3 fietsryers sterf tragies
Ongeluk op Calitzdorp-pad skok Oudtshoorn
Weet wat werklik aangaan; weet 1ste! Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn. Klik op die advertensies
Oudtshoorn. 8 Maart 2010. 17h05. Radio nuusberigte het vanmiddag gelui dat ‘n vierde fietsryer sou beswyk het aan sy beserings. Dit is onjuis.
Dr Johan Lötter se vennote het OO verseker dat hy nie ernstig beseer is nie – Lötter het ‘n gebreekte enkel en skouer. Mnr Walter Langdon het ‘n operasie aan sy elmboog ondergaan en sterk in die Oudtshoorn Hospitaal aan.
Oudtshoorn. 8 Maart 2010. 12h55. Die SAPD het die name van die drie fietsryers wat vanoggend tragies in ‘n padongeluk 9km buite Oudtshoorn omgekom het, bekend gemaak.
Die oorledenes was mnr Frank Nel, ‘n voormalige bevelvoerder van die SAPD-kollege op Oudtshoorn; mnr Jan Eloff, ‘n afgetrede polisiebampte; en me Magda van Lill, ‘n bekende eiendomsagent van Oudtshoorn.
Dr Johan Lötter is met ‘n gebreekte skouerbeen en enkel na George afgevoer en OO verneem dat hy ‘n breinskandering sal ondergaan.
Die ander beseerde, mnr Walter Langdon, het chirurgie ondergaan en sy toestand was ‘n rukkie gelede volgens ‘n hospitaalwoordvoerder bevredigend.
Die SAPD wou nie bevestig of die bestuurder van die bakkie wat in die groep vasgery het, en deur omstanders geïdentifiseer is as mnr George Aspinell (62) van Buffelsdrift, Ladismith, gearresteer gaan word nie. Hy is tans in ‘n plaaslike hospitaal waar hy vir skok behandel word.
Oudtshoorn. 8 Maart 2010. 09h15. Drie fietsryers van Oudtshoorn is vanoggend omstreeks kwart voor ses op die toneel dood nadat ‘n bakkie in ‘n groep van 9 ryers op die R62 vasgery het.
Nog ‘n man is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem.
OO weerhou die name van die oorledenes en die beseerde omdat nie al die naasbestaandes nog ingelig is nie.
‘n Beige Isuzu-bakkie het ‘n vragmotor wat in die rigting van Oudtshoorn op pad was, ongeveer 9km buite Oudtshoorn verbygesteek en die ryers getref. Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag teen ‘n 62-jarige man van Ladismith.
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
Tragiese gebeurtenis. Sterkte aan die gesinne en geliefdes.
Motoriste, die Argus is amper verby en dan is die fietsryers minder op die pad. Wees geduldig, Ek hoop net dat die persoon wat die bakkie bestuur het wel die straf kry wat hom toekom. x 3
Jy meneer bestuurder! As jy 10 sekondes gewag het voor jy die vragmotor verbygaan het kon 3 mense nog gelewe het!
Sterkte aan elke familielid en vriend van oorledenes en beseerdes. Ons dink aan julle en bid vir julle.
Weet julle hoe moeilik is dit om soggens teen sonopkoms op Calitzdorp pad vooruit ‘n fietsryer raak te sien??
VOOR ONS OORDEEL RY MORE DAAI PAD DIESELFDE TYD EN KYK VIR JULLESELF.
Fietsryers, hoe tragies die voorval ookal, moet baie selektief op groot paaie ry – kies julle paaie en veral die tyd wat julle ry so, dat julle altyd ver vooruit sigbaar is en kyk gereeld op.
Ons dorp kan nie nog tragedies van hardlopers en fietsryers bekostig nie.
Ek het groot simpatie met die naasbestaandes, hierdie mense was aan my goed bekend.Ek is oortuig daarvan dat hulle op hierdie oomblik terwyl ons huil ,met vreugde by Jesus se voete sit!
Daar is ander wat naelskraap aan die dood ontkom het, ek is saam met u geliefdes dankbaar dat u nog n kans op lewe gekry het.Waardeer u mense en u vriende, leef met dankbaarheid teenoor ons Verlosser dat u nog n kans gekry het, die genade is dalk groter as wat u besef!
Laat ons ander maar seker maak dat ons gereed is om ons Verlosser te ontmoet, menige mense sien nooit weer die sonsondergang of opkoms nie.–soos ook in hierdie tragiese gebeure. Die heel tragiese van die dood is, dat ons dalk nooit weer ons geliefdes sal sien nie—vanwee ons onverskilligheid en hardkoppigheid!
Vir die van ons wat gered is, is daar die opstanding tot die ewige Lewe saam met Vader en ons geliefdes wat in Christus Jesus gesterf het! Watter ongekende vreugde en blydskap!
Die Wederkoms is baie naby, myne mag vandag plaasvind! Here mag u my aanneemlik vind wanneer U my kom haal!
As daar iemand in hierdie gemeenskap is wie ek onwetend veronreg het, vergewe my en kom praat met my asseblief dat ons op Bybelse wyse die saak uit die weg ruim.
Ek nooi u asseblief, moenie uitstel nie, want onvergewensgesindheid verhoed gebedsverhoring, dis n meulsteen om u nek, asseblief—doen dit vandag—more kan vir ewig te laat wees!
Ek wag met ope arms!
My boodskap? Maak doodseker waar jy jou oe gaan oopmaak as jy jou geliefdes agterlaat, Jy kan seker wees, JY MOET SEKER WEES!!!!