EdenOnline

“Wessel Rabbets is steeds die MB”

Posted in Uncategorized by edenonline on March 11, 2010

Die pitsweer van onbevoegdheid bars oop

Die Verwoerdplein sirkus se tentpale is vanoggend gelig met die standpunt dat Wessel Rabbets steeds Oudtshoorn se munisipale bestuurder is.

Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.

Oudtshoorn. 10 Maart 2010. 14h30. Die sweer van patetiese bestuur en die absolute afwesigheid van leierskap en visie op die Suid-Westelike hoek van Langenhoven- en Voortrekkerweg (Verwoerdplein) het uiteindelik tot uitbarsting gekom.

OO het laat vanoggend verneem dat die administrasie se amptelike standpunt is dat Wessel Rabbets steeds die waarnemende munisipale bestuurder is… ‘n paar uur nadat die raad ‘n tydelike waarnemende munisipale bestuurder aangestel het.

Daar word nou gesê dat die raad uitstekende regsmening ingewin het – van advokaat Williams se kantoor! – wat bepaal dat Rabbets steeds die waarnemende munisipale bestuurder is.

Waarom ‘n “uistekende” regsmening, en nie net ‘n doodgewone mening nie, nodig sou wees is suggestief; dat die “beste breins” betrokke was klink ook na die gebruik van ‘n elektriese hammer om ‘n muggie dood te kry…

En as Williams se kantoor nóú ewe skielik hierdie intellektueel oorweldigende vermoë manifesteer kan ‘n mens maar net wonder waar dié hoog aangeskrewe regsadvies was toe die raad besluit het om Rabbets se kontrak aan die afhandeling van die Pietersen-saak te gekoppel het!?

“Het Rabbets dan nie Maandag reeds skriftelik – op ‘n munisipale briefhoof van die munisipale bestuurder se kantoor! – verklaar dat hy nie meer die munisipale bestuurder is nie?”

Dáárdie mediaverklaring word glo vanmiddag teruggetrek.

Die gesprek tussen OO en verskeie munisipale leiers het só verloop:

“Het Rabbets dan nie reeds skriftelik – op ‘n munisipale briefhoof van die munisipale bestuurder se kantoor! – verklaar dat hy nie meer die munisipale bestuurder is nie?”

“Nee – daardie mediaverklaring word teruggetrek.”

“Omdat Rabbets nie die gesag gehad het om die verklaring deur die munisipale kanale te maak nie?”

“Ja.”

Maar Rabbets was dan volgens die munisipaliteit Maandag steeds die MB!?”

“Nee, Rabbets was afwesig Maandag.”

“Wat van raadsbesluit 63.4/07/09: Dat die dienskontrak van die waarnemende munisipale bestuurder verleng word, totdat die aangeleentheid van die vorige munisipale bestuurder, ds N Pietersen afgehandel word, waarna die bovermelde betrekking geadverteer sal word?”

“Die Pietersen-saak het niks met die hede te doen nie. Daar moet nog ‘n proses afgehandel word voordat Rabbets se kontrak verval.”

“Maar die raad het vanoggend eenparig besluit om Keith Jordaan tydelike waarnemende munisipale bestuurder te maak – hoekom, as Rabbets steeds die munisiaple bestuurder is?”

“Daar is leemtes in die leierskap wat die raad ontvang.”

“Die burgemeester het Jordaan reeds Maandag eensydig aangestel. Waarom het die raad dan vanoggend besluit dat die burgemeester onwettig opgetree het toe sy Jordaan aangestel het?”

“Ons het die delegasieregister nagegaan en die burgemeester het nie onwettig opgetree nie.”

“Hoekom het die raad dan die mosie aanvaar – eenpárig?”

“Daar is sekere dinge verkeerd in die munisipaliteit.”

OO het oorgenoeg vertroue in die intelligensie van sy lesers om die berig hiermee af te sluit.

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn

Klik hier om terug te gaan na die Eden24 voorblad

One Response

Subscribe to comments with RSS.

  1. edenonline said, on March 11, 2010 at 7:50 am

    Hierdie kommentare het aanvanklik verlore gegaan:

    HEH–HEH-HEEE!!!!!!!!!! DIE VOLSTRUIS SIRKUS VAN OUDTSHOORN!AI JAI JAI!!!!!!!!
    ~ Nico Ungerer, 10 Maart, 15h29

    Oudtshoorn se ster het finaal in die oë van sy mense geval.” Daar is leemtes in die leierskap wat die raad ontvang. ” Nogal nê !
    ~ Liegvlieg, 10 Maart, 18h02

    Red


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.