EdenOnline

Raadsbesluit: Die burgemeester het onwettig opgetree!

Posted in Uncategorized by edenonline on March 10, 2010

Die uitvoerende burgemeester, raadsdame Diane de Jager moet gaan! Oudtshoorn kan haar nie langer bekostig nie.

Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.

Oudtshoorn. 10 Maart 2010. 10h00. Diane de Jager se volhoubare onvermoë neem nou legendariese afmetings aan. Sy is waarskynlik die stylvolste en elegantste gasvrou wat jy kan hoop om te ontmoet en verteenwoordig Oudtshoorn met uitnemendheid op openbare funksies. Maar sy is nié ‘n uitvoerende burgemeester nié. Diane de Jager moet gáán. Oudtshoorn kan haar nie langer bekostig nie.

Vanoggend het die raad ‘n mosie van raadslid Wessie van der Westhuizen (OD) eenparig aanvaar dat die uitvoerende burgemeester onwettig opgetree het toe sy die hoof finansiële beampte, Keith Jordaan, Maandagoggend eensydig as tydelike waarnemende munisipale bestuurder aangestel het.

Alle gesag, wetgewend en uitvoerend. berus in die raad wat sekere ietms aan die BM delegeer. Die munisipale bestuurder is die rekenpligtige beampte en die administrasie hoof van die munisipaliteit. Die burgemeester is die munisipale bestuurder se baas.

Die kiesers en die belastingbetalers en die inwoners van Oudtshoorn kyk na die uitvoerende burgemeester – sý is die verteenwoordiger van die mense van Oudtshoorn; sý moet rigting gee; sý moet leiding gee.

Raadslid Carmichael Ngalo (ANC) het vanoggend in ‘n uitstekende toespraak voor die raad beklemtoon dat die BM se afwesigheid – by ‘n ACVV konferensie! – op hierdie kritiese tydstip, aanduidend is van die algehele gebrek aan haar leierskap in die raad en in die munisipaliteit.

Die dorpsregering van Diane de Jager lyk só:

Roekelose plundering van geld, van bates en van voorraad is aan die orde van die dag in die munisipaliteit; diefstal en bedrog is buite beheer.

Die burgemeester het sedert 14 April verlede jaar ‘n kundige, professionele waarnemende munisipale bestuurder gehad. En péperduur konsultante:Mubesko; MeyerOtto; Francois Barnard – en geborgde kundigheid van die Ontwikkelingsbank en die provinsie is daar steeds emorme leemstes in kontroles en beheer.

Nuwe gevalle van diefstal en bedrog is oor die afgelope dae oopgekrap en die munisipale bestuur en die burgemeesterskomitee (BMK) kan onder geen moontlike omstandighede verantwoordelikheid vir hierdie verleentheid ontsnap nie.

Dit is bepaald nié sogenaamde nuwe stelsels en kontroles wat die rowery blootlê nie. Die burgemeester se mediaverklaring van 2 Februarie oor die blootlegging van bedrog van sowat R300,000 is uiters misleidend en grens aan ‘n onwaarheid: “It is enlightening to know that the discovery of this incident emanated from more stringent financial policies implemented in last few months.”

Die feit is dat bepaalde amptenare slegs bewus word van die georkestreerde stroping omdat hulle die werklikheid in die oë kyk en nie, soos die burgemeester, kies om in feëtjieland te woon nie.

Die enigste vraagstuk wat die munisipale bestuur se onverdeelde aandag in beslag behoort te neem is dít: As finansiële bestuurskontroles bedrog nie uitwys nie en dit bloot toevallig ontdek word, is jou besigheid in ondenkbare moeilikheid.

Wáárvan wéét ons nie eens nie!?

Dit is beslis nie die tyd om medaljes uit te deel omdat bedrog en diefstal ontdek word nie; dit is tyd om te besin waarom Oudtshoorn se munisipale bestuur na máánde se miljoene nog steeds nie in beheer is nie!

Die aard en omvang van die diefstal en bedrog is aan OO bekend en word teensinnig weerhou op regsadvies.

Wat veral onrusbarend is, is die feit dat slegs enkele van die huidige vergrype deur die forensiese ondersoek van Francois Barnard blootgelê is. Barnard se ondersoek kos Oudtshoorn ‘n onbekende klein fortuin en die publiek het nog nie ‘n wóórd oor dié ondersoek verneem sedert dit in Julie verlede jaar in aanvang geneem het nie.

Nadat Barnard aanvanklik bereid was om OO te woord te staan oor die aard en omvang van sy opdrag, is die onderhoud op die laaste nippertjie gekanselleer – klik hier. Slegs Nic Barrow se onvermoeide teistering van die munisipale bestuur het uiteindelik Barnard se opdrag blootgelê – klik hier.

Intussen het die voormalige waarnemende munisipale bestuurder, Wessel Rabbets, Barnard se verslag reeds ontvang en het Barnard die BMK sowat drie weke gelede mondelings oor sy ondersoek ingelig, maar geen skriftelike verslag is voorgelê nie en die raad is nog nie oor Barnard se verslag aan die BMK ingelig nie.

Daar is tans erge ontevredenheid onder die OD, ANC en NPP oor wat na hulle mening neerkom op ongelyke beregtiging van amptenare onder verdenking. Terwyl die korporatiewe bestuurder, Thembani Gutas, byvoorbeeld, geskors is hangende die uitslag van ‘n tugverhoor, is ‘n senior amptenaar wat verdink word dat hy ‘n plaaslike onderneming onredelik bevoordeel het met die afskrywing van bepaalde munisipale skuld, steeds in sy pos.

