Vandag se begroting
GRAP-nakoming en nasionale tesourie se nuwe begrotingsformaat vir munisipaliteite skep verwarring by Jan en alleman.
Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.
Oudtshoorn. 31 Maart 2010. 07h00. OO het gister berig dat die begroting wat vanoggend voor die raad dien ernstige voorskriftelike gebreke bevat.
Die begroting is deur die munisispale konsultante, Mubesko, opgestel. En Mubesko verseker OO dat die integriteit van die begroting bo verdenking is.
Die begroting voldoen aan al die GRAP-standaarde en omdat Mubesko juis getaak is om die munisipaliteit GRAP-nakomend te maak (én omdat Oudtshoorn nie die finansiële menslike hulpbronkapasiteit het om dit self op te trek nie) is Mubesko gevra om die begroting te doen.
Volgens wetgewing moet die munisipale begroting teen 31 Maart voltooi wees en dan vir openbare kommentaar beskikbaar wees voordat dit op 31Mei gefinaliseer moet wees. Vertrou op Oudtshoorn om die begroting óp die keerdatum voor die raad te bring, nadat raadslede die vorige dag ‘n kopie ontvang het.
Whatever minds are in play could therefore only have been applied, such as it is possible, since yesterday.
Die begroting is egter nie in die nuwe voorgeskrewe formaat wat deur nasionale tesourie vereis word nie. Mubesko meen dat “feitlik geen munisipaliteit” begrotings teen vandag in hierdie nuwe formaat beskikbaar sal hê nie.
Presies wat dié feit met Oudtshoorn te make het was nie onmiddelik duidelik nie.
Die nuwe voorskrifte vereis glo 48 sigbladkomponente, onderling interaktief, wat sewe jaar, drie histories, se inligting saamvat. Dit neem baie tyd in beslag om dié sigblaaie (spreadsheets) voor te berei en dit moet in elk geval verander word wanneer begrotingsaanpassings voor 31 Mei gedoen word. Dit blyk dus omsigtig (prudent) te wees om die nasionale tesourie-formaat eers nader aan die finale keerdatum te gebruik…
Finansiële sagteware word glo tans aangepas om die nasionale tesourie-sigblaai outomaties by te werk. Dié aanpassings is glo byna voltooi en toekomstige begrotings sal dus op 31 Maart reeds aan die voorgeskrewe formaat voldoen en bygehou word soos aanpassings voor die 31 Mei-keerdatum bygewerk word.
Volgens Mubesko was die begroting nie deel van sy aanvanklike opdrag nie en staan die maatskappy in om Oudtshoorn se gebrek aan kapasiteit en relevante kundigheid tegemoet te kom.
Vir die uitstaande gehalte van sy werk moet Mubesko bedank word.
Maar hoe op aarde kan Oudtshoorn stééds – na máánde se blootstelling aan uitmuntende konsultante soos MeyerOtto en Mubesko en ‘n nuwe! beter! munisipale bestuurder – nie die kapasiteit hê om ‘n begroting – ‘n jáárlikse finansiële aktiwiteit! – op te trek nie!?
Verbysterend! En OO het nog ‘n rits byvoeglike naamwoorde wat, in hierdie geval, op gereelde aandrang van ‘n baie getroue leser weerhou word.
Daar is op Beroerdplein net té min geredelik beskikbare inligting en té veel verduidelikings waneer papajas gevaarlik naby aan waaiers kom.
Something is rotten in the State of Denmark. Willie Wikkelspies se stories bly darem maar relevant en tersaaklik. Maar daar gaan OO al weer met ‘n snarsie toutologie en so byna nog ‘n byvoeglike naamwoord of twee.
Of selfs meer as twee.
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
Ons betaal Leon Dorfling se regskuld vír hom
Bredell stuur ‘n protesbrief.
Is die LUR vir plaaslike regering ‘n dapper muis, of wát!?
Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.
Oudtshoorn. 31 Maart 2010. 06h00. Die Edenraad het gister die burgemeester, Leon Dorfling, se regskuld afgeskryf.
