EdenOnline

Vrydag, 12 Maart, se raadsvergadering in perspektief

Posted in Uncategorized by edenonline on March 15, 2010

Kan dit wéés dat ons uitgelewer is aan hierdie “leiers”!?

Die raadsvergadering verlede Vrydag is afdoende bewys van ons dorpsregering se absolute onvermoë om leiding te gee. Oudtshoorn gaan ten gronde aan die hand van onkapabelheid. Magtag, dit moet nou einde kry!

Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.

Oudtshoorn. 15 Maart 2010. 06h00. Die LUR vir plaaslike regering, Anton Bredell, het OO verlede week vermaan dat dit maklik is om langs die kantlyn te staan en klippe gooi.

Inderdaad!

Maar OO reageer graag met twee opmerkings: OO se redakteur, sy ligaamsmassa ten spyt, kan nie in die Springbokskrum sak nie. Dit beteken egter nie dat hy die spelreëls nie goed genoeg ken om duidelik te sien wanneer die nommer 6-flank ‘n strafskop teen hom gaan kry nie – en hoogs befoes daaroor raak nie.

Tweedens: Hel, die teikens waarna die klippe gemik is, is massiéf! Dis soos om ‘n waenhuisdeur op ‘n tree met ‘n baksteen raak te gooi! So maklik soos om uit ‘n boom te val! (Daar is iets makliker, maar ons laat dit vir die huidige maar by die val uit ‘n boom analogie.)

OO het géén vertroue in die regering van Oudtshoorn nie.

En dís hoekom, selfs slegs met verwysing na die afgelope week.

OO vra lesers om asseblief geduldig te wees want hierdie berig word baie, baie stadig geskryf in, moontlik ‘n vergeefse, poging om te probeer verseker dat die burgemeester en raadslede kan byhou. Raadsheer Japie Coetzee en raadslede Carmichael Ngalo, Wilton Kawa en Wessie van der Westuizen word nie by die langsames van gees ingesluit nie en ook hulle geduld word gevra.

Die feite is eenvoudig en onweerlegbaar:

Die uitvoerende burgemeester en die voormalige waarnemende munisipale bestuurder weet ten minste sedert die begin van Februarie dat die Noël Pietersen-uitspraak op hande was. Hulle het eenvoudig níks aan die saak gedoen nie.

Daar was ‘n berekenbare kans dat die waarnemende munisipale bestuurder se kontrak op Vrydag, 19 Februarie, na die Pietersen-uitspraak, beëindig sou wees. Die uitvoerende burgemeester en die voormalige waarnemende munisipale bestuurder het gekies om absoluut geen bestuursbesluite oor hierdie risiko te maak nie. Hulle het eenvoudig in die middel van die pad bly sit en die ogies styf toegeknyp en geprewel dat daar nié ‘n tenkwa op hulle afsnel nie… terwyl die tenkwa se toeter die ganse dorp verdoof het.

En toe word die Pietersen-uitspraak met twee weke uitgestel.

En stééds doen die uitvoerende burgemeester en die voormalige waarnemende munisipale bestuurder absoluut níks nie!

OO het reeds berig dat dié tweetjies met die geslote ogies op 26 Februarie ‘n regsmening van Fairbridges, die munisipaliteit se regsverteenwoordigers, geïgnoreer het. Glo omdat Fairbridges die brief na advokaat Chantelle Williams se nommer gefaks het.

Patéties, Piketberg! P-a-t-é-t-i-e-s!

Die burgemeester het haar raadslede eers die aand voor die uiteindelike uitspraak van 5 Maart ingelig oor die inhoud van die Fairbridges-brief, ‘n volle wéék nadat die ANC tydens die aansuiweringsbegrotingsdebat op 25 Februarie geëis het dat sy verslag doen oor die Pietersen-aangeleenthied.

Nadat die uitspraak toe inderdaad die waarnemende munisipale bestuurder se kontrak beëindig het, verkas die burgmeester na ‘n ACVV-konferensie vir vier dae!

Monty Pýthon kan nie met só ‘n belaglikheid vorendag kom nie!

OO het reeds berig oor die geheenenweerdery oor ‘n tydelike waarnemende munisipale bestuurder tussen Maandag en Vrydag verlede week en spreek nou slegs die raadsvergadering van die pas afgelope Vrydag aan.

De Jager het inderdaad ‘n verslag oor die Pietersen-aangeleentheid voorgelees, maar dit is nou reeds geskiedenis dat dié verslag nie deur die raad aanvaar is nie. Op ‘n voortsel van raadslid Wilton Kawa van die ANC is ‘n eenparige besluit geneem dat ‘n multi-party kommissie binne 14 dae oor die Pietersen-aangeleentheid aan die raad verslag sal doen sodat daar intelligent (!!?) oor die saak besin kan word.

De Jager het dus – selfs ‘n week ná die Pietersen-uitspraak – nog stééds nie haar raad voldoende oor die saak ingelig om ‘n besluit te kan neem nie. Die burgemeester is ‘n grap!

Die onderburgemeester, Gordon April, het Vrydag gevra waarom advokaat Chantelle Williams, wat in die raadsaal teenwoordig was, die raad nie inlig nie. Die slimme advokaat het tog seer sekerlik die Pietersen-feite voor hande!?

Of…

Van April se voorstel het wind gekom. Williams, skuus – advokáát Williams – het niks te sê gehad nie.

As jy werklik die boetse van ‘n onderburgemeester kon volstaan, Gordon, sou jy hierdie kordaat opmerking daadwerklik opgevolg het en aangedring het op Williams se advies – live and unplugged! Maar jy het vir die res van die vergadering met ‘n bek vol tande gesit! Ag nee man!

Liewe land, raadsdame de Jager, is jy darem bewus van die feit dat selfs jou eie koukuslede en sogenaamde koalisie-raadslede ook jou verslag verwerp het!? Het jy absoluut geen skáámte nie!? Waarom bedank jy in vadersnaam nie net en spaar ons verdere skade en vir beide jou en vir ons verleentheid nie!?

Liewe magtag!

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn

Klik hier om terug te gaan na die Eden24 voorblad

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.