‘n Nuwe? waarnemende munisipale bestuurder
Daar word verwoed gewoeker op Verwoerdplein. Dit gons.
Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.
Oudtshoorn. 11 Maart 2010. 14h00. Die teenswoordige wysheid wat die Verwoerdpleiners desperaat probeer verkwansel is dat Wessel Rabbets se kontrak steeds ís.
Dit is nié. Soos enige eerstejaar regstudent jou sal sê. Maar, so sê die Verwoerdpleiners vir OO, die “best brains” het gesê…
Yeah. Right.
Daar is, so verneem OO, ten minste drie kandidate wat oorweeg word: Rabbets, iemand na aan die administrasie en iemand wat klaarblyklik deur die DA-leierskap in Waalstraat voorgestel word.
Rabbets het Maandag te kenne gegee dat hy nie beskikbaar is nie:
MEDIA RELEASE ISSUED ON BEHALF OF OUDTSHOORN MUNICIPALITY BY THE OFFICE OF THE MUNICIPAL MANAGER
09 March 2010
For immediate release
Wessel Rabbets no longer Oudtshoorn Manager
Mr. Wessel Rabbets, who was the acting Municipal Manager of Oudtshoorn for the past ten months, is no longer the accounting officer of Oudtshoorn Municipality.
He will also not be available for a further term as municipal manager of Oudtshoorn, due to family and business reasons.
This development emerged along with the hearing of the former Municipal Manager, Mr Noel Petersen, on his appeal for his dismissal by the Council last year.
Mr. Rabbets’ contract with Oudtshoorn Municipality continued pending the outcome of the appeal of Mr. Pietersen whose hearing was held on Friday, 05 March 2010.
“I would like to thank everyone in the greater Oudtshoorn and all other partners I have worked with during my tenure as the municipal manager of Oudtshoorn and would like to wish them and the greater Oudtshoorn well for the future.”
“This gives me quality time to enjoy with my family which I had only been able to see once a week and I will have ample time to take care of my business.”
ENDS.
Hierdie “mediaverklaring” is gister teruggetrek, nadat die munisipaliteit se mediabemapte vroeër geweier het om te sê wie hom opdrag gegee het om die gewraakte verklaring uit te reik.
Aanvanklik is aan OO gesê dat Rabbets die verklaring uitgereik het en dat dit teruggetrek word omdat Rabbets nie die gesag gehad het om dit uit te reik nie. Toe is OO weer vertel dat Rabbets steeds die munisipale bestuurder is (en dus wel die gesag gehad het om die verklaring uit te reik!?) terwyl Keith Jordaan reeds Maandag deur die burgemeester (wat, volgens ‘n raadsbesluit gister, onwettig opgetree het, voordat daar glo agterna bevind is dat sy wel in terme van die delegasieregister opgetree het!) as tydelike munisipale bestuurder aangestel is.
Rabbets het egter sedert Maandag reeds erken dat sy kontrak beëindig is deur Vrydag se Pietersen-uitspraak. Rabbets is ‘n prokureur en allermins naiëf of onnosel. Hy is ‘n dag afwesig en die Verwoerdpleiners se wieletjies raak gevaarlik los!
Dit is egter insiggewend dat die DA-LP, Jac Bekker, wat Rabbets verlede jaar as Oudtshoorn se redder aangekondig het (nadat die eerste redder wat Bekker verkondig het – MC Botha, die pos geweier het) nou nie ‘n vinger verroer om Rabbets vir Oudtshoorn te behou nie. Die “leierskap” kom nou met ‘n “alternatief” vir Rabbets en die ander ongesproke “kandidaat”.
Dit sal die mense van Oudtshoorn baat om te onthou dat ook ene Tinus Matthysen máánde lank deur Bekker as die beste moontlike waarnemende hoof finansiële beampte vir Oudtshoorn beskou en gepropageer is…
Oudtshoorn moet liefs lig loop vir kandidate van die DA – van munisipale bestuurder tot assistant van die tweede-in-bevel van ongebruikte longdrops agter die ou drive-in op die Mosselbaaipad.
En dan het raadsheer James Swiggelaar waaragtig gister die wind gehad om die ANC te vermaan om nie ‘n politieke aanstelling te maak nie! Múneúrr!!
Wat Oudtshoorn nodig het… wel, kom ons los dit eers daar en kyk wat doen ons dorpsleiers môre.
“Best brains”.
Ai, jai, jai, jai, jai, jai, jai. Jai, jáí!
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
Die Kaptein en die senior offisiere het die ” Skip ” verlaat , die skip lek water , die brandstof is amper op ,daar dreig n’ storm, die passasiers raak bang ,is daar nie een wie die helm kan oorneem nie ? is daar nie een wie die skip kan red nie ? word vervolg !
PIETER, DIE PASSASIERS RY ”SOUSTREIN! HULLE HET TE MIN IN DIE BOONSTE VERDIEPING OM AGTER TE KOM DIE ”SPENS” IS OOK BESIG OM LEEG TE RAAK., WANT SIEN OUBOET, DAAR IS ‘SEEROWERS’ OP DIE SKIP!