OO het maande lank hieroor gewaarsku – beide op hierdie blog en in persoonlike korrespondensie met die LUR vir plaaslike regering, Anton Bredell.
Dít nadat Nic Barrow Dorfling se skuld oopgevlek en aan die groot klok gehang het. (Klik hier en hier vir berigte oor hoe Barrow Dorfling gekonfronteer het oor die skuld.)
Bredell het Maandag op ‘n middagete gesê dat hy spoedeisend sou optree om die afskrywing te verhoed – nadat hy reeds maande gelede kon opgetree het!
Bredell het Dinsdagoggend inderdaad ‘n brief aan die Eden speaker gestuur waarin hy met stappe dreig indien die raad Dorfling se skuld sou afskryf.
Het Bredell die kroonjuwele om sy dreigement gestand te doen?
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
Jac Bekker “ruk OO in die bek”
DA kragman bult spiere. OO skrik hom boeglam.
Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.
Oudtshoorn. 31 Maart 2010. 06h00. Die DA LP vir Oudtshoorn, Jac Bekker, het glo sy koukus – die DA-raadslede wat hy namens Theuns Botha oppas – vertel hoe hy OudtshoornOnline “in die bek geruk het” tydens die middagete met Anton Bredell Maandag.
OO onthou die ontgogeling goed. Dit was, met erkenning aan een van my gunsteling politici, Australië se John Keating, soos om met ‘n warm kropslaai gemoker te word.
OO se standpunt is eenvoudig: Die uitvoerende burgemeester, raadsdame Diane de Jager en die voorsitter finansies, raadsheer James Swigelaar en die LP, Jac Bekker, moet vervang word. Kollektief is hulle soos ‘n dooie karkas wat winddroog aan ‘n tak hang en niemand is lus om naby die klank te kom om dit los te sny nie; soos ‘n akkedis op ‘n Karooklip: lewendig maar lyk kompleet (sou my ouma gesê het) dood.
Jac Bekker het nog nie ‘n politieke plan in Eden of in Kannaland of op Oudtshoorn laat werk nie. Sy base in Waalstraat moet die geduldigste dowwe op aarde wees:
Kallie Baartman*; Anthony Ewerts*; Fareed Stemmet**, Leon Dorfling**; Tinus Matthysen, MC Botha, Wessel Rabbets: Almal mense sonder wie Eden en/of Oudtshoorn en/of Kannaland – en verál, die DA! – nie kon klaarkom nie.
Swigelaar en Biljohn: raadslede sonder wie se matelose en perkelose gewildheid en kiesersondersteuning die DA ‘n politieke uitwas sal wees!
Aldus die DA LP vir Oudtshoorn, Jac Bekker.
OO was tot nog toe heel bereid om ‘n pad met Bekker te probeer stap. Maar na Maandag se verwysing na die waarde van, byvoorbeeld, raadslid Sonja Biljohn, gaan OO net eenvoudig nie meer Bekker se geneul oor sy moeilike jop en die o, so onvolmaakte teater waarin hy sy broderigheidjie in die sweet van sy aanskyn moet verdien, verduur nie.
OO sal nié ‘n woord sprak of ‘n vinger verroer om Diane de Jager en James Swigelaar en Sonja Biljohn en Mary May en Chris Stemmet verkies te kry nie. OO sal sy ondersteuning van die DA in heroorweging neem as selfs net één van hierdie huidige raadslede weer ‘n kandidaat is in 2011.
Die huidige DA koukus is nikswerd. Die LP babawagter pas by die koukus.
Die DA sal nie ‘n verkiesing op Oudtshoorn wen met die huidige raadslede nie. En Bekker reken die huidige lotjie is onvervangbaar.
Die DA koukus op Oudtshoorn het sy rug op die dorp gekeer en het nou die verwaandheid om te reken dat die dorp agter hom is.
OO in die bek geruk. Assebliéf tog! Wag en sien. OO het nog sommer báie te sê!
