EdenOnline

Verandering op Verwoerdplein – nóú!

Posted in Uncategorized by edenonline on March 16, 2010

2011 is heeltemal te ver in die toekoms! Verandering is nóú nodig!

Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.

Oudtshoorn. 16 Maart 2010. 06h50. Die 2011-verkiesing is ver. Dalk vind dit eers Augustus of September volgende jaar plaas. Dalk eers in 2014! Saam met die nasionale verkiesing.

Hoe dit ook al sy, Oudtshoorn kan ondoelmatige, ondoeltreffende, onbeholpe amptenare nie langer gedoog nie.

Die munisipaliteit se regsadviseur, advokaat Chantelle Williams, BA Law (Fort Hare) ry sit-sit-so op die soustrein wat Verwoerdplein sirkel en het die munisipaliteit van regsadvies voorsien in, onder andere, die wederregtelike sowat R2.5m Christo van der Mescht-uitbetaling wat nou verhaal moet word.

Die munisipaliteit se regsadviseur, advokaat Chantelle Williams, BA Law (Fort Hare) ry sit-sit-so op die soustrein wat Verwoerdplein sirkel en het die munisipaliteit van regsadvies voorsien in, onder andere, die Pietersen-saak – in die mees onlangse verlede by wyse van ‘n verslag wat deur die burgemeester voorgelees is en so swak was dat die raad dit nie eens aan ‘n stemming onderwerp het nie.

Williams het tydens die debat oor die Pietersen-uitspraak géén poging aangewend om die regsonsekerhede aan te spreek of uit die weg te ruim nie. Slegs raadslid Gordon April het na haar teenwoordigheid verwys en van sy informele voorstel dat die raad mildelik van die advokaat se insig en advies en leiding drink het vere gekom – sulke groot volstruisploeme.

Dit is verdoemend insiggewend dat die amptenary wat in die raad teenwoordig was nie op Williams se nommer gedruk het vir ‘n mening of verheldering nie.

Advokaat Chantelle Williams – wanneer sy wel raadsvergaderigs bywoon – maak geen bydrae hoegenaamd tot die verrigtinge nie.

Hoe is hierdie BA Law graduantjie aangestel? Wie is verantwoordelik vir haar aanstelling?

Williams word ‘n vet pakket betaal om nie vir die munisipaliteit regsadvies te gee nie. OO kan die munisipaliteit 50% op Williams se ruim salaris spaar: Die redakteur self sal vir die helfte van Williams se geldjie nié vir die munisipaliteit van regsadvies bedien nie.

Hoe’s dít vir ‘n wedersyds voordelige ooreenkoms, meneer die tydelike waarnemende munisipale bestuurder?

Oudtshoorn se belastingbetalers behoort te eis dat advokaat Chantelle Williams nie nog ‘n enkele sent van hulle belastinggeld ontvang nie!

Die advokáát moet ons verláát.

Gister sal nie vroeg genoeg wees nie.

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn

Klik hier om terug te gaan na die Eden24 voorblad

4 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. nico ungerer said, on March 16, 2010 at 9:17 am

    IS DAAR DALK AMPTENARY WAT MY WIL AANVAT OOR ONBEVOEGDE AMPTENARE?
    JUL BROM EN KLOEK AGTER JUL HANDE OOR MY OPMERKINGS EN AANMERKINGS! KOM BEWYS MY ASSEBLIEF VERKEERD OF ANDERS LIG MY IN OOR JULLE IDEE VAN N BEVOEGDE AMPTENAAR EN WERKER!
    DIS VIR MY BAIE DUIDELIK DAT DIE REELS EN KENMERKE VAN DIE WOORD BEVOEGDHEID NUWE BETEKENIS GEKRY HET WAT AAN MY ONBEKEND IS EN TOTAAL EN LYNREG IN BOTSING IS MET WERELDWYE BETEKENIS DAARVAN.

  2. donkervlei said, on March 16, 2010 at 3:22 pm

    again, ur report demonstrate your lack of understanding of council’s processes. this article smacks of racism of the highest order. shame on you

  3. Diertjie said, on March 16, 2010 at 4:20 pm

    Kan OO nie dalk vir ons uitvind wanneer die Munisipaliteit eendag ‘n Tegniese Hoof gaan aanstel nie? Dié pos is darem al baie lank vakant. Dit het nou werklik tyd geraak dat ons dorp se infrastruktuur dringende aandag kry!

  4. edenonline said, on March 16, 2010 at 4:37 pm

    Donkervlei
    I am calling for the head of the white Diane de Jager. I am calling for the head of the brown Deon Visagie. I am calling for the head of the black Chantelle Williams.
    Playing the race card says a lot about your intelligence and I will not enter into a debate with you.
    Editor


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.