EdenOnline

Uiteindelik: Die Pietersen-appèluitspraak

Posted in Uncategorized by edenonline on March 5, 2010

Teen vanaand het Oudtshoorn nie meer ‘n munisipale bestuurder nie

‘n Besluit van ‘n raad wat die raadslede van Chelm* na Nobelpryswenners laat lyk, het die gevolg dat die waarnemende munisipale bestuurder, Wessel Rabbets, nie meer ‘n kontrak sal hê nadat uitspraak later vandag in die Noël Pietersen-appèl gelewer is nie.

Klik op die advertensies

Oudtshoorn. 5 Maart 2010. 06h00. Op 16 Februarie het OO die agbare uitvoerende burgemeester formeel gevra om op die volgende aspekte van Noël Pietersen se appèl van 19 Februarie kommentaar te lewer:

1. Bevestig asseblief dat ds Noël Pietersen se appèl Vrydag aangehoor word.
2. Waar vind die verhoor plaas?
3. Wie is die voorsittende beampte?
4. Wie verteenwoordig die munisipaliteit?
5. Wie verteenwoordig Pietersen?
6. Is die saak een van arbitrasie?
7. Bevestig asseblief dat die waarnemende munisipale bestuurder se kontrak gekoppel is aan die afhandeling van die Pietersen-saak.
8. Bevestig asseblief dat die waarnemende munisipale bestuurder se kontrak beëindig word by die afhandeling van die Pietersen-saak; ongeag die uitkoms.
9. Waarom word die mense van Oudtshoorn nie ingelig oor die appèl nie, synde veral dat Pietersen se saak opslae gemaak het en wyd gerapporteer is – en, verál, indien die antwoorde op items 8 en/of 9 ja is?

Die burgemeester het haar nie verwerdig om OO se navrae te beantwoord nie.

Op 23 Februarie skryf OO toe maar vir die arme burgemeester:

Geagte burgemeester
Jy het nie meer nodig om op hierdie navraag te reageer nie; jou swygsaamheid spreek boekdele.

Die burgemeester het steeds geswyg.

En toe raak die komieklikheid van ‘n onbeholpe “uitvoerende” burgemeester ‘n irritasie en skryf OO op 3 Maart as volg:

Geliewe die uitkoms van die Pietersen-appèl op 19 Februarie vandag te openbaar. Hierdie inligting is van kritiese belang in ‘n… U samewerking word waardeer.

Tjoepstil. De Jager vat werklik die koek.

OO bel toe maar. Stempos: “Hallo, it’s Diane…”

OO laat toe maar ‘n stemposboodskap met die nodige irritasie-infleksies en duidelike minagtingsnadruklikheid.

Tjoepstil.

Toe laat weet OO die LUR vir plaaslike regering: “De Jager weier info re Pietersen-appèl sedert 16Feb! Onhoudbaar! Info nodig in… Spreek haar asb ssm aan!

Tjoepstil. Selfs nadat die LUR haar, volgens ‘n bron na aan die burgemeester se kantoor, laat weet het sy moet praat.

P-a-t-e-t-i-e-s!

Die waarnemende munisipale bestuurder se voortgesette betrokkenheid is nou uitgelewer aan die verspotte en ondeurdagte raadsbesluit om sy termyn aan die afhandeling van die Pietersen-saak te koppel.

Wessel Rabbets is amptelik nie meer Oudtshoorn se MB wanneer die Pietersen uitspraak gelewer is nie. Sláág Pietersen se appèl – die kanse hierop is verdwynend klein, volgens kundiges na aan die saak – is hy weer Oudtshoorn se munisipale bestuurder. Verloor Pietersen is Rabbets se kontrak in elk geval uitgeloop omdat die raad Rabbets se kontrak aan die afhandeling van die Pietersen-saak gekoppel het: Wén Pietersen, verloor ons; verloor Pietersen, verloor ons. Daarom die verwysing na Chelm*.

En Diane de Jager is tjoepstil.

Hóé het dit gekom dat hierdie vrou Oudtshoorn se burgemeester geword het!?

Wat ‘n verleentheid vir ons pragtige dorp!

Hóé gedoog die DA iemand wat so duidelik nie opgewasse is nie!?

* Chelm, ‘n legendariese dorpie met deurmekaar, onnosel, simpel, bekoorlike mense.

Weet dadelik! Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn. Weet voordat die nuus môre en volgende week in koerante verskyn. Weet nóú!

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn

Klik hier om terug te gaan na die Eden24 voorblad

5 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Gert said, on March 5, 2010 at 9:14 am

    Knap gedaan OO !!! Ek het nog noooit die uitdrukkings wat hier gebruik word gehoor nie , maar dis selfbeskrywend.

    “Irritasie infleksies” en “duidelike minagtingsnadruklikheid”

    Dis asof ek die irritasie en minagting in u stem kan hoor.

    Maar Diane de Jager verdien dit.

    Sowat van minagting vir haar kiesers het ek nog nooit teegekom nie.

    Sowat van onbekwaamheid vir n pos is skaars. Selfs in die vinnig deteriorerende nuwe Suidafrika.