Soos dat Jac Bekker die vrotste politieke aanstelling is sedert Caligula (Gaius Caesar Germanicus) sy perd, Incitatus, ‘n senator gemaak het. (Klik hier as jy rêrig meer oor dié opgemaakte storie wil lees.)
* Kêsj en kontant was betrokke. OO weet en OO ken die details.
** Kesj, as vergoeding vir senior poste, was betrokke. OO weet en OO ken die details.
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
Oudtshoorn munisipaliteit ontvang toekenning vir vroeë spandering.
Spoedige uitvoering van kapitale projekte bevoordeel Oudtshoorn.
Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.
Oudtshoorn. 30 Maart 2010. 13h15. Oudtshoorn munisipaliteit het ‘n toekenning ontvang vir syvroeë spandering van MIG (Municipal Infrastructure Grant).
Weens die spoedige uitvoering van kapitale projekte met betrekking tot Strate & Stormwaterdreinering, Sportvelde en die opgradering van die Rioolwerke, is ʼn toekenning aan Oudtshoorn Munisipaliteit gemaak vir die vroeë spandering van R10,419,000 – die allokasie vir die 2009/2010 nasionale finansiële jaar.
Die 100% spanderings merk vir die MIG toekenning is bestem vir die einde van Maart 2010, en Oudtshoorn het hierdie prestasie alreeds gedurende Februarie 2010 bereik.
Indien die 31 Maart sperdatum nie gehaal is nie, sou die munisipaliteit syl ongespandeerde fondse verbeur het.
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
Praat; praat; praat; praat; praat. Praat
Die politici en die amptenary práát! Maar daar word nie juis gedoen nie.
Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.
Oudtshoorn. 30 Maart 2010. 07h30. Die LUR vir plaaslike regering, Anton Bredell, het gister verskeie vergaderings met raadslede en munisipale amptenare op Oudtshoorn gehad.
Daarna het hy ‘n midagete begewoon met ‘n groep sakelui en die media waar hy met vrae gepeper is deur, veral, lede van die DA Aksiegroep (DAAG).
Die wanbestuur; die onbeholpenheid; die bedrog; die diefstal van Beroerdplein is al tot vervelens toe op OO berig. Baie van hierdie aspekte is tydens die midagete opgehaal.
Bondig saamgevat, meen OO dat daar nie verandering op Oudtshoorn sal wees voor die munisipale verkiesing volgende jaar nie. Die DA-leierskap wíl en sál die status quo ten alle koste handhaaf. Verandering is gewoon polities riskant en verandering beteken dat bepaalde dinge gedóén moet word en politici kan net práát.
Die plaaslike sakeman, Hikkie Marais, het juis teen die einde van die gesprek gesê dat die tyd vir praat verby is en dat daadwerklike optrede – selfs uitdagende optrede – noodsaaklik geword het om Oudtshoorn se dorpsregering te suiwer.
Bredell het Marais se voorstel as gevaarlik afgemaak.
Bredell het gesê dat die uitvoerende burgemeester, raadsdame Diane de Jager, goeie werk doen om die koalisie (tussen die DA en die OD) in stand te hou. OO kan nie wag om die OD-raadslede se mening oor dié verregaande uitlating te verneem nie – en OO sal oor die kommentaar berig, alhoewel kommentators van die OD waarskynlik nie hulle name genoem sal wil hê nie. Miskien omdat hulle eerste reaksie woorde sal bevat wat selfs ‘n blogger nie kan publiseer nie.
Oudtshoorn se DA LP, Jac Bekker, het absolute stellings gemaak oor die kiesersteun van die huidige DA-raadslede en dat die DA nie ‘n verkiesing sal kan wen sonder die huidige DA-raadslede nie.
Wat ‘n smullekker ete het die Queens Hotel nie gister bedien nie! Uitmúntend! Maar so tussen die woorde wat gesluk moes word kon OO kon die kos beswaarlik in hou.
Van die DA provinsiale regering gaan Oudtshoorn tot met die volgende munisipale verkiesing niks meer kry as besoeke en woorde nie.
