“Ek het ‘n soft spot vir Oudtshoorn!”
Coenie de Villiers by die Jamstreet Amfi
Coenie de Villiers hou die eerste konsert van sy nuwe lewe in die teater met die hoogste plafon op aarde.
Klik op die advertensies
Oudtshoorn. 28 Februarie 2010. 11h00. Coenie de Villiers het sy eerste konsert, na ‘n ernstige operasie (klik hier vir die storie) om sy “klaviervingers” en stembande, waarmee hy soveel mense bekoor, te red, Saterdagaand by die indrukwekkende Jamstreet Amfi gehou… die teater met die hoogste plafon op aarde.
Op áárde!?
Inderdaad!
Waar anders as in die veld buite Oudtshoorn kan jy tot in die hemel sien?
Oudtshoorn. Man, what a place! (Click here.)
Weet dadelik! Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn. Weet voordat die nuus môre en volgende week in koerante verskyn. Weet nóú!
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
Nic Barrow stel homself verkiesbaar!
Eksklusief op OO!
Nic Barrow stel homself verkiesbaar!
Oudtshoorn-politiek sal nóóit weer dieselfde wees nie
Klik op die advertensies
Oudtshoorn. 26 Februarie 2010. 14h00. Oudtshoorn se bo-baas entrepreneur en kunste-beskermheer; Oudtshoorn se voorste redestoker, Nic Barrow, het vanoggend sy kandidatuur vir die 2011-plaaslike verkiesing aangekondig.
Die verklaring, wat eksklusief aan OudtshoornOnline en Eden24 uitgereik is, lui as volg:
OO, net omdat jy so ‘n pyn in die gat is vir alle onbevoegde oneerlike korrupte slegte bliksems (lees sekere amptenare en raadslede) het ek besluit om die nuus amptelik op jou blad te breek:
NIC BARROW GAAN HOMSELF VERKIESBAAR STEL AS DA RAADSLID VIR VOLGENDE JAAR SE MUNISIPALE VERKIESING!
Kyk, laat ek julle biele (dit was Staal Burger se gesegde) iets vertel. Ek gaan amok maak; ek belówe julle!
Inligting sal vloei soos strome water in die Drakensberge. Amptenare sal bekhou en werk; swak raadslede sal sommer gemoer word.
Ek dink dit is lankal tyd dat daar gewerk word. Paaie sal geteer word; huise sal gebou word; daar sal sopkombuise vir die armes wees.
Hef aan lê voor!
Ek is seker daar gaan ‘n hele paar nuwe gesigte in die Raad wees. Die DA gaan die ANC goed op sy bek slaan.
Nic Barrow
OO is verheug om Barrow se kandidatuur aan te kondig en OO is daarvan oortuig dat politiek op Oudtshoorn en in Eden onherroeplik gaan verander.
In April 1998 word daar in Die Burger nabetragting gehou oor Nic Barrow se “gewaagde idee” vir ‘n Afrikaans kunstefees ‘n paar jaar tevore en dat iemand, by die destydse Nasionale Pers, toe daar twyfel oor die wysheid van die gedagte was, sou gesê het: “As Nic Barrow vir my sê hy gaan piekniek hou op die maan en hy vra my of ek saamgaan, dan pak ek dadelik my tassies en die vleis en sit gereed vir die vertrekslag.”
Hier kom ‘n ding!
Weet dadelik! Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn. Weet voordat die nuus môre en volgende week in koerante verskyn. Weet nóú!
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
MB verbied om op koerantvrae te antwoord
Dit laat die munisipaliteit glo sleg lyk!
Raaslid Kawa van die ANC se mosie dat die MB nie op koerantvrae mag reageer nie, is stilswygend deur die DA aanvaar. Die DA gaan dus al die smulsmaaklekkerte van hierdie verbode vruggie geniet. Dink die DA werklik die mense van Oudtshoorn is dorpsidiote!?
Klik op die advertensies
Oudtshoorn. 26 Februarie 2010. 06h00. Ek is besig om my versameling Terry Pratchett weer te lees. Dit het gehelp om sin te maak van gister se raadsbesluit oor die kommunikasiebeleid van die munisipaliteit.
Die DA-raadslede het kennelik nie geweet hoe om te stem nie. Jac Bekker het hulle seker nie gesê nie, of hulle kon nie so ver terug as Maandag onthou nie.