    Ek kannie meer saam met u stem in u beskuldigende, moedelose vrae nie.

    “Hoe het dit gekom dat hierdie vrou Oudtshoorn se burgemeester geword het?” en

    “Hoe gedoog die DA iemand wat so duidelik nie opgewasse is nie?”

    Diane, hoe op dees aarde dink jy kan jy die saak reg swyg? Vertel jou kiesers iets man! Enige iets. Dan weet hulle darem jy het n kant van die storie. Nou lyk dit of jy skuldig is aan al die onbekwaamheid waarvan jy beskuldig word. Soos jy nou aangaan is jy n verleentheid vir alle denkende kiesers binne en buite jou party. Jy minag ons. Jy gly al hoe vinniger op die vrotheidsskaal afwaarts.

    Daar sal verseker deur die kiesers met jou afgereken word. Die DA Provinsiale bestuur is klaarblyklik onkapabel. Maar menere, kan julle nie sien watter skade die vrou die DA se beeld aandoen nie? Doen dan om die DA se onthalwe iets , as julle dan nie worrie wat van Oudtshoorn word nie!!!!

  2. 007 said, on March 5, 2010 at 9:25 am

    DIS DAREM N ONVERWOORDBARE SKANDE!
    WIL DIE DA VAN ODN DIE VOLGENDE VERKIESING WEN???????? IS JY ERNSTIG ??? RERIG? EK WEET NIE SO LEKKER MET SULKE ONNOSELHEID NIE!

  3. Nic Barrow said, on March 5, 2010 at 10:07 am

    Kan Oudtshoorn in ‘n groter gemors wees met die huidige Raadslede? ‘n Wenk aan die Dianne de Jager – Ek sien Kawa (dis nou Malema se kleinboetie) is net leliker en vetter en dommer en het nie eens ‘n drivers license nie en gaan nog kriminaal vervolg word oor goeters wat hy met karre van die belastingbetaler gedoen het en moet nog vir ons se waar hy bly en moet ook nog se wat hy met die caswash gedoen het en ook wat hy met die tjelt van die Toesime Buro op De Rust gedoen het en wat hy ook met die geld van die sopkombuise gedoen het hy moet ook nog vir ons kom se hoekom hy so ‘n groot bek het. Iemand se hy het ‘n regte kom moer my gevreet. Daar is nog baie ander denge – ewenwel ek sien hy het ‘n klagte van bedrog teen antie Dianne gaan le. Dis nou bullshit en hy probeer net goedkoop publisiteit kry. Om weer terug te kom na die wenk aan Lady Di, sy moet ‘n klagte teen grootbek Kawa gaan le vir kwaadwillige vervolging. Sy kan my bel – ek sal haar van verdere regsadvies, gratis voorsien. Kawa (dis nou die ou sonder adres) moet vir eens en vir altyd op sy moer kry

  4. nico ungerer said, on March 5, 2010 at 10:10 am

    Ek het nog altyd n mate van agting vir die dame gehad,maar ongelukkig laat haar gebrek aan bestuur van haar posisie as Bmeester en lid van die DA my nou anders dink.
    Die Provinsiale DA se doodse stilte bring my as ywerige DA lid tot stildstand. Ek glo nie dat my stem vir hul enigsins iets beteken nie!
    Ek kan nie n pad met sulke onbevoegde mense loop nie!

  5. liegvlieg said, on March 5, 2010 at 5:43 pm

    Tog te jammer dat meeste van OO se lesers almal die sentimente van ál die bogenoemde kommentare aanhang. Ons stem met omtrent alles, wat deur wie ookal gesê word, saam.

    Maar, vir wie stem jy ? Ongelukkig nie meer vir ‘n persoon nie, maar jy bring ‘n stem uit @ die meerderheidsparty. Ongebloodylukkig IS daar net 1 party om voor te stem wat hoegenaamd ‘n indrukkie maak @ die ANC. Wat sal ons doen as Gelderblom nou as DA kandidaat sou staan? Vir die ANC stem ? ( Ek – en julle wat so sanik – sou beslis vir me De Jager gestem het. ) Ons het van beter gehoop.

    Interressant hoe die geskiedenis homself herhaal. Ek dink aan leiers soos Verwoerd, waar alles begin het – voor 1960 was daar nie appartheid nie. Ons het saam in die poskanroor tou gestaan. Almal ken sy ongelukkige einde. Toe kom Vorster. Formidabel.
    Maar toe sy bestuurstyl nie na wense is nie word hy uit die kussing gelig deur PW. Toe die krokkodil se tyd verby is, word hy deur sy eie agterryers omgedop en FW stap in net om weer uit te stap en nou deur jan alleman uitgetrap te word. Met die vorige verkiesing was ALMAL maar te bly : tannie Dianne is in. Hoera Hoera. Maar noudat haar tyd uitloop – is sy nie meer almal se hoera nie. Dalk met reg !!

    Hikkie, Nic, Danie, Leon, Pieter, moet tog nie dat ons ook oor 4 jaar dieselfde van een van julle sê nie.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.