EdenOnline

Pietersen; Gutas; Matthysen; Williams; Visagie…

Posted in Uncategorized by edenonline on March 4, 2010

… en Lynne Brown en Pierre Uys en Louis Scheepers:
Iemand moet betáál vir die verkragting van Oudtshoorn

Die gevolge van die Wes-Kaapse ANC-Regering se administrasie van 2007 kos Oudtshoorn enórme bedrae geld. Dis tyd dat iemand aangekla word vir die verkragting van Oudtshoorn!

Klik op die advertensies

Oudtshoorn. 4 Maart 2010. 08h30. Genoeg is genoeg.

OO is baie lief vir aksente en uitroeptekens en punktuasie. Maar slegs ‘n eenvoudige “genoeg is genoeg” is hier… genoeg.

Drie datums in die onlangse geskiedenis is bepalend vir Oudtshoorn:

19 Maart 2007 – Louis Scheepers neem beheer van die Oudtshoorn munisipaliteit oor nadat die Wes-Kaapse ANC-regering die dorp onder administrasie plaas;

3 Augustus 2007 – Noël Pietersen word die munisipale bestuurder;

18 September 2007 – Die administrasietydperk eindig.

Dat drie van die mees senior amptenare wat op Oudtshoorn aangestel is as ‘n direkte gevolg van administrasie reeds geskors of teruggegee (weggejaag! – die getemperde skrywe het nie lank gehou nie!) is, is reeds ‘n aanduiding van die skade wat die voormalige ANC regering van die Wes-Kaap aangerig het.

Uitspraak in Pietersen se appèl van 19 Februarie word eerskomende Vrydag gelewer. Die burgemeester het nog niks hieroor gesê nie, alhoewel OO haar reeds op 16 Februarie skriftelik om kommentaar gevra het en gister per e-pos en per stempos gepols het nadat OO die LUR vir plaaslike regering gevra het om die burgemeester te laat praat. Steeds níks!

Pietersen – die Scheepers aanstelling – is genadiglik reeds weg en indien hy die oorweldigende odds teen hom oorleef, wag daar, so verneem OO, selfs erger aanklagte teen hom as die waaraan hy skuldig bevind is. Die finansiële gevolge van die geprosesseerde aanklagte, sowel as die onverwerkte aanklagte, moet getakseer word! Hoekom? OO sal nou-nou sê.

Gutas – die raad se aanstelling! – is óók genadiglik reeds weg. Geskors. Word tans verhoor. Die finansiële gevolge van die geprosesseerde aanklagte, sowel as die onverwerkte aanklagte wat steeds kop uitsteek moet getakseer word! Hoekom? OO sal nou-nou sê.

Matthysen is úitéindelik! weg, nadat die amptenary en die raad en die DA-LP hom máánde lank beskerm het. Hierdie man het Oudtshoorn onwelvoeglike skade berokken – van sy flirtasie met vreemde rekeningkundige stelsels tot sy patetiese óéps! toe hy nooit so ver gekom het om die R5 miljoen wat die Ontwikkelingsbank vir Oudtshoorn wou gegee het, versoek het nie. Die finansiële gevolge van Matthysen se bestuursaborsie moet getakseer word! Hoekom? OO sal nou-nou sê.

Chantelle Williams – wíé!? – Chantelle Williams, ons regsadviseur! (met ‘n drie-jaar BA Law van Fort Hare) is stééds met ons. Soms. Sedert Januarie, so word gesê, was sy reeds ses weke “met verlof” – enige en alle soorte verlof: gewone-, siek- en menslikheidsverlof. OO het absolute simpatie met Williams nadat haar moeder glo onlangs afgesterf het… maar OO sou graag wou sien dat die menslikheidsverlof hiervoor ge-oudit word, want daar was uiteenlopende stellings oor presies op watter Saterdag die begrafnis plaasgevind het.

OO het die waarnemende korporatiewe bestuurder, Deon Visagie, verlede jaar gevra om aan te dui hoeveel dae Williams aanwesig was sedert Januarie 2009. (OO het gereken dit sou dalk makliker wees om die áánwesige dae te tel as die áfwesige dae…) Visagie het geredelik ingestem en toe, die volgende dag, omgeswaai en ‘n aansoek in terme van die Wet op Toegang tot Inligting geëis. Dis om van op die grond rond te rol in krampagtige lagbuie! OO het nie die moeite gedoen nie.

Op haar wagbeurt het Williams (wanneer sy so af en toe op die stadsmuur gewaak het!), onder andere, toegekyk hoe die raad bykans R2.5 miljoen wederregtelik aan Christo van der Mescht uitbetaal en ‘n aanbod, wat waaragtiglik onder haar oë moes gekom het, van R5 miljoen van die Ontwikkelingsbank, geïgnoreer word. En dan is daar nog voortslepende ondersoeke… kan Oudtshoorn die oordeel van hierdie drie-jaar BA Law afgestudeerde van Fort Hare vertrou!? Kan ons? Kán ons!?

En dan is daar die matriekseun vir wie ons elke jaar R800,000 skenk – die waarnemende korporatiewe bestuurder, Deon Visagie, met sy CV sonder substansie. Die onrusbarende aantal uitstaande items – raadsbesluite; komiteebesluite; notules; navrae van die publiek; onderlinge navrae en so aan en so meer en so voorts – in die munisipaliteit kan voor Visagie se deur gelê word… die gevolg van die feit dat hy nie sy eintlike pos in registrasie onder die knie kon kry nie (klik hier), en nou is korporatiewe bestuur aan hom toegeken! Wat het die raad besiél!?