Hoe dúrf OO so negatief wees!?
Dís hoekom: OO het Bredell in November verlede jaar by twee geleenthede ernstig versoek om teen die Eden burgemeester, Leon Dorfling, op te tree en te sorg dat Dorfling sy skuld aan Eden vereffen.
Vandag is daar ‘n raadsvergadering in Eden waartydens Dorfling se skuld byna verseker afgeskryf gaan word. Bredell het gister aangedui dat hy sal moet spring voor “Woensdag” en hy moes daarop gewys geword het dat hy reeds moes gespring hét. Vier maande nadat Dorfling se skuld aan Eden vir die laaste, maar sóveelste maal onder Bredell se aandag gebring is, wil hy nou, ‘n paar sekondes voor twaalf, “optree”.
Hoe dúrf OO so negatief wees!?
Dís hoekom:
Na ‘n jáár van “regruk” het Oudtshoorn vandag – 30 Maart – ‘n kapasiteitskrisis wat bestuur reduseer bloot tot die woord wat na “bestuif” in die HAT verskyn.
Die pasaangestelde hoof finansiële amptenaar neem waar as munisipale bestuurder. Ons het dus nie ‘n munisipale bestuurder nie en die kritieke bestuursarea finansies het verdeelde aandag terwyl die begroting môre voor die raad dien… ‘n begroting, so verneem OO, wat ernstige voorskriftelike gebreke bevat.
Ons het nie ‘n korporatiewe bestuurder nie. Bredell probeer ene Trevor Botha van Stellenbosch oortuig om die pos op te neem.
Ons het nie ‘n direkteur gemeenskapsdienste nie – ene Walther Hendricks gaan die pos glo aangebied word.
Ons het nie ‘ direkteur tegniese dienste nie – ene MJ Rhode gaan glo die pos kry.
Bedrog en diefstal is aan die orde. Daar is nie ‘n sagter manier om dit te stel nie.
Daar dreig ‘n krisis in behuising wat OO vlugtig met Bredell bespreek het, wat Oudtshoorn potensieël miljoene kan kos.
Maar dit gaan goed op Oudtshoorn! Die burgemeester hou die koalisie bymekaar, alhoewel die LP steen en been kerm en kla dat hy die moeilikste jop in die veelal het om die burgemeester se uitmuntende werk tot voordeel van Oudtshoorn uit te voer met raadslede waarsonder Oudtshoorn verlore sou wees.
Berge val op ons; heuwels bedek ons!
Of…
Kom ons staan op teen hierdie lamsakkige “leiers” en doen sélf die nodige om Oudtshoorn uit die vieslike kloue van lamsakkige beroerdheid te red!
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
Polisie slaan toe op groot onderneming
Inhegtenisnemings kan volg
Wetstoepassingsorganisasies gaan wyd toeslaan in die Wes-Kaap om die vervaardiging van onwettige produkte wat deur die drankwet verbied word hok te slaan.
Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.
Oudtshoorn. 29 Maart 2010. 09h15. Die statistiekdiens Fact-a-Day het verlede week berig dat volwasse Suid-Afrikaners, ouer as 16, daagliks 551 ton (!) suiker in hulle kofiie en tee gooi en oor hulle ontbytkosse strooi.
Maar, so vertel ‘n voormailge werknemer van die maatskappy wat sake doen op twee persele wat Vrydag deur die polisie deursoek is, bepaalde huishoudings van mense wat by dié maatskappy werk se suikerverbruik maak Fact-a-Day se statistiek minder verbasend. Daar word glo enorme hoeveelhede suiker deur dié huishoudings aangekoop.
Bush Radio berig dat die SAPD, die SAID en die departement van landbou, visserye en bosbou Vrydag op die persele in Van der Rietstraat en Parkweg toegeslaan en 180,000 liter onwettige “produkte” gekonfiskeer het .
Drie tenks op die Parkweg-perseel en sewentien tenks op die van der Rietstraat-perseel is verseel nadat monsters geneem is vir forensiese analise.
