies op grond van wat hulle belowe het hulle sal doen, of hoe ?


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.