EdenOnline

Weg met Mubesko, Welgemoed!, sê IMATU

Posted in Uncategorized by edenonline on March 17, 2010

IMATU maak stem dik: Weg met Mubesko, Welgemoed!

Waarom op áárde sou die vakverbond nie wou hê daar moet skoongemaak en reggemaak word nie?

Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.

Oudtshoorn. 17 Maart 2010. 06h00. In ‘n brief aan die tydelike waarnemende munisipale bestuurder skryf die plaaslike voorsitter van die vakverbond IMATU, Steven Olivier, dat die dienste van die munisipale konsultante Mubesko en dié van die provinsie se afgevaardigde vir die herstelplan, Derick Welgemoed, beëindig word.

Geen redes word verskaf nie.

By navraag wou Olivier nie redes vir dié vreemde versoek, om dienste wat Oudtshoorn tot groot voordeel strek te beëindig, verskaf nie. Trouens, Olivier was kortaf en het gesê dat hy “af siek geboek” is en dat IMATU nie met die media oor die saak wil praat nie. OO het lanklaas, indien óóit, van ‘n vakverbond gehoor wat nié mediadekking wou hê nie.

Na OO se mening is ‘n eis van ‘n vakverbond om ‘n individu of organisasie wat ‘n owerheid met ‘n herstelplan help (lees: wat ‘n owerheid regruk!) te verwyder eerder ‘n aanduiding dat só ‘n individu of organisasie tot elke prys betrokke moet bly!

Wat is IMATU se besorgdheid? Waarvoor is IMATU bang?

Dat van sy lede onder verdenking is of gaan kom? Dat van sy lede uitgewys gaan word? Dat van sy lede geskors gaan word? Dat van sy lede se dienste beëindig gaan word? Dat van sy lede met ongerymdhede besig is en dat hulle tyd uitloop?

Dis is jammer dat Oudtshoorn Mubesko se dienste teen baie hoë koste moet behou. Maar Oudtshoorn kan eenvoudig tans nie sonder Mubesko doen nie. Mubesko lewer ‘n diens waarsonder Oudtshoorn nie tans kan klaarkom nie en daar is tans eenvoudig net nie genoeg kundigheid in die munisipaliteit om Mubesko te vervang nie. Mubesko het egter ‘n plig teenoor Oudtshoorn se belastingbetalers om homself so spoedig moontlik self uit te werk deur sy opdrag en mandaat spoedeisend dog deeglik te vervul.

Welgemoed word deur die provinsie betaal. IMATU se eis dat hy verwyder word kan dus tans slegs politiek (en vrees?) gedrewe wees.

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn

Klik hier om terug te gaan na die Eden24 voorblad

3 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Patriot said, on March 17, 2010 at 9:41 am

    IMATU staan vir “Independant municipal and allied workers union. So mnr die redakteur durf ek enige iets verder se. Kom nou, waarom wil die heer Olivier nou op hierdie stadium van die geveg betrokke raak en hoekom wil hy nie met jou praat nie ?

    Ek weet hoekom en dis heel eenvoudig. Hier kom groot….en die unie met sy taai klammerige handjies wil ‘n spanner in die works gooi !!

    Roer hulle meneer, roer hulle… die waarheid sal seevier…krap so bietjie verder en jy sal sien dat dieselfde mense wat ondersoek word ook lede van IMATU is. Vreemd ne..??

  2. 002 said, on March 17, 2010 at 9:46 am

    Oeee! nou raak die ”sinkplaat’ vir party ‘katte’ te warm! Nou dans hulle die riel ou biel!
    Ek verneem dat manlike amptenare langer en meer kraamverlof neem as die vroue in diens! HUH? lyk mos vir my na n ‘n Gezuma van die bywywe, of hoe man? Zoeloe-kultuur in die mooie Odn? O hete!

  3. 001 said, on March 17, 2010 at 1:42 pm

    Daar is beslis op n paar Imatu amptenare se tone getrap. Gelukkig sal die eerlike lede op hul jaarvergadering ontslae raak van die vrot bestuurslede.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.