Hier’s ‘n gróót skroef los
Pietersen-saak steeds onafgehandel
Hierdie berig word onder “politiek” en nie onder “administrasie” nie, gepubliseer.
Klik op die advertensies
Oudtshoorn. 5 Maart 2010.15h30. Vandag se Pietersen-uitspraak was in alle opsigte onbelangrik.
Die munisipaliteit se regsverteenwoordigers het vanoggend aan OO bevestig dat die voorsittende beampte slegs ‘n tussentydse bevel gaan uitreik – “vandag, of deur die loop van volgende week” – oor een enkele aspek: Of Pietersen toegelaat gaan word om mondelinge getuienis aan te bied tydens die appèl.
Dit is tans onduidelik presies wanneer die onbeduidende omvang van hierdie uitspraak aan munisipale amptenare en raadslede bekend geword het.
Daar was gister nog konsensus dat die waarnemende munisipale bestuurder, Wessel Rabbets, se kontrak vandag sou verstryk. Dit is inderdaad nié die geval nie en daar word nou bespiegel dat ‘n brief van die munisipaliteit se regsverteenwoordigers wat laat gister onder raadslede versprei is, die werklike onbenullige omvang van vandag se uitspraak eers toe rugaar laat word het.
OO meen die ware toedrag van sake was geruime tyd reeds aan bepaalde amptenare en raadslede bekend.
OO ruik iets baie, baie vrot.
Dis soos om na ‘n stel syfers te kyk en instinktief te weet iets is nie reg nie… en dan tref dit jou ‘n week later oor ‘n dop.
Wees verseker dat OO Maandag ‘n besonder interessante berig oor hierdie aangeleentheid sal publiseer. En, natuurlik, is hierdie vreemde narrespel aanduidend van ‘n veel groter vrot. Dis hoog tyd dat die senior amptenary en die raadslede van Oudtshoorn begin besef die dorpenaars is nie dorpsidiote nie.
Iewers is ‘n meesterpoppespeler aan die werk.
Hoekom?
Weet dadelik! Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn. Weet voordat die nuus môre en volgende week in koerante verskyn. Weet nóú!
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
Ruik jy nou-eers die vrot-ROT?