EdenOnline

Raadsvergadering: 12 Maart – deurlopende kommentaar

Posted in Uncategorized by edenonline on March 12, 2010

Eerste vir Oudtshoorn!

Oudtshoorn. 12 Maart. 09h30. Hierdie blad sal van 10h00 vanoggend af gereeld bygewerk word met nuus direk uit die raadsaal waar ‘n nuwe munisipale bestuurder aangewys behoort te word – nuus terwyl dit gebeur.

Hou hierdie blad oop en klik gereeld op die “reload” of “refresh” knoppie aan die bokant van jou browser. Die jongste kommentaar sal slegs vertoon word nadat jy die refresh-knoppie geklik het.

OO publiseer later vandag ‘n volledige analise van die spesiale raadsvergadering.

09h55: Op ‘n vraag aan Keith Jordaan oor wie tydends die raadsvergadering gaan waarneem as MB, sê hy vir OO dat hy reeds die munisipale bestuurder is – “die burgemeester sal jou sê.” Nou ja toe!

10h16: Notule van die raadsvergadering van 10 Maart goedgekeur.

10h19: Raadslid van der Westhuizen sê dat burgemeester nie onwettig opgetree het toe sy Jordaan aangestel het nie, en dat die mosie van 10 Maart onttrek word.

10h21: Vd Westhuizen stel voor dat Jordaan se aanstelling vir 30 dae staan.

10h23: Raadsheer Japie Coetzee sê dat vergadering dan eintlik onnodig word.

10h26: Raadslid Kawa bevraagteken die delegasieregister se relevansie in hierdie verband en vra leiding. Die delegasieregister lyk asof dit teenstrydig is met die wet, sê Kawa

10h31: Jordaan weerlê Kawa se vrese: die delegasie aan die BM om ‘n MB aan te stel word nie verbied deur die wet nie.

10h34: Raadslid Carmichael Ngalo sê dat Jordaan ‘n belange konflik het en nie in hierdie saak kan adviseer nie.

10h35: Raadslid April meen dat adv Williams moet leiding gee.

10h37: Vd Westhuizen: die delegasieregister moet hersien word.

10h39: Kawa stem saam met vd Westhuizen.

10h40: Jordaan: Kawa is reg; delegasieregister moet hersien word, maar aanstelling van die MB is nie ongerymd nie.

10h43: Coetzee: Woensdag se vergadering kan apart ondersoek word; vergadering moet met agenda voortgaan.

Vd Westhuizen stel Woensdag se mosie reg; dit word eenparig aanvaar.

10h45: Speaker stel die BM aan die woord; Ngalo wil kopie hê; speaker sê dit sal na die BM se toespraak gegee word; Kawa: Kopieë moes vooraf gegee geword het anders kan daar nie debat wees nie.

10h47: Vd Westhuizen: Laat BM voortgaan en na die verslag kan ‘n 30-minuut reses gehou word sodat raadslede die verslag kan lees en dan kan debatteer.

10h49: Totale wanorde breek uit!

10h52: Kawa: hy gaan nie deelneem nie sonder ‘n kopie nie. Coetzee: Daar is vooraf ooreengekom dat dokument tydens die vergadering uitgedeel sou word.

10h53: Dokument word uitgedeel.

10h54: Raadslid Stemmet: laat daar nou eers ‘n pouse geneem word sodat lede die dokument kan lees. Die voorstel word nie gesekondeer nie.

10h55: Speaker stel BM aan die woord.

11h05: Kawa: BM is arrogant! Vd Westhuizen: Laat ons nou eers debatteer. Kawa: Jordaan se aanstelling kan net wees tot die raad anders besluit, nie totdat die BM anders besluit nie.

Raad verdaag vir bespreking.

11h12: Jordaan vra om Kawa privaat te spreek.

11h19: Jordaan en Kawa se gesprek klaar.

11h34: Speaker terug in die raadsaal.

11h35: Raadslid Biljohn: Enige objeksies of kommentaar kan skriftelik by die BM se kantoor ingehandig word en die BM se verslag moet aanvaar word.

11h37: Kawa maak hewig beswaar – daar móét gedebatteer word! Die BM se verslag is ‘n agendapunt!

11h40: Coetzee vra ‘n koukusverdaging. Toegestaan.

11h52: OO: Adv Williams is dóódstil!

11h53: Kawa: ANC en NPP neem kennis van die verslae voor die raad. Die raad moet ‘n komitee aanstel om die Pietersen-saak te ondersoek en binne 14 dae aan die raad te rapporteer. Jordaan bly aan as MB totdat dié verslag aangehoor is en die raad daaroor besluit het.

Raadslid Pannas sekondeer.

Eenparig aanvaar.

11h58: Raad verdaag.

2 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. ostrich said, on March 13, 2010 at 11:08 am

    NEE WANT DIT GAAN INMENG MET HULLE PAPSAK TYD

  2. Worshond said, on March 14, 2010 at 9:14 am

    What in the blazes does this waste of time and bickering add in value to the residents for whom these clowns work and get their pay!

    ZIP! Two hours of crap, tea breaks and home early at midday!

    I suggest a rates rebellion – they will soon snap in to action when the coffers run dry!


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.