EdenOnline

Raai, raai riepa!

Posted in Uncategorized by edenonline on March 10, 2010

Bly hy weg? Kom hy terug? Wessel Rabbets se leë kantoor maak opslae.

Weet wat werklik aangaan; weet 1ste! Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn. Klik op die advertensies.

Oudtshoorn. 10 Maart 2010. 06h00. Die riemtelegramme en die innuendo het gister, soos my matriek Afrikaans onderwyser altoos oor onkunde in die klas gesê het, blou in die blom gestaan.

Na ‘n heenenweerdery of die waarnemende munisipale bestuurder sou terugkeer na die Pietersen-uitspraak Vrydag, is ‘n mediaverklaring wat klaarblyklik sonder die nodige goedkeuring onder die vaandel van die munisipaliteit – en die munisipale bestuurder se kantoor – uitgereik is, deur die munisipaliteit self bevraagteken.

Gistermidaag laat was daar nog koerante wat wou weet of die inligting in die verklaring gebruik kon word en was daar sprake dat ‘n tweede mediaverklaring – wat sou lui dat die eerste verklaring ongemagtig was – uitgereik sou word.

Daar was telefoonoproepe tussen partye wat vreemd op die waarneming geval het. Magatag, hoe diplomaties is OO darem vanoggend, hè!?

Wessel Rabbets is wég; Wessel Rabbets kom beslis weer terug; Wessel Rabbets is op Oudtshoorn; Wessel Rabbets dít en Wessel Rabbets dát.

Die LUR vir plaaslike regering, Anton Bredell, se kommentaar was dat Oudtshoorn na sy mening nie beter as Wessel Rabbets kon doen gegewe die munisipale bestuurders in die mark nie. Bredell het bygevoeg: “Om ‘n
munisipaliteit wat verval het om te draai, klink uit die oog van die privaat sektor, makliker as wat dit is.”

Bredell beklemtoon dat Oudtshoorn nou slegs ‘n een-jaarkontrak kan aanbied – omdat daar volgende jaar ‘n verkiesing is – en dat die kort termyn potensiële kandidate kan afskrik.

Dit is ook nie wys om die hoof finansiële beampte te laat waarneem nie, want finansies is juis die kernarea wat nougesette en onverdeelde aandag opeis, het Bredell bygevoeg.

Lees gerus ook “Martiens” se kommentaar – klik hier.

Soos OO reeds gister berig het, word daar verstaan dat die raad vanoggend om 08h00 die hoof finansiële beampte, Keith Jordaan, tot Vrydag sal aanstel om as MB waar te neem. Nadat die politieke partye gekoukus het sal daar glo Vrydag ‘n aanstelling gemaak word tot na die 2011-verkiesing.

Hoekom die omslagtigheid?

Vra dit.

Verwag geen samehangende antwoord nie.

Politieke onstabiliteit, sê die LUR, ondermyn besluitneming op Oudtshoorn.

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn

Klik hier om terug te gaan na die Eden24 voorblad

2 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Patriot said, on March 10, 2010 at 8:05 am

    ‘n Multi miljoen Rand onderneming sonder ‘n senior finansiele beampte ? Erger nog. Geen vooruitbeplanning nie ! Nog erger. Die politisie begin reeds planne maak vir 2011 om weereens met hulle besmette hande by die aanstellingsproses betrokke te raak. Hoe jammerlik !!

    Oudtshoorn bly steeds die speelbal in die hande van roekelose opportuniste wat net hulle eie party politieke gulsigheid najaag. ‘n Voorbeeld hiervan is die versuim om R 5mil namens die belastingbetaler in te samel om te help betaal aan die R10mil se rekening van die ouditeure wat besig is met die forensiese ondersoek na wanbestuur deur juis hierdie politiesaangestelde amptenare en hulle politiek gulsige raadslede.

    Verstommend dat geen haan verder kraai na die astronomiese onkostes nie. So, wie betaal die gelag ? Ek en jy my broer en suster. Ek en jy alleen sam met die res van die armes in ons midde.

    Wat se die huidige dienende raadslede insluitende die BM en mister Stemmet en Swiggelaar hiervan. NIKS….NIKS…NIKS !!!!!. NOU HOEKOM NIE……SOMMER NIE. Want hulle is nie aanspreeklik nie en omdat hulle inelkgeval hulle vet salarisse aan die einde van die maand ontvang……geen rekenskap nie……verkies deur ons….. in posisie geplaas deur ons om ons BELANGE te dien.

    Die vraag bly dus staan gaan hierdie dame en here hulself weer beskikbaar stel as deur ons verkose raadslede ? R10mil later…… durf ons weer so ‘n fout begaan. Die situasie is erger as die implikasies van ESCOM se krag verhogings. Gelukkig het ons se oor wie ons belange na 2011 gaan dien…..

    Dankie.

    Dis al.

    VIVAAAAAAAAAAAAAAAAAAA. LANK LEWE DIE NUWE STRUGGLE……VIVAAAAAAAA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!1

  2. nico ungerer said, on March 10, 2010 at 9:21 am

    SAL ONS NIE BOET MALEMA KRY VI MB NIE, WAT IS R5MILJ NOU VIR N OUTJIE SOOS HY MAN?


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.