Houers met produkte wat reeds vir die mark bestem was, is ook gekonfiskeer.
Volgens kaptein Bernadine Steyn, polisiewoordvoerder, is ‘n saak met twee aanklagte geopen: die vervaardiging en verspreiding van ‘n onwettige produk en versuim om te voldoen aan die drank registrasievoorwaardes.
Die beslaglegging is gedoen in terme van Operasie Lumka wat daarop gemik is om die verband tussen middelmisbruik en kontakmisdaad te bepaal.
Volgens Steyn is verskeie persele in die Wes-Kaap geïdentifiseer vir soortgelyke polisieoptrede.
Werknemers en selfs direksielede van die maatskappy wat sake doen op die twee persele, met wie OO oor die naweek gepraat het, het uiteenlopend op die beslaglegging gereageer:
Sommige was nie juis verbaas oor die gebeure nie. Die name van mense wat van oortredings verdink word is ook sonder meer genoem.
Andere het die saak afgemaak as ‘n blote verskil in interpretasie van relevante wetgewing tussen die maatskappy en die owerheid.
“Nou wat het die suiker met die saak te make?”, wou OO weet.
“Suiker is mos nódig!”, was die antwoord.
Wáárvoor?
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
Die Pietersen-kommissie: Nog geen sitting nie
Dis 9 dae nadat die raad besluit het dat ‘n kommissie binne 14 dae ‘n omvattende verslag oor die Noël Pietersen-regstatus aan die raad moet voorlê. Die kommissie het nog nie eens één maal vergader nie!
Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.
Oudtshoorn. 26 Maart 2010. 08h00. Die speaker, raadsheer Pierre Nel, het gisteroggend aan OO bevestig dat die lede van die kommissie wat oor die Pietersen-regsaangeleentheid aan die raad verslag moet doen reeds geïdentifiseer is, maar dat die kommissie nog nie met sy werksaamhede begin het nie.
Die raad het op 12 Maart eenparig aanvaar dat ‘n volledige verslag oor die langdurige regsaak van die voormalige munisipale bestuurder, Noël Pietersen, oorweeg moet word. Dié besluit is geneem nadat die uitvoerende burgemeester, raasdame Diane de Jager, ‘n verslag oor die Pietersen-aangeleentheid voorgelê het. Die raad se besluit op ‘n kommissie was ‘n dduidelike verwerping van die burgemeester se verslag.
Die raad het 14 werksdae opsygesit vir die kommissie se beraadslaging. Vandag is die negende dag en die kommissie het nog nie eens een maal vergader nie.
Die speaker het aan OO gesê dat die inligting oor die Pietersen-regsaak Woensdag om 12h00 by die tydelike waarnemende munisipale bestuurder se kantoor ingehandig moet gewees het, maar dat die inligting nié teen die keertyd ontvang is nie.
Die kommissie het va vandag af, nog ses dae oor om sy verslag, op die veertiende dag aan die raad te kan voorlê.
Maar die keerdatum – 2 April, is ‘n openbare vakansiedag. Die volgende werksdag is Dinsdag, 6 April.
Volgens die speaker is alle raadslede gewoonlik nie tydens skoolvakansies geredelik beskikbaar nie en sal die verslag waarskynlik moet oorstaan tot die volgende geskeduleerde raadsvergadering op 29 April.
Dit is ‘n ope vraag of die kommissie die nodige regstegniese kennis sal hê om die inligting, wanneer dit beskikbaar gestel word vir oorweging, te evalueer ten einde ‘n voorstel oor die Pietersen-saak aan die raad te maak.
‘n Lid van die kommissie het reeds hierdie besorgdheid met OO gedeel en gesê dat ‘n kundige dalk die kommissie sal moet bystaan. Hierdie kundige is nog nie geïdentifiseer nie en ‘n konsultant se onmiddelike beskikbaarheid is allermins ‘n gegewe.
Dis waarskynlik nie ‘n ernstige probleem dat die kommissie se werksaamhede laat begin nie, en dat die verslag baie moontlik laat voorgelê gaan word nie.
