Konsultant Wessel!
Nou wil jy meer!?
‘n Burgemeesterskomitee-vergadering wat nie rêrig ‘n burgemeesterskomitee-vergadering is nie. Dis maar net dat die mense wat altyd ‘n burgemeesterskomitee-vergadering bywoon ook dié burgemeesterskomitee-vergadering wat nie rêrig ‘n burgemeesterskomitee-vergadering is nie, bywoon.
Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.
Oudtshoorn. 17 Maart 2010. 14h30. Die gange op Beroerdplein is in beroering oor riemtelegramme wat links en regs flits: Wessel Rabbets gaan aangestel word as ‘n spesiale konsultant belas met… kom ons los dit maar eers daar. OO het reeds uit drie betroubare bronne – een uit die Kaap uit! – verneem wat na alle waarskynlikheid gaan gebeur en dit is insiggewend dat al drie bronne dieselfde nie-amptelike gevolgtrekking gemaak het.
So onbelangrik as wat OO is, word daar groot gewag gemaak oor wie OO se bronne is. Wonder maar, Diane, James en Keith; wonder maar.
Daar broei ‘n opstandigheid op Oudtshoorn. Die vakverbonde IMATU en SAMWU is ontsteld oor die uitwysing van klerke wat wederregtelik op die sosiale netwerk Facebook gal gebraak het oor die munisipaliteit. OO is al weke lank bewus van hierdie Facebook-petalje en sover OO vanoggend kon vasstel is die klerke reeds gewaarsku, maar natuurlik is die munisipaliteit nie bereid om ‘n stelling oor die saak te maak nie. Die administrasie sal waarskynlik nadat hierdie berig verskyn het, kommentaar lewer en voorgee dat hulle in elk geval die saak sou aangespreek het.
Assebliéf tog! Vertel my nóg een. Tóé!
Die “leierskap” van Diane de Jager en James Swigelaar is vandag weer punt in die wind. In die afwesigheid van die voormalige waarnemende munisipale bestuurder – wat in elk geval vandag op Oudtshoorn is, en in die gange gesien is terwyl die burgemeesterskomitee wat nie ‘n burgemeesterkomitee is nie vergader het – word die nuwe tydelike waarnemende munsipale bestuurder nou blykbaar betrek om vir Oudtshoorn te besluit en die pad aan te wys.
Waar is Oudtshoorn se verkose raadslede!?
Waarom treë hulle nie met integriteit en deursigtigheid op in belang van Oudtshoorn en sy inwoners nie!?
Waar is die DA-leiers?
Waar is die Wes-Kaapse leier, Theuns Botha?
Waar is die LUR vir plaaslike regering, Anton Bredell?
Waar is die LP, Jac Bekker?
Waarom belê die opposisie nie ‘n dringende raadsvergadering om die nodige belangrike besluite oor die bestuur van Oudtshoorn uit te klaar nie!?
Waarom is die kommissie wat saamgestel moet word om die Pietersen-geding te ondersoek en aan die raad verslag te doen nog nie eens gekonstitueer nie? Die raad het dit duidelik gemaak dat hulle eers ‘n besluit gaan neem wanneer hulle ingelig is oor die status van die Pietersen-geding. Die burgemeester het droewig gefaal in ‘n onbeholpe en halfhartige poging om die raad oor Pietersen in te lig. Hoekom vat die speaker nie voor nie? Hy kan ten minste die kommissie solank saamstel!
As Rabbets as konsultant aangestel word, uit watter begroting gaan hy betaal word? En, meen OO, Rabbets se onvoltooide werk as waarnemende munisipale bestuurder moet eers getakseer word om te bepaal of hy sy fooie werd was en of hy die mas sal kan opkom as “konsultant”. Of… is die moontlike aanstelling as konsultant ‘n poging van die administrasie om die voormalige waarnemende munisipale bestuurder ‘n geleentheid te gee om onafgehandelde werk klaar te maak?
Waarom Rabbets dan nie weer probeer aanstel as waarnemende munisipale bestuurder nie? Meen die administrasie dalk dat die raad só ‘n aanstelling nie sal goedkeur nie!?
Waarom sal die raad Rabbets nie weer as waarnemende munisipale bestuurder aanstel nie? Het daar perdalkies dinge gebeur – of nié gebeur nie – wat Rabbets die gramskap van raadslede op die hals gehaal het? Is daar dalk ‘n vertrouensbreuk?
Hoeveel sake lê en wag op ‘n nuwe waarnemende munisipale bestuurder – sake soos die versuim om die Van der Mescht-fiasko tot ‘n punt te bring?
Sal Oudtshoorn ooit weet? Sal die munisipaliteit Oudtshoorn ooit sê?
Waarskynlik nie.
Daarom het OO verskeie vrae aan verskeie mense gestel en sal OO binnekort hieroor berig.
Maar OO stel dit hier onomwonde: Die uitvoerende burgemeester behoort nie te besluit – delegasie register al dan nie – wie Oudtshoorn op hierdie kritieke stadium moet bestuur nie. Dít is die raad se werk.
Wáár is ons verkose raadslede!?
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
I am pleased to see that my comments on previous articles regarding this issue of “two Town Managers” have come to nought and the prospect of early termination bonuses and penalties etc has been amicably resolved – call the one a consultant and the other The Town Manager and pay twice for the same job – Nice going OM and Madam Mayor! – spread the cash around amongst yourselves and your political cronies, hand out tickets for the gravy train, “jobs for the boys” and continue to financially and morally “rape” the ratepayers and our fine Town!
PS Please, OM Council and Managers, find some time – just a smidgen, to do your jobs in between all this bulls**t!