Die wederregtelike Christo van der Mescht uitbetaling
Word dié vergryp reggestel?
Oudtshoorn het meer as R2.5m wederregtelik aan Christo van der Mescht, ‘n voormalige amptenaar, uitbetaal. Word die geld verhaal?
Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.
Oudtshoorn. 17 Maart 2010. 06h00. Die munisipaliteit se forensiese ondersoeker, Francois Barnard, het die voormalige waarnemende munisipale bestuurder, Wessel Rabbets, iewers gedurende die laaste week van Januarie en die eerste week van Februarie vanjaar oor sy bevinding rakende die uitbetaling aan die voormalige amptenaar, Christo van der Mescht, ingelig.
Ook die burgemeesterskomitee het ‘n woordelikse verslag van Barnard ontvang.
Dat die geld wat aan Van der Mescht uitbetaal is verhaal word en dat Van der Mescht krimineel aangekla word. ‘n Verreikkende bevinding. En verrykend vir Oudtshoorn.
OO het egter gister vasgestel dat Barnard se bevinding geïgnoreer is.
Van der Mescht is nog nié krimineel aangekla nie en hy is nog nie oorhandig vir die invordering van die meer as R2.5m wat hy moet terugbetaal nie.
Hoekom nié!?
Dit is ten minste sés wéke nadat Barnard sy bevinding bekend gemaak het en die administrasie het nog nie ‘n vinger verroer om die belastingbetalers se geld te verhaal nie.
Magtag, Oudtshoorn moet báie geld hê!
Eers word ‘n geskenkie van R5m van die Ontwikkelsbank nie “afgehaal” nie; nou word R2.5m nie ingevorder nie. Hierdie twee bedrae sou sommer ‘n ver pad gegaan het om, byvoorbeeld, Mubesko se fooie te betaal!
Swák! Patéties! Vrótsleg!
Dóén iets aan hierdie saak, meneer die tydelike waarnemede munisipale bestuurder!
Ai, as Oudtshoorn maar net ‘n burgemeester gehad het wat kon aanvuur en lei! Wat kon vóórvat!
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn

Daar is baie mense wat daagliks eerlike toegewyde werk lewer,vir baie jare wat sal smile om n pensioenbetaling van hierdie omvang te ontvang!
Iets word wragtag onder die kombers weggesteek!
Die verslag is die 2de week Desember2009 aan die Mun. Best.kantoor voorsien.As die Uit/B/Meester en haar komitee nie iets daadwerklik aan die R2.5m ongemagtigde uitgawe doen nie,sal die Min. van PL. Bestuur en die Ouditeur-Generaal,W/kaap hul wel oor n paar maande verantwoordelik hou vir hul slapgatgeit en hopenlik die belastigbetaler se gelde van hul toelae vorder. Mun. Wetgewing is streng voorskriftelik oor roekelose ongemagtigde uitgawes!!!