201 onbeantwoorde navrae…
… of hónderde en hónderde uitstaande items!?
Die éintlike toedrag van sake!
Daar was laat verlede week ‘n beroering; ‘n opskudding oor berigte dat daar tot 201 uitstaande navrae van die speaker onbeantwoord sou wees in die munisipaliteit. So asof 200 onbeantwoorde navrae op swak administrasie sou dui, maar, sê, 1, of 39, of so, darem nie té sleg sou lyk nie. Wel, as “201” die skaal op sleg sou laat vassteek, wat sal ons kan sê van hónderde uitstaande items?
Klik op die advertensies
Oudtshoorn. 15 Februarie 2010. 06h00. Iemand – hy wil nie sê wié nie – het Nic Barrow Donderdagaand geskakel om te kla dat dit absoluut onwaar is dat daar 201 navrae van die speaker onbeantwoord is. Dié syferfout – en die gepaardgaande kritiek op die burgemeester en die munisipale bestuurder – sou dus op swak (“dôners” swak, miskien?) joernalistiek dui, of op ‘n onbevoegde speaker, of hoe?
Wel, dié gevolgtrekking oor die beriggewing is aangespreek – klik hier – en OO meen dat die enigste mense wat om verskoning moet vra oor die beroering is dié mense wat verantwoordelik is dat daar enige uitstaande items ís… ongeag die áántal uitstaande items. Niemand verwag dat daar absoluut géén uitstaande items sal wees nie, maar daar behoort nie baie te wees nie en die uitstaande items behoort nie ouer as 60 dae te wees nie – en 60 dae is al reeds lank.
Wat onaangespreek was – dit word hier reggestel – is die omvang van die populasie wat, by wyse van spreke, ontsnap het toe ‘n bepaalde blik van ‘n smorgasbord van phyla Annelida en Chaetognatha en Nematoda en Nemertea en Platyhelminthes (wurms, vir raadslede wat perdalkies vandag OO te siene kry) oor uitstaande items in die munisipaliteit Donderdag oopgesny is.
OO het reeds berig dat die munisipaliteit se dokument-indekseringstelsel, Collaborator, nie betroubaar is nie – klik hier en klik hier.
OO reken daar kan logies aanvaar word dat iemand wat kla dat daar nié “201” navrae van die speaker uitstaande is nie, hoogs waarskynlik meen dat “201” uitstaande items op onbevoegdheid dui. Die klagte was immers nie dat OO berig het dat daar uitstaande items is nie, maar dat daar “201” uitstaande items is.
OO sou wát wou gee om te verneem – amptelik, natuurlik! – presies hoeveel uitstaande items (raadsbesluite; komiteebesluite; notules; navrae van die publiek; onderlinge navrae en so aan en so meer en so voorts) tans bestaan.
OO wonder heimlik of iemand in die munisipaliteit – enigiemand! – dalk kan sê hoeveel uitstaande items daar is.
En of dit mínder, of méér, as 201 items is… net sodat daar oor bevoegdheid al dan nie besin kan word; sodat daar besin kan word oor of die kritiek op die burgemeester en die munisipale bestuurder (klik hier) geregverdig is, al dan nie.
Weet dadelik! Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn. Weet voordat die nuus môre en volgende week in koerante verskyn. Weet nóú!
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
Amper iets soos die behuisings mosie wat so ver terug as 2004 ingedien is. Fokkol word gedoen in 6 jaar. Nou word dit weer aangespreek. OOOOoooooooo my m..r ! En om te dink die mense wat die mosie ingedien het was al die pad betaalde amptenare. My en jou geld.
Verbeel ek my dat daar ‘n bedrag van R 375000 begroot is vir opleiding van personeel. Wat het daarvan geword.
DIT SAL BAIE INTERRESSANT WEES OM DIE WERKLIKE TELLING TE HOOR! EK VERMOED DAT DIT BAIEEE MEER AS 201 IS! DIS MOS DIE JAAR 2010! WAT VAN 2010 ONAFGEHANDELDE SAKE? FARFETCHED SE JY? —MOENIE GLO NIE! OOR BYKANS 16 JR? BAIE MOONTLIK MENEER! BAIE FLIPPIN MOONTLIK SE EK JOU!
NOUJA, N ”PIE IN THE SKY’? EK WONDER MAAR NET.. DAAR BEHOORT MOS GEEN UITSTAANDE ONUITGEVOERDE SAKE TE WEES AS DIE MASSA PERSONEEL HUL OU JOPPIES DOEN NIE–HULLE MOET MOS DIE RAADSLEDE EN BESTUUR SE OPDRAGTE UITVOER MAN!
Jan, nou skiet jy met n groot kettie ou! Mis tog maar asb die berugte ‘glaskas’, daai mense het genoeg moelikgeit soos dit is.