Fietsry-tragedie: Begrafnisreëlings en Herinneringsrit
Oudtshoorn rou
Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.
Oudtshoorn. 10 Maart 2010. 14h15. Essie Esterhuyse van Oudtshoorn Fietse het vroeër vandag die begrafnisreëlings van die drie mense van Oudtshoorn wat Maandag tragies omgekom het toe ‘n bakkie in hulle peloton vasgery het, bekend gemaak:
Frank Nel – Donderdagoggend, 11 Maart om 10h00 in Welgelukgemeente;
Oom Jan Eloff – Donderdagmiddig, 11 Maart 14h00 in Wesgemeente;
Magda van Lill – Vrydagoggend, 12 Maart om 10h00 in Wesgemeente.
Daar is vanmiddag om 17h30 ‘n herinneringsrit vanaf Parkweg, voor die Polisiekollege, per fiets na die ongelukstoneel. ‘n Kruis en blomme sal op die toneel geplaas word. Mense wat nie per fiets kan ry nie, is welkom om per motor te gaan, maar die organiseerders versoek dat mense sover moontlik saam ry om verkeersdrukte te verlig. Daar sal ‘n bakkie saamry om die blomme te vervoer en die provinsiale verkeersowerheid sal aan diens wees tydens die rit.
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
leave a comment