Raadsheer James Swigelaar het sy hand so effentjies opgesteek, laat sak en toe weer knap teen die skouer ongemerk probeer opsteek totdat sy buurman, professor emeritus raadslid Johan Olivier hom ‘n skerp kyk gegee het en toe weer sy hand laat sak het. (Olivier was later die erste DA-lid om die raadsaal te verlaat toe die ANC oor Mubesko se aanstelling en betaling begin vrae vra het.) Die opsteek-laat-sak-skalkse-opsteek-laat-sakkkery het drie verskillende tellings in die gallery tot gevolg gehad, totdat die speaker dit uitslag bevestig het: 11-4 ten gunste van die mosie om die MB te verbied om op vrae van individue in die media te antwoord.
“Dit beteken”, het raadslid Kawa van die ANC gesê, “dat die MB nou beskerm is en bloot kan sê dat die raad hom verbied om op vrae van individue in die media te antwoord.”
Hoekom het die DA nie téén dié mosie gestem nie?
Asof dít nou ‘n vraag is wat ‘n antwoord werd is!
Die redakteur van OO is ‘n lid van die DA en kry met elke raadsvergadering skáám daaroor!
OO sal volgende week die juiste besluit, soos genotuleer, deeglik bespreek en analiseer, maar vir die huidige vereis die haas ondenkbare motivering vir hierdie belaglike besluit volle aandag.
Só het Kawa se mosie gelui: ““… (T)o stop the weekly correspondence (questions and answers) between Mr. Nick (sic) Barrow and the Acting Municipal Manager, Mr. Rabbets, as well as the daily cheap correspondences of Oudtshoorn Online (sic) about our municipality.” (Punktuasie bygewerk.)
OO meen dat die mosie inderdaad nié ‘n wesenlike poging van die ANC was om inligting van die publiek te weerhou nie. Kawa het dit in sy betoog duidelik gemaak dat die vrae van die mense van Oudtshoorn beantwoord móét word, maar dat die MB nie week in en week uit op die vrae van individue (lees Nic Barrow) moet antwoord nie… want dit gee die indruk dat inligting nie geredelik in ooreenstemming met die munisipaliteit se kommunikasiebeleid beskikbaar is nie.
En dis net mooi op hierdie punt dat Terry Pratchett toe nou help om dié motivering te begryp. Die kommunikasiebeleid van die munisipaliteit kan vergelyk word met Pratchett se rugkraplekker woorde in Good Omens: “… an ineffable game of his own devising, which might be compared, from the perspective of any of the other players, to being involved in an obscure and complex version of poker in a pitch dark room, with blank cards, for infinite stakes, with a dealer who won’t tell you the rules, and who smiles all the time.”
Inligting, volgens Kawa, moet beskikbaar wees deur die wykskomitees, raadslede, munisipale bestuurder en burgemeester.
Dan, sê Kawa – tereg! – dat dit nie nodig sal wees om vrae in die media te vra nie.
Inderdáád!
Maar wérk dié werkbare beleid?
Oordeel self…
OP 14 September verlede jaar vra OO bepaalde vrae oor die Butler-fiasko aan die MB. Die antwoord, van 12 Februarie, word – per gewone pos! – op 17 Februarie vanjaar ontvang. H-o-n-d-e-r-d s-e-s e-n v-y-f-t-i-g (156!) dae later!
Die antwoord?
“Neem asseblief kennis dat hierdie kantoor oor geen rekords van mnr Roland Butler beskik. Gevolglik kan daar nie aan u versoek voldoen word nie.”
Assebliéf tog!
In die 156 dae wat dit gekos het om ‘n niksseggende reaksie met verdagte taalgebruik saam te flans het die Bulls die Curriebeker gewen; het die Bleekbene van Liesbet se Eilandjie vir vier 5-dag toetse hier getoer; het ons Geloftedag, Kersfees en Nuwejaar gevier; vakansie gehou; teruggegaan werk toe en het die Proteas vertrek op hulle Indiese toer. Onder andere.
H-o-n-d-e-r-d s-e-s e-n v-y-f-t-i-g (156!) dae! P-a-t-é-t-i-e-s!
Op 16 Februarie – voorverlede Dinsdag – het OO die burgemeester (en die redakteur se wyksraadslid!) se kommentaar gevra oor die Pietersen-appèl die volgende Vrydag. Die burgemeester se antwoord is steeds uitstaande… ‘n week na die gebeure waaroor daar gevra is. P-a-t-é-t-i-e-s!