Visagie is ‘n gemoedlike man met ‘n bekoorlike bry; die man se r’e is ‘n lus vir die oor. Deon is ‘n ou saam met wie ‘n mens waarskynlik heerlik kan braai en rugby kyk. Nes tannie Diane waarskynlik een van die beste en stylvolste gasvroue is wat ‘n mens kan hoop om te ontmoet. Maar hulle joppe het hulle lánkal verswelg. Hulle is gewoon nie goed genoeg om hulle werk te doen nie.

Hoe kan OO só iets sê van die agbare uitvoerende burgemeester?

Wel… sy was die burgemeester gedurende die tydperk waaroor OO praat! Punt.

O, ja: Hoekom moet die skade wat Oudtshoorn se amptenare sedert 19 Maart 2007 veroorsaak het getakseer word?

Want OO reken die Wes-Kaapse regering moet daarvoor opdok.

Nee, dis nie ‘n grap nie. OO het reeds op 24 Februarie verlede jaar geëis dat die destydse premier, Lynne Brown, Oudtshoorn vergoed vir die skade van haar regering se administrasie – klik hier.

En op 27 Januarie verlede jaar het OO reeds geëis dat die koste van die gang-rape van Oudtshoorn getakseer word – klik hier. Chantelle Williams het dié versoek geïgnoreer en nie eens telefoonoproepe daaroor beantwoord nie. Toe OO haar onder vals voorwendsels uiteindelik op die telefoon kry – na véle en véle en véle besoeke aan haar leë kantoor – het sy gesê sy’s in ‘n “mietieng” en sal terugbel. Yeah. Right. Nooit weer van haar gehoor nie. Kan Oudtshoorn die oordeel van hierdie drie-jaar BA Law afgestudeerde van Fort Hare vertrou!? Kan ons? Kán ons!? Kan ‘n mens haar op haar woord neem?

Pierre Uys – die voormalige Nat wat destyds die ANC-LUR vir plaaslike regering was, het op 26 Maart op OO se brief aan Brown gereageer en benadruk dat die ANC nie daarvoor bekend is om vir sy flaters te betaal nie – klik hier.

Iémand moet betáál vir die gang-rape van Oudtshoorn!

Weet dadelik! Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn. Weet voordat die nuus môre en volgende week in koerante verskyn. Weet nóú!

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn

Klik hier om terug te gaan na die Eden24 voorblad

3 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Nic Barrow said, on March 4, 2010 at 9:40 am

    OO ek het in die verlede ook vreeslik gesukkel om Chantelle Williams in die hande te kry. Sy beantwoord eenvoudig geen navrae nie en bel nie terug nie. Volgens mense in die gange is sy nooit by haar lessenaar nie. Ek wag ook vir die Universiteit van Fort Hare om te bevestig of haar graad geldig is.

    Jy het vergeet om te noem dat Pierre Uys ook ‘n groot broederbonder was en saam met Johan Gelderblom, Kortbroek (of is dit nou onderbroek) Van Schalckwyk en seuntjie Gaum na die ANC oorgeloop het vir ‘n vrot wortel. Ek het destyds al gevra of daar ‘n pakt tussen die swartskoene en die ANC was? Niemand sal dit seker kan antwoord nie. Nic Barrow

  2. 007 said, on March 4, 2010 at 9:57 am

    Meneer, in my opinie beteken n graad van Fort Hare” blow sweet buggerall.”!!!! Hoor my lied meneer—ZERO! Volgens my opinie kyk hulle studente hul eksamens deur die venster af!
    Die Woord se: n Mens word aan sy vrugte geken–n doringboom dra nie vye nie ,ens.
    Te oordeel aan die geagte dame se afwesigheid by die werk, klink sy my na n doringboom wat haar voorhou as n vyeboom! Waar is die’ Fort Hare BA Law’ vrugte?
    Advokaat se jy? you must be joking!!!!!
    Dit meneer is KORRUPSIE met HOOFLETTERS!!!!!!!!!!!
    Sy kom nogal met dieselfde OOSTEWIND wat Oom Noelie hier aangewaai het!
    Sal ons mense in beheer asb liewer mense uit die Wes-Kaap in poste aanstel?
    Die Oos-Kaap het hoofsaaklik “skewe’ mense, ek praat uit dure ondervinding–ek doen reeds amper 40 jaar sake met mense uit die O-Kaap, noodgedwonge, nie uit vrye wil nie! Ek verkies W-kapenaars enige dag, waar die ‘skewes’ heelwat minder is!
    Ek is van mening dat ons mense op plaaslike bestuur ”skeef’ geforseer word deur sekere ‘skewes’ op die politieke front wat net vir eie gewin voorsiening wil maak.
    Dis tyd dat hierie mense wakker geskud word!–vinnig ook!

  3. Patriot said, on March 4, 2010 at 2:50 pm

    Meneer my vraag bly staan. Wie gaan namens die belastingbetaler optree ? Enige iemand daar buite ?!

    Dit is die dilemma waarmee ons sit in Oudtshoorn. Nie eers die DA kan sy kiessers hierin verteenwoordig nie aangesien die DA raadslede hulself skuldig maak aan hierdie korporatiewe wanbestuur.

    kan ek vra dat u asseblief die kantoor van die speaker nader en vra dat hy kommentaar llewer oor die gebeure met toepaslike oplossisngs Die kwessie kan tog mos nie net in die lig bly hang nie ?


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.