EdenOnline

Dink Oudtshoorn gaan vandag ‘n WMB kry!?

Posted in Uncategorized by edenonline on March 12, 2010

Dink Oudtshoorn gaan vandag ‘n WMB kry!?
Watwou! Ons het dan twéé!

As jy die twakpraatjies op Verwoerdplein glo het Oudtshoorn tans twéé munisipale bestuurders – albei waarnemend; een tydelik.

Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.

Oudtshoorn. 12 Maart 2010. 06h150. André P Brink het hier in die sewentigerjare – ‘n vriend van my op Stellenbosch het die vergeelde knipsel op die notabord in sy verskriklike deurmekaar kantoor – gesê iemand het twak gepraat. En, het hy bygevoeg, twak is darem so ‘n lááng woord.

Daar’s baie lang woorde gesprak die afgelope week.

Van “excellent legal opinions” tot “best brains” tot ‘n raad wat eenparig “eksepsie neem” teen die “onwettige optrede van die burgemeester” om later te moet verneem dat die burgemeester se optrede glo nié onwettig was nie…

‘n Mediaverklaring wat uitgereik word en teruggetrek word deur die “tydelike waarnemende munisipale bestuurder” wat verklaar: “As a result of the absence of the Acting Municipal Manager, Mr. Wessel P. Rabbets…”

Oudtshoorn is “bevoorreg” om tans twee munisipale bestuurders te hê: ‘n Waarnemende munisipale bestuurder – Wessel Rabbets – wat Maandag gesê het hy is nie beskikbaar vir ‘n verdere termyn as MB nie en wat aan verskeie mense sedert verlede week gesê het dat die Pietersen-uitspraak verlede Vrydag sy kontrak as MB beëindig het en…

‘n Tydelike waarnemende MB – Keith Jordaan – wat in ‘n amptelike verklaring verwys na die “Acting Municipal Manager, Mr. Wessel P. Rabbets“.

Dit was letterlik skreeusnaaks om die onbeholpe, onkundige geheenenweerdery die afgelope week te aanskou.

Rabbets het baie male met vele mense gepraat – heeltemaal te veel mense en te baie gesprekke vir iemand wat nie meer munisipale bestuurder wil wees nie.

Rabbets sê hy is nie meer MB nie – as gevolg van die Pietersen-uitspraak; Rabbets sê hy is nie beskikbaar vir ‘n verdere termyn nie – as gevolg van familie- en sakeverpligtinge; Rabbets sê sy kontrak het verstryk; Rabbets vra wat die status van sy kontrak is; Rabbets sê hy kom volgende week Oudtshoorn toe om sy goed te kom haal; Rabbets maak ‘n verklaring op 9 Maart wat op 10 Maart onttrek word… van ‘n professionele bestuurder kan meer verwag word.

Verwoerplein: Beroerdplein.

Raadslede en amptenare: Die vaalhuisies in Bongolethu val uitmekaar; daar’s ‘n onheilige gemors met huise in Rosebank; werkloosheid in Dysselsdorp is onrusbarend; die munisipaliteit word geplunder…

En, terloops, wié gaan tydens vanoggend se spesiale raadsvergadering, wat om 10h00 begin, “waarneem” as MB – synde die “best brains” die tydelike waarnemende MB slegs aangestel het tot… 10h00 vandag!?

Die Oudtshoorn munisipaliteit: Wat ‘n siek grap! Oudtshoorn verdien béter!

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn

Klik hier om terug te gaan na die Eden24 voorblad

4 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Riempie said, on March 12, 2010 at 7:53 am

    Hier kom ‘n ding !! Die munisipaliteit is miskien besig met ‘n enorme aksieplan. Ons gaan nou dubbel die diens en werkverrigting kry. Twee bestuurders = dubbel dienslewering

  2. nico ungerer said, on March 12, 2010 at 9:05 am

    heh-heh! ”Fools rush in where wise men never go!”

  3. nico ungerer said, on March 12, 2010 at 9:59 am

    RIEMPIE, JY HET N PUNT BEET,MAAR WORD DIE EEN OU NIE DALK N KONSULTANT OM DIE ANDER EEN TE HELP OM AL DIE BOLLIE ”TE BOUNCE” NIE? JY VERSTAAN NE? –MAN SOOS 2 OUENS WAT TENNISBALLE HEEN EN WEER SLAAN! VERSTAAN JY?

  4. Worshond said, on March 12, 2010 at 12:26 pm

    Dear Ed

    Wait till we see the termination costs, bonuses and legal costs for either or both when one or both “deals” are terminated or they take “early leave” of their new appointments!

    I wonder if our ever-absent “Council Advocate” and our esteemed Councilors have applied their minds and sorted the employment contracts for these two senior appointments timeously, correctly and backed up by the ever “excellent legal opinion” syndrome to be able to unscramble the cost and legal “agi-bargi” which undoubtedly flow from this unholy mess and maladministration!?

    An the Ratepayers are supposed to pay for this circus!!!?????


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.