EdenOnline

Theuns Botha praat met sakelui

Posted in Uncategorized by edenonline on March 16, 2010

’n Nuwe DA vir ‘n nuwe Wes-Kaap vir nuwe Metro’s vir ‘n nuwe Nuwe Suid-Afrika. Dit begin by jóú en by mý. Dit gaan baklei kos, want niks kom verniet nie.

Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.

Oudtshoorn. 16 Maart 2010. 12h00. Die Wes-Kaapse DA-leier, Theuns Botha, het Maandagoggend ‘n ontbytvergadering met ‘n groep plaaslike sakelui bygewoon en openhartig gesels oor die DA se nuwe pad vir beter plaaslike regering – én beter landsregering.

In direkte teenstelling met die ANC as institutionele politieke party – wat die party hoër ag as die land en die party se mense hoër ag as die saak, is die DA besig om homself te posisioneer om ‘m oop, geleentheidsgedrewe samelewing te skep en te handhaaf.

Die ANC se kaderontplooiing van onbevoegde, onbekwame, ongeskikte mense word direk aangespreek deur ‘n DA wat die beste moontlike kandidate vir bepaalde take en verantwoordelikhede wil bemagtig. Die DA het, byvoorbeeld, reeds ‘n paar miljoen rand spandeer op psigometriese en ander wetenskaplik verantwoordbare toetse en metingsmeganismes om te verseker dat die beste DA-kandidate tans in die parlement is.

(Dit sluit natuurlik Dianne Kohler-Barnard in, wat na OO se mening die soort vuurvreter vatitwaki parlementslid is wat OO graag wil sien! Red.)

Dat slegs die beste moontlike kandidate voortaan deur DA-kieskolleges benoem gaan word is ‘n gegewe – ‘n onderneming van Botha. Die DA is bereid en gereed om op die hoogste leierskapsvlak in te gryp om hierdie ontplooiingsbeleid noulettend te vestig.

Botha het gesê dat die DA se toewyding in hierdie poging om die beste renperde vir die resies in te skryf, reeds inslag vind in die Wes-Kaapse regering se beleid om aan munisipaliteite wat voortreflik bestuur word – selfs al is dit nie DA-beheerde munisipaliteite nie – geld te bewillig sodat die gemeenskappe wat deur sulke gesonde owerhede bestuur word selfs groter voordeel kan kry.

OO wonder heimlik hoe die Wes-Kaapse regering Oudtshoorn se munisipaliteit beskou: sleg, vrotsleg, of… selfs slegter.

Hef aan lê voor.

Oudtshoorn is tans sonder ‘n munisipale bestuurder; Oudtshoorn se korporatiewe bestuurder (waarnemend) is nie gekwalifiseer vir die pos nie en volgens ingeligte bronne in die munisipaliteit hoegenaamd nie opgewasse vir sy taak nie; Oudtshoorn se regsadviseur, advokaat Chantelle Williams, se beste werk word klaarblyklik gedoen  wanneer sy op een van verskeie soorte verlof is… en Oudtshoorn se uitvoerende burgemeester word deur haar eie raad geminag.

2011 is te ver vir verandering. Oudtshoorn kan nie nóg ‘n jaar onder die mense van Beroerdplein ly nie.

Daar sal gedóén moet word.

Volgens Botha het die DA sy visier op ten minste nog twee provinsies: Gauteng en Noord-Kaap, en kan die DA ‘n groot deel van Suid-Afrika se ekonomie rig indien metro’s soos Tswane en Nelson Mandela by die stembus verower word.

Hef aan lê voor!

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn

Klik hier om terug te gaan na die Eden24 voorblad

3 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Pieter Retief said, on March 16, 2010 at 2:16 pm

    In hierdie tye waar die skip in ‘n storm is en gevaarlik begin oorleun, is daar ‘n plan; ‘n nuwe kaptein en offisiere word reeds opgelei, maar tot daai tyd moet die skip tog net nie sink nie! Word vervolg…

  2. Nic Barrow said, on March 18, 2010 at 2:13 pm

    Ja OO, ons het Maandag lekker ontbyt met Theuns Botha by Riempie gehad. ‘n Hele paar interssante dinge het uitgekom maar dit is weereens bevestig dat net die beste Raadslede gekies sal word. Daar is nog baie tyd om die regte kandidate te kontak. Ek nooi weer ‘n klompie van die nuwe bekwame, eerlike, hardwerkende DA’s uit na ‘n middagete 29 Maart 2010, 12.30 by die Queens saam met Minister Anton Bredell.

    So baai de way – Ek dink ons moet maar stadig met die komplimente aan Keith Jordaan. Ons moet nie te gou praat nie en eers kans gee om hom self te bewys. Is hy ‘n rekenmeester of is hy ‘n Munisipale Bestuurder? Nic Barrow

  3. alleycat said, on March 20, 2010 at 9:58 am

    NIC, DANKIE VIR DIE UITNODIGING. MOET ONS PLEK BESPREEK , AANSOEK DOEN VIR KAARTJIES OF NET OPDAAG. EK SIEN UIT NA `N INTERRESANTE AGTERMIDDAG.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.