EdenOnline

Beste Theuns…

Posted in Uncategorized by edenonline on March 15, 2010

’n Ope brief aan die Wes-Kaapse DA-leier

Wat gaan jy dóén, meneer!?

Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.

Oudtshoorn. 15 Maart 2010. 06h00.

Beste Theuns

Jy het ‘n jaar gelede – op 19 Februarie 2009 – die DA-koukus hier op Oudtshoorn hél gegee! (Klik hier.)

Jy het besluit dat die DA-koukus van Oudtshoorn nie in staat is om bindende besluite te neem nie en jy het twee opsieners – Gerrit van Rensburg en Jac Bekker – aangestel om toesig te hou en aan jou te rapporteer… en: jy het hulle veto-reg gegee. Die DA-koukus is dus, volgens jóú, onbevoeg om besluite te neem oor die dorp wat hulle in koalisie met die OD regeer.

‘n Paar maande gelede het Jac Bekker – jou gesant wat sedert Van Rensburg herontplooi is alleen na die koukus omsien, die voormalige waarnemende munisipale bestuurder, Wessel Rabbets, gevra om toe te sien dat daar ‘n administrateur aangestel word wat die uitvoerende burgemeester, raadsdame Diane de Jager, in die uitvoering van haar pligte kan bystaan.

Hoe ek ook al na dié versoek kyk, Theuns… ek kan net eenvoudig nie tot ‘n ander gevolgtrekking kom as dat Jac, wat seer sekerlik oor die saak aan jou gerapporteer het (?), gemeen het dat die uitvoerende burgemeester nie opgewasse is nie. Jac het tot dieselfde gevolgtrekking gekom as jy: Oudtshoorn se DA-leiers is onbevoeg.

Ek stem heelhartig saam met jou en Jac, Theuns!

Die enigste vraag wat jy asseblief moet beantwoord, Theuns, is dié een: Wat gaan jy aan die saak dóén, meneer!?

Die grootste enkele struikelblok op die pad na ‘n volstrekte DA-meerderheid in 2011, is die DA!

Groetnis

Drewan

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn

Klik hier om terug te gaan na die Eden24 voorblad

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.