Vra die wyksraadslid, raadslid Kawa? Assebliéf tog!
Vra die munisipale bestuurder, raadslid Kawa? Assebliéf tog!
Vra die burgemeester, raadslid Kawa? Assebliéf tog!
P-a-t-é-t-i-e-s!
Tydens gister se raadsvergadering was daar by twee geleenthede ‘n Babelse verwarring omdat inligting nie in die munisipaliteit vloei nie: Die aansuiweringsbegroting is eers die aand voor die raadsvergadering beskikbaar gestel, alhoewel dit glo reeds op 15 Februarie deur bepaalde raadslede en amptenare bespreek is.
Inligting oor die Pietersen-appèl was nie aan raadslede bekend nie en die ANC het – terég! – hieroor protes aangeteken.
Inligting oor die aanstelling en betaling van die munisipale konsultante, Mubesko, is uitstaande of onvolledig, volgens die ANC, en daar is hieroor ook vrae gevra. Dat die DA hierop uitgestap het verdien ten minste vermelding. En eintlik is dit regtig ook ‘n bietjie verdag.
Kommunikasiebeleid?
Wat’s dít!?
Dit lýk nie asof inligting nie geredelik in ooreenstemming met die munisipaliteit se kommunikasiebeleid beskikbaar is nie, raadslid Kawa, dit ís so!
Die ANC het eintlik maar gister die vloer gevee met ‘n onbeholpe DA.
In ‘n vergadering wat met tye aan ‘n Hieronymus Bosch-skildery herinner het, het raadslid Wilton Kawa en raadslid Carmichael Ngalo en raadslid Japie Coetzee van die ANC en raadslid Wessie van der Westhuizen van die OD ten minste samehangende bydraes gemaak.
Wat ‘n narrespel!
Dis werklik verstandsverstommend hoe die burgemeester (wat OO elke dag lees) en die MB (wat OO selde indien óóit lees) en senior amptenare en swepe en raadslede die aantygings inryg oor wié inligting aan OO verskaf oor daardie goed wat die munisipaliteit en die owerheid nié bekend wil hê nie.
Wel, die gebou op Verwoerdplein lek soos ‘n stukkende sif!
OO is gereeld dronkgeslaan wanneer iemand bel, of sms, of andersins fluister dat bepaalde brokkies net vir agtergrond inligting is en absoluut nié vir die rekord nie en asseblief nie oor gepraat moet word nie, want net bepaalde mense weet daarvan en die rapporteerder sal ongetwyfeld geïdentifiseer kan word indien dit uitlek… om minute later presiés dieselfde te hoor van gans iemand ánders en dan selfs ‘n derde maal dieselfde “geheim” te hoor – van uiteenlopende bronne!
Daar is níks geheim op Beroerdplein (sic) nie!
Daar behóórt niks geheimsinnig te gebeur nie en selfs dit wat nie geopenbaar word nie, is nie geheim nie en behoort nie geheim te wees nie. Die mense op Beroerdplein werk vir die mense van Oudtshoorn en hulle het nie die reg om inligting van hulle werkgewer te weerhou nie. Púnt!
Die munisipaliteit swyg slegs omdat die inligting wat gekommunikeer moet word die munisipaliteit in so ‘n sleg lig stel. P-a-t-é-t-i-e-s!
Wat werklik kotsmakend is (voor die burgemeester ‘n floute kry – dis ‘n woord wat per geleentheid in ‘n koukus van die DA se voorganger, die PFP, gebruik is) is die feit dat bepaalde mense dan geviktimiseer word – mense wat nooit eens die inligting verskaf het nie!
Dít is presiés wat agterbaksheid en onderduimsheid doen: dit maak verdag!
OO kry in elk geval geen reaksie van die munisipaliteit nie en kry inligting maklik elders. OO loop ook nie gevaar om munisipale – enórme munisipale – advertensieinkomste te verbeur nie en daarom kan OO gereeld die inligting waarop jý geregtig is, aan jou bring.
Die raadsbesluit sal geen invloed op OO hê nie.
Die raadsbesluit, so meen OO verseker, sal Nic Barrow se spoed nie eens ámper breek nie. Inteendeel, die munisipaliteit kan maar regmaak vir ‘n blitzkrieg.
Wat sal ‘n mens van die munisipale kommunikasiebeleid sê?
P-a-t-é-t-i-e-s!
Die kollektiewe munisipale manier van dink herriner aan Pratchett in Wyrd Sisters: “The duke had a mind that ticked like a clock and, like a clock, it regularly went cuckoo.”
Weet dadelik! Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn. Weet voordat die nuus môre en volgende week in koerante verskyn. Weet nóú!
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
DA vat wyk 9 met 63%!
Vat 5, Mosselbaai! ‘n Snotklap vir die ANC
Die DA het ‘n wyk by die opposisie afgeneem in gister se tussenverkiesing op Mosselbaai.
Klik op die advertensies
Oudtshoorn. 25 Februarie 2010. 04h00. In gister se tussenverkiesing in wyk 9 op Mosselbaai het die DA ‘n oorweldigende oorwinning oor die ANC behaal. Die DA het 1,051 stemme op hom verenig teenoor die ANC se 587. Daar was 27 stemme vir die onafhanklike kandidaat.
Mosselbaai is besig om ‘n rolmodel van politieke stabiliteit en administratiewe uitnemendheid te word.
Welgedaan Mosselbaai. Welgedaan!
Weet dadelik! Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn. Weet voordat die nuus môre en volgende week in koerante verskyn. Weet nóú!
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
Media snoer Barrow oor Dorfling
Die Spietkop adverteer sy verpligtinge weg
Eden se burgemeester – Leon Dorfling van ‘n eenmanpartytjie wat nog nóóit eens ‘n énkele Eden-kieser se stem in ‘n verkiesing getrek het nie – se skuld aan Eden se belastingbetalers word in ‘n tsunami van beeldpoets-reklame weggespoel… en die media doen mee!
Klik op die advertensies
Oudtshoorn. 25 Februarie 2010. 07h00. Leon Dorfling skuld die belastingbetalers van Eden – vir jóú! – R90 247.97 vir getakseerde regskoste en R28 888.00 vir brandweerdienste gelewer.
‘n Brief van een van Eden se voorste entrepreneurs en waghond van belastingbetalers – Nic Barrow – se brief waarin hy hierdie aanklagte teen Dorfling voor die mense van Eden wil lê, is pas vir publikasie geweier.
Hoekom op áárde!?
OO kan nie aanvaar dat ‘n vooraaanstaande weekblad sulke belangrike inligting van lesers kan weerhou nie. Waarom!?
Is dit moontlik dat Leon Dorfling se omvattende ( en dúúr!) reklame-veldtog – om Eden se mense in te lig, nogals! – Eden se media volledig aan die soustrein gehaak het? Kán dit wéés!?
OO kan dít nie glo nie.
Maar daar is daardie dralerige gevoel wat net nie wíl wyk nie.
In ‘n brief wat Barrow vir publikasie in die jongste Herald aangebied het skryf hy as volg:
Toe ek u brief (die ope brief – red.) lees het ek weer ‘n kramp gekry. Sowat van strooi skryf het ek nog nooit gelees nie – en dit komende van ‘n burgemeester – geen wonder dit gaan so sleg in Eden nie. Ek wonder wie vir die plasing daarvan betaal het. Feit van die saak is u reageer nie op my twee aanklagte dat u die Eden Distriksmunisipaliteit (u werkgewer) R90 247.97 vir getakseerde regskoste en R28 888.00 vir brandweerdienste gelewer, skuld nie. By gebrek aan ‘n ontkenning en verduideliking kan ons dus aanvaar dat u die beweringe erken. Watter druk plaas u dan op die betrokke amptenaar om nie dagvaarding teen u uit te reik nie?
U verwys na die Wet van Toegang tot Inligting. Ek het al maande gelede by die inligtingsbeampte van die Eden Distriksmunisipaliteit, mnr Morné Hoogbaard, formeel en op die amptelike wyse ingevolge Wet 2 van 2000 aansoek tot inligting rakende u gedoen, maar wag nog steeds daarvoor. Miskien kan u hom vra om my aansoek te bespoedig. U is mos sy senior.
Wat my egter soos Luke Watson oor sy Springboktrui laat voel het, was toe ek in dieselfde koerant verneem van u ‘trippie’ oorsee. U en u kollegas gaan net die belastingbetalers se geld uitmors. Die kontrakte vir die oorsese spanne is mos reeds gesluit. Kom ons kyk watter “ekonomiese inspuitings” daar vir Eden gaan kom nadat u lekker sushi geëet het.
Laastens – u brief laat my dink aan wat Shaespeare in Hamlet geskryf het: “Methinks the lady (spietkop) doth protest too much.”
Dit is lankal hoogtyd dat die belastingbetalers van Eden en van Eden se munisipaliteite ernstig protesteer oor wanbestuur en eiegewin in hierdie gesogste streek van Afrika!
Weet dadelik! Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn. Weet voordat die nuus môre en volgende week in koerante verskyn. Weet nóú!
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
Three blind mice…
See how they run!
‘n Verrassende fluitjieblaser verhoed ‘n nagmerrie: “Burgemeester” Gordon April; “Onderburgemeester” Ben Pannas en “Speaker” Japie Coetzee. Berge val op ons! Heuwels bedek ons!
Klik op die advertensies
Oudtshoorn. 25 Februarie 2010. 00h01. Dit was ‘n aangename verrassing om die identiteit van die fluitjieblaser wat die OD-leierskap bedag gemaak het op ‘n muitery vir posisie, te verneem.
In diens van ‘n geringe hoop op ‘n ordelike DA/OD-koukus maak OO die identiteit van “Die Bek vi’ Jêm” nie bekend nie.
“Burgemeester” Gordon April; “Onderburgemeester” Ben Pannas en “Speaker” Japie Coetzee. Bid jou aan!
Senior politici wou Woensdagmiddag nie vir die rekord sê dat die April-Pannas-Coetzee-kabaal ‘n werklikheid sou geword het indien die ANC-mosies van wantroue in die burgemeester en die speaker sou geslaag het nie.
Informeel het die politici egter gesing soos daai mannekoor na ‘n “koppie tee” in die Klippies-advertensie.
OO het aan elk van die drie “kroonprinse” ‘n navraag gestuur… wat steeds onbeantwoord was toe hierdie berig gepubliseer is.
Die OD se provinsiale sekretaris, Rodney Lentit, het Woensdagmiddag aan OO gesê dat daar ‘n ooreenkoms is tussen die DA en die OD in die Wes-Kaap en dat die DA op die ondersteuning van die OD kan staatmaak. Die normale tugstappe sal geneem word teen raadslede wat hierdie ooreenkoms ignoreer.
Met Coetzee as speaker sou die ANC ondersoeke na raadslede kon beheer het.
Met April en Pannas in die voorste gestoeltes op die soustrein sou die ANC die raad kon beheer het.
Góeie plan!
Jammer oor die terugslag, nè Wilton en kie!
Three blind mice. Three blind mice.
See how they run. See how they run.
They all ran after the juicy jobs,
But it all ended up with weeping sobs,
Did you ever see such useless gobs
As three blind mice?
Weet dadelik! Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn. Weet voordat die nuus môre en volgende week in koerante verskyn. Weet nóú!
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
George is ‘n “uitsondering”
… die kinnirs willie saamspelie
OO verneem dat daar op die hoogste gesag in die DA en in die OD ooreengekom is dat George nie by die samewerkingsooreenkoms tussen die twee partye betrek word nie.
Klik op die advertensies
Oudtshoorn. 25 Februarie 2010. 06h00. OO verneem dat daar steeds slegs ‘n (nuwe!? verbeterde!?) ooreenkoms is tussen die DA en die OD.
Dít nadat daar vroeg vanjaar harde geluide uit die DA binnekringe gehoor is oor voortgesette samewerking met die OD… oor die OD as sodanig… oor die bestaansreg van die OD.
Volgens ‘n senior politikus wat annoniem wil bly sal OD-raadslede wat die (bygewerkte?) ooreenkoms met die DA ignoreer aan die normale tugstappe van die party onderwerp word.
Behalwe in George.
Op 28 Januarie het selfs die DA-leier, Helen Zille, OO laat weet: “What happens in George cannot dictate what happens everywhere else. There is a bigger picture.”
Want in George kan die DA nie vir Mercia Draghoender en Bazil Petrus gedoog nie.
Eintlik vreemd. Oraloor word daar verwag om toegewings te maak, maar George word uitgesonder. Miskien sal die DA- en die OD-raadslede van George OO toelaat om hulle gesamentlike sesde verjaardagpartytjie te dek – wanneer dit ook al plaasvind.
Praat van bedorwe brokkies!
Hei, raadslede! Julle is nie juis geag nie; julle is nie juis ‘n inspirasie vir die mense wat deur julle verteenwoordig word nie. Julle vloermoere is ‘n verleentheid, al is julle te dom om dit te besef. Daar’s ‘n klein stad om te regeer – George – ‘n juweel in Eden. Raak groot, toe! En begin julle werk doen, julle bevooroordeelde stommerikke!
Weet dadelik! Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn. Weet voordat die nuus môre en volgende week in koerante verskyn. Weet nóú!
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
Oudtshoorn se 2010-DvD is nié ‘n OTB-produk nie
Daar was die afgelope week ontsteltenis in die gasvryheidsbedryf op Oudtshoorn oor ‘n DvD wat slegs een hotel op die dorp gedek het. Cyril Clarke verduidelik.
Klik op die advertensies
Oudtshoorn. 24 Februarie 2010. 09h00. Die gemoedelike Cyril Clarke, bemarker van die Oudtshoorn Toerismeburo, was verlede week baie besorg toe daar in die plaaslike gasvryheidsbedryf erge ontsteltenis was oor ‘n DvD wat die plaaslike African Sky Hotel, die Oudtshoorn Hotel & Resort, eksklusiewe dekking gee vir FIFA se wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika.
Clarke het openhartig met OO gepraat en verduidelik dat dié spesifieke DvD nié ‘n produk van die OTB is nie, en nié deur die OTB versprei of gebruik word om Oudtshoorn as ‘n 2010-bestemming te reklameer nie.
Die DvD is deur ‘n plaaslike onderneming, Grand Street Studios, vervaardig in opdrag van die munisipaliteit en volgens die bepaalde voorskrifte van die wêreldsokkerbeheerliggaam, FIFA.
FIFA-afgevaardigdes het Oudtshoorn verlede jaar besoek met die oog op moontlike basiskampe vir deelnemende spanne aan die wêreldbekertoernooi. Twee hotelle is geïdentifiseer vir dié doel. (Die woordspeling is ‘n onvermydelike noodwendigheid wat perdalkies weer toutologies mag klink vir wowsers*.)
Uiteindelik het FIFA die African Sky aangewys as enigste moontlike basiskamp vir ‘n deelnemende span tydens die wêreldbekertoernooi. Die kriteria het, onder andere, items soos aantal kamers, afstand van sportgeriewe en ander fasiliteite, en afsperbaarheid ingesluit. FIFA se bevinding is, volgens Clarke, sonder voorleggings deur die hotelle wat oorweeg was, gedoen.
Die 2010-komitee van die munisipaliteit het vervolgens ‘n begroting beskikbaar gestel en opdrag gegee dat die DvD vervaardig word.
Die DvD is bedoel om uitsluitlik aan sokkerbelanghebbendes vertoon te geword het: Spanbesture en by eksklusiewe tersaaklike uitstallings soos Soccerex en ander internasionale events vir die 2010-toernooi.
Die OTB het nie hierdie DvD beskikbaar vir bemarking nie, was nie ‘n opdraggewer daarvoor nie en versprei dit nie. Dit was bedoel as ‘n poging om ‘n deelnemende sokkerspan te oorreed om Oudtshoorn as ‘n basiskamp te kies.
Volgens Clarke is die DvD aan Eden se 2010-koördineerder, Andy Lamont, verskaf vir uitsluitlike gebruik in die Eden distriksmunisipaliteit se 2010-bemarkingsveldtog. OO verneem egter eerstehands dat ‘n plaaslike sakeman ‘n kopie van “‘n hoop” van die DvD’s by Lamont gekry het.
Goeie nuus is dat daar volgens die munisipaliteit, sê Clarke, geld in die produksiebegroting beskikbaar is om ‘n tweede DvD te vervaardig – ‘n produk wat die invloed (legacy) van die wêreldbekertoernooi op Oudtshoorn sal uitbeeld en wat inderdaad deur die OTB gebruik sal word in die voortdurende bemarking van ons dorp. Die opdragkontrak vir hierdie DvD is nog nie toegeken nie.
Mnr Nic Barrow, wat wye belange het in die plaaslike gasvryheidsbedryf, het skepties gereageer op Clarke se verduideliking.
Barrow meen dat daar ‘n onus op die munisipaliteit rus om aan te dui waarom belastingbetalersgeld gebruik is om ‘n bepaalde venue vir ‘n bepaalde event te bemark.
FