EdenOnline

Wessel Rabbets onttrek

Posted in Uncategorized by edenonline on March 9, 2010

Oudtshoorn moet ‘n nuwe munispale bestuurder kry – en vínnig!

Weet wat werklik aangaan; weet 1ste! Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn. Klik op die advertensies.

Oudtshoorn. 9 Maart 2010. 15h15. Die munisipale mediabeampte, Ntobeko Mangqwengqwe, weier om die speaker in te lig oor wie hom opdrag gegee het om Wessel Rabbets se mediaverklaring op munisipale gesag vry te stel.

Die burgemeester, wat tot Donderdag met verlof is om ‘n ACVV-vergadering by te woon, was glo onder die indruk dat Rabbets haar sou ken voordat hy enige openbare uitsprake maak oor sy ontrekking. Raadsdame de Jager het die nuwe hoof finansiële beampte, Keith Jordaan, gevra om intussen waar te neem as munisipale bestuurder.

‘n Dringende raadsvergadering is vir belê vir môre (Woensdag) om 08h00 en daar word verwag dat die raad Jordaan as waarnemende munisipale bestuurder sal aanstel totdat die politieke groeperinge besin het oor ‘n kandidaat wat kan waarneem tot na die 2011-verkiesing.

Oudtshoorn. 9 Maart 2010. 13h30. Die waarnemende munisipale bestuurder, Wessel Rabbets, het die munisipaliteit vanoggend amptelik ingelig dat hy nie beskikbaar is om verder as munisipale bestuurder waar te neem nie.

Rabbets se kontrak het verstryk met die uitspraak verlede Vrydag van die voorsittende beampte, adv John Mc Ilerett Brown, wat die afgedankte voormalige munisipale bestuurder, Noël Pietersen, se reg om ‘n appèl in terme van klousule 14 van die SALGBC kollektiewe ooreenkoms, verwerp het. Rabbets se kontrak met Oudtshoorn was gekoppel aan die afhandeling van die Pietersen-appèl.

In sy verklaring sê Rabbets dat hy nou meer tyd met sy gesin wil deurbring en aandag aan sy sake-onderneming wil gee.

Rabbets bedank almal in die groter Oudtshoorn en die vennote saam met wie hy gewerk het tydens sy termyn as waarnemende munisipale bestuurder en wens hulle die beste toe vir die toekoms.

OO het intussen verneem dat die raad in elk geval nie Rabbets se kontrak sou verleng het nie en dat ‘n ander kandidaat geïdentifiseer is om as munisipale bestuurder waar te neem tot na die 2011-verkiesing.

Die speaker het OO vroeër ingelig dat die raadslede en amptenare vanoggend tydens ‘n bosberaad oor Rabbets se besluit ingelig sou word en dat ‘n dringende raadsvergadering gereël sal word om ‘n nuwe waarnemende munisipale bestuurder aan te stel.

‘n Mediakonferensie sal belê word om die verwikkelinge te verduidelik.

Die speaker het vanoggend van OO verneem dat die munisipaliteit se mediabeampte, Ntobeko Mangqwengqwe, Rabbets se verklaring uitgereik het. Rabbets het die speaker ook oor die tydsberekening van die vrystelling geskakel.

Die raadslede en senior amptenare kon nie onmiddelik gekontak word nie omdat hulle by die Kango Bergoord in ‘n vergadering besig was.

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn

Klik hier om terug te gaan na die Eden24 voorblad

3 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. nico ungerer said, on March 9, 2010 at 4:56 pm

    Wessel, ek sou hulle ook windaf gestuur het as ek jy was. Dis n sirkus van narre man!

  2. Martiens said, on March 9, 2010 at 11:51 pm

    Wessel se vertrek is ‘n jammerte. Om baie redes, maar veral omdat dit maande neem om so ‘n groot administrasie soos Oudtshoorn te leer ken. Keith Jordaan is egter ook ‘n voormalige Munisipale Bestuurder en sal nie die mense van Oudtshoorn in die steek laat nie.

    Oudtshoorn moet egter so gou as moontlik ‘n Munisipale Bestuurder kry, nie ‘n waarnemende, tydelike, interim of maak-en-pas Munisipale Bestuurder nie. Dit gaan egter ‘n onheilige politiekery afgee, want ek glo nie Wessel se aankondiging was al mooi koud nie, of die samespanning het al ‘n aanvang geneem nie.

    Nou is die tyd vir die gemeenskap van Oudtshoorn om fyntjies te trap en die Raad voortdurend onder ‘n vergrootglas te hou.

    Mooi loop, Wessel!

  3. alleycat said, on March 10, 2010 at 9:42 am

    Wessel, dankie vir wat jy so ver gedoen het en vir wat jy nog gaan doen.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.