Terwyl die voormalige MB, Noël Pietersen, afgedank is na sy skuldigbevinding, is ‘n ander veroordeelde amptenaar in sy pos herstel na ‘n aanvanklike skorsing.

Die ongelukkige feit dat die geskorste en afgedankte amptenare swart is en die onaantasbare amptenare wit, maak die ontevredenheid uiters plofbaar.

Die Pietersen-uitspraak is Maandag breedvoerig aangespreek – klik hier.

Maar dit is hier belangrik om aan te dui dat die burgemeester se hantering van die Pietersen-aangeleentheid ten hemele skrei. Haar weiering om inligting oor die saak bekend te maak die afgelope weke volg op ‘n onrusbarende verklaring van ‘n voormalige raadslid en lid van die Oudtshoorn-krisiskomitee, me Angelina Lekay, verlede jaar.

Lekay het op Pietersen se mediakonferensie op 26 Februarie 2009 beweer dat De Jager vir haar sou gesê het dat sy drie regsmenings oor Pietersen se optrede rondom die betaling van sy regskostes ingewin het en dat De Jager aan Lekay gesê het dat sy vir Pietersen gesê het: “Noelie (LeKay het hierdie “noemnaamintimiteit” beklemtoon) jy’t niks verkeerd gedoen nie.”

Volgens Lekay sou De Jager ook gesê het dat die raad niks verkeerd gedoen het rondom die betaling nie en dat sy vir Pietersen gesê het om geen terugbetalings te maak nie omdat dit “skuld sal erken”.

Die burgemeester ontken natuurlik Lekay se weergawe ten sterkste.

Maar die burgemeester weerspreek haarself oor hoe sy van die wanbetalings bewus geword het:

1) Van raadsheer Pierre Nel, op 12 September 2008, toe hy haar op ‘n toevallige ontmoeting oor die betalings gevra het en sy onderneem het om antwoorde te verskaf – De Jager ontken hierdie insident;

2) Van Nel, op 22 September 2008, toe hy haar aan haar onderneming van die 12de herinner het, soos sy in ‘n verklaring van 2 Oktober 2008 aandui;

3) In die media, op 2 Oktober 2008, toe die media die eerste maal daaroor berig het, soos sy op 2 Desember 2008 op Nel se negende terugvoervergadering voor ‘n vol gehoor by die Cango Wildlife Ranch gesê het;

4) Van die regsfirma Millers, in ‘n brief van 11 September 2008, soos sy op 4 Maart 2009 per e-pos aan OO gesê het.

Die ware toedrag is eenvoudig: Die voorsittende beampte sê in sy bevindings in die Pietersen-dissiplinêre verhoor dat dit ‘n onbetwiste feit (“undisputed fact”) is dat die brief van 11 September die eerste aanduiding (“first inkling”) was van die wanbetalings.

Burgemeester de Jager moet hierdie vraag beantwoord: Hoekom het jy vir Nel gesê dat jy onbewus is van die betalings as jy reeds op 11 September daarvan geweet het!? Hoekom het jy nie tóé die saak oopgevlek nie!?

(Klik hier vir die artikel van 6 Maart verlede jaar oor die Pietersen-, Swanepoel- en Meiring-tugverhore.)

Verlede jaar het die sakekamer professionele hulp aangebied en het die burgemeester dit botweg geweier. Daar is baie kundigheid op Oudtshoorn. OO stel voor dat die sakekamer wéér hulp aanbied. Aan ‘n núwe burgemeester. En OO stel voor dat dié nuwe burgemeester die hulp aanvaar!

OO meen dat die mosies van wantroue wat dae voor die pasafgelope raadsvergadering onttrek is, weer gaan kop uitsteek. Die verwikkelinge gaan ons baie waarkynlik erg verras, maar die verandering is onafwendbaar.

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn

Klik hier om terug te gaan na die Eden24 voorblad

2 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. nico ungerer said, on March 10, 2010 at 10:30 am

    KORRUPSIE! KORRUPSIE! NOGMAALS KORRUPSIE! WATTER KLAD OP ONS DORP SE NAAM! DAN WORD EK ERG GEKRITISEER OOR MY STELLINGS VAN ONBEVOEGDHEID? DALK IS DIT TOG NIE ONBEVOEGDHEID NIE!!
    DALK IS DIT N INTENSE BOSE PLAN OM ODN UIT TE ROEI ! DIT MY VRIEND, GRENS AAN DIEFSTAL! IS DIT DALK DIE REDE DAT ALLES SO BEDEK EN TOEGEHOU WORD? GAAN N PAAR GROOT KATTE SE MASKERS UITEINDELIK AFKOM??? EK HOOP VAN HARTE SO!!!!!!!!!!
    MY GOEIE OORL OOMPIE GER SOU GESE HET; SIES MAN! EK BEAAM SY WOORDE; SIES MAN!!

  2. nico ungerer said, on March 10, 2010 at 3:22 pm

    Dink net hoeveel strate en sypaadjies kon ons geteer en herstel het met R5mil!
    Ek is verheug oor die werk wat nou gedoen word, ons moet tog nie soos die res van Afrika en SA lyk nie— hulle is vrot verval! Dank aan betrokke komitees en Raadslede.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.