Maar dit is aanduidend van ‘n onverskillige (lackadaisical) omgang met die bestuur en die regering van Oudtshoorn.
Oudtshoorn se administrasie is by ‘n keerpunt. Die ingrype van die konsultante Mubesko en MeyerOtto en van die Ontwikkelingsbank en die teenwoordigheid van ‘n provinsiale verteenwoordiger om die herstelplan uit te voer, gee Oudtshoorn ‘n kans op volhoubare goeie administrasie.
Maar die munisipaliteit is sonder ‘n baas. ‘n Nuwe munisipale bestuurder moet spoedeisend aangestel word en die kommissie se traagheid kan moontlik ‘n besluit oor ‘n munisipale bestuurder verder vertraag.
Daar is nie ‘n energieke, raakvat bestuurshouding op Beroerdplein vaardig nie.
En Oudtshoorn verdien raadslede en amptenare wat Oudtshoorn se sake met toewyding en erns bestuur.
Dit is voorts ook ‘n aanklag teen die raad se bestuursparaatheid: daar was aanvanklik onsekerheid oor die veertien dae – was dit veertien kalenderdae of veertien werksdae? Daar is later duidelikheid gekry dat dit veertien werksdae sou wees. Maar het die raad rekening gehou met die vakansiedae in Maart en April? Met die skoolvakansie? Met die KKNK wat baie tyd opeis?
Die Pietersen-kommissie kon lánkal aangewys geword het en lánkal begin werk het en lánkal ‘n aanbeveling aan die raad gemaak het. Doelgerigte en doeltreffende leierskap is al way nodig was.
En, natuurlik, die raad het hom andermaal beroep op ‘n burgemeester wat so ‘n swak verslag oor die Pietersen-aangeleentheid gedoen het dat daar nie eens oor gestem is nie.
Oudtshoorn se bestuur is belángrik!
O, vir ‘n raad en ‘n amptenary wat dít besef en dienooreenkomstig met erns bestuur!
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
Politieke verantwoordelikheid
Swak administrasie al dan nie; die verkose politieke leiers moet pa staan!
Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.
Oudtshoorn. 25 Maart 2010. 11h00. Oudtshoorn se kiesers stel nie amptenare aan nie. Oudtshoorn se kiesers het slegs direkte invloed op die bestuur van die dorp deur verkose verteenwoordigers.
Die verkose verteenwoordigers wat Oudtshoorn se mense moet dien het oor die afgelope jare skrikwekkende onbetrokkenheid en onbeholpenheid openbaar.
Op 19 Februarie verlede jaar het die Wes-Kaapse DA-leier, Theuns Botha, die plaaslike DA-koukus van hulle besluitnemingsmagte ontneem en twee “babawagters” aangestel om toesig te hou oor die koukus se werksaamhede (klik hier). Slegs die huidige LP vir Oudtshoorn en Kannaland, Jac Bekker, is steeds in dié veto-hoedanigheid betrokke.
Bekker het veral twee goed gedoen wat die DA se politieke verantwoordelikheid bevraagteken: Hy het Tinus Matthysen laat aanstel en Matthysen se knoeiwerk maande lank verduur en selfs verdedig en hy het die voormalige munisipale bestuurder versoek om ‘n administrateur in die uitvoerende burgemeester se kantoor te vestig omdat die burgemeester nie die mas opkom nie.
Tydens Matthysen se termyn as (waarnemende) hoof finansies, het die DA voorsitter van die finansportefeulje – Oudtshoorn se “minister van finansies” – raadsheer James Swigelaar, gefaal om verskeie skreiende finansiële bestuurswanpraktyke aan te spreek, of selfs raak te sien – ondere andere:
Die Pietersen wanbetalings;
Die selfoonskuldskandaal;
Die Van der Mescht uitbetaling;
Die Matthysen dubbele eis;
Die Matthysen romanse met Abakus;
Die ongerymde uitbetalings aan Mazars Moores Rowland;
Die ongerymde uitbetalings aan B&T Personnel;
Die skandalige versuim om die Ontwikkelingsbank se R5m toegif op te eis;
Die administratiewe boewery waaroor OO reeds op 11 Maart verlede jaar berig het – klik hier;
Die ondenkbare versuim om toe te sien dat robuuste finansiële beheermaatreëls vasgelê word…
Dít terwyl Swigelaar op 8 Oktober verlede jaar op ‘n vergadering van sy portefeuljekomitee verklaar dat Oudtshoorn se finansies “kerngesond” is – Kérrrrn-gesónd! (Klik hier.)
Terwyl die DA se leiers sélf raadsdame Diane de Jager se onvermoë beken, en terwyl die DA leiers raadsheer James Swigelaar se toesighoudende onvermoë nie kán ontken nie, doen die DA níks om hierdie onkapabele raadsleiers – die mees senior politieke leiers op Oudtshoorn! – te vervang nie!
Die DA se onbetrokkenheid maak ‘n bespotting van die Wes-Kaapse leier, Theuns Botha, en die LUR vir plaaslike regering, Anton Bredell, se uitsprake oor “goeie regering” en “die beste kandidate vir poste” en hulle mooi woorde oor Oudtshoorn se strategiese belangrikheid.
As die DA werklik Oudtshoorn se belange op die hart dra, sal De Jager en Swigelaar verwyder word – voordat ‘n keelvol opposisie (én ‘n ewe keelvol koalisie-vennoot!) – dit vír die sluimerende DA doen.
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
Francois Barnard reageer heftig op OO se berig
Ondeursigtige munisipale bestuur skep erge misverstande en neem bestuurstyd van raadslede en amptenare op wat tot voordeel van Oudtshoorn aangewend kan word!
Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.
Oudtshoorn. 24 Maart 2010. 10h00. Francois Barnard het OO vanoggend skerp berispe oor die berig Forensiese ondersoeke kos Oudtshoorn honderde duisende en dit duidelik gemaak dat hy die mininum-bedrag vir sy ondersoek gevra het: sy rekening is minder as R200,000!
Barnard en OO het, nadat harde woorde wedersyds geval het, uiteindelik saam gelag en saamgestem dat as daar deursigtigheid van die munisipalietit was oor Barnard se aanstelling daar nié harde woorde nodig sou gewees het nie en daar minder, of selfs geen vrae nie oor sy aanstelling sou gewees het.
OO maak dit andermaal duidelik dat Barnard se integriteit en vermoë nooit betwyfel is nie; die bestuur van die munisipaliteit is egter onder erge verdenking.
Die obskurantisme van die afgelope maande – in die sogenaamde naam van deeglikheid! – het tot gevolg dat kosbare bestuurstyd tans gebruik word om agter die kap van die byl te kom oor verskeie onafgehandelde sake… bestuurstyd wat tot voordeel van Oudtshoorn aangewend kon word!
Raadslid Wilton Kawa van die ANC is byvoorbeekd reeds besig om ‘n regsaak oor Barnard se aanstelling aanhangig te maak – as hy die korrekte feite, wat hy reeds maande gelede wou hê, gekry het, kon hy ook sý tyd anders aangewend het!
Die bedenklike “gesprekke” verlede week tussen bepaalde raadslede en bepaalde amptenare oor die munisipale bestuur laat ‘n wrang smaak in die politieke mond. Gelukkig is daar tans genoeg opposisie-raadslede wat die DA se onbeholpe pogings om te knoei agtergekom het.
Die munisipaliteit moet léér: Deursigtigheid is die wagwoord!
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
Forensiese ondersoeke kos Oudtshoorn honderde duisende
Is dit nie maar béter om die werk die eerste maal rég te doen nie – om beheermaatreëls in plek te stel wat wanbestuur verhóéd nie… om die régte mense aan te stel om die werk in die eerste plek reg te doen nie!?
’n Aanvanklike oorsig van die veelgeroemde forensiese verslag van Francois Barnard maak één ding duidelik: Die munisipaliteit weet nie hoe om ‘n forensiese ondersoek te laat dóén nie!
Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies.
Oudtshoorn. 24 Maart 2010. 09h00. Francois Barnard se forensiese verslag is klaarblyklik nog nie aan die burgemeesterskomitee (BK) voorgelê nie. Sover OO kon vasstel het Barnard die BK gedurende die laaste week van Wessel Rabbets se termyn ‘n mondelingse oorsig van die verslag gegee.
Die eerste ding wat opval van die Barnardverslag is dat die munisipaliteit nie die vaagste benul het van hoe ‘n forensiese ondersoek gelas en bestuur moet word nie.
Dit is duidelik dat huidige ondersoeke onafhanklik van Barnard se mandaat veel meer ongerymdhede blootlê as wat Barnard teen hoë koste oor máánde heen, kon uitwys. Daar is egter geen rede hoegenaamd om Barnard se vermoë en integriteit te bevraagteken nie – hy het opgetree in terme van sy mandaat.
Maar daar is baie te sê oor die wyse waarop Barnard aangestel is… en, daar is selfs méér te sê oor die wyse waarop die vórige forensiese ondersoekspan, Mazars Moores Rowland, aangestel en die ondersoek bestuur is.
In die konsepverslag in OO se besit, sê Barnard dat Mazars aangestel is sonder dat enige ander kwotasies van diensverskaffers verkry is.
Die voorsieningskanaal is geheel en al geïgnoreer. Mazars het ses verskillende aanstellings gekry en voorsieningskanaalbestuur is in elkeen van dié ses aanstellings geïgnoreer. dit beteken dat daar in die Mazars-ondersoek alleen sés oortredings van die voorsieningskanaalprosedure was!
Ongeag hierdie bestuurstekortkominge is Mazars volledig betaal. Al die betalings is deur advokaat Chantelle Williams versoek en deur Thembani Gutas, die destydse korporatiewe bestuurder, goedgekeur.
Mazars word hoegenaamd nie verdink van gemenery of dat die firma van die tekortkominge in sy aanstelling bewus was nie, maar die feite dui op ontstellende bestuurstekorte en kommerwekkende bestuurspraktyke in die munisipalietit. Alhoewel Gutas reeds geskiedenis is, is Williams steeds die regsadviseur terwyl die Mazars-saak een van vele verdagte bestuursprojekte is wat aan haar invloed blootgestel is.
Mazars is R454,077.37 betaal. Die eerste betaling, op 22 Januarie 2009, was vir R209,480.10 en daar is géén ondersteunende dokumente vir dié transaksie nie. Vir s-e-s-e-n-v-e-e-r-t-i-g persent! van Mazars se totale vergoeding is daar géén ondersteunende dokumentasie nie.
Daar kan met reg gevra word wat Chantelle Williams nog in die munisipaliteit dóén!
Gelukkig is Gutas reeds vort!
Gelukkig is Matthysen reeds vort!
Wáárom is Williams nie reeds wég nie!?
En waar, o wáár, was die munisipaliteit se interne ouditeur, Philip Nel!?
Waar was die voorsitter van die portefeuljekomitee finansies, James Swigelaar!?
Alhoewel Barnard se ondersoek die ongerymdhede in die Mazars-aanstelling en -projek blootgelê het, is daar inderdaad ook tergende vrae rondom Barnard se eie aanstelling.
Rabbets het Barnard op ‘n informele tender aangestel. Dit beteken dat ‘n maksmum bedrag van R200,000 vir Barnard se werk betaal kon word. Maar Barnard se rekening beloop tussen R800,000 en R1.2m, afhangende van met wie op die raad en in die munisipaliteit jy oor die saak praat.
Meer hieroor later vandeesweek.
Vir die huidige het OO klaarblyklik ándermaal al weer inligting wat die burgemeesterkomitee en die raadslede nog nié het nie. As jy ook éérste wil weet… skryf in op OO! (Klik hier om in te skryf.)
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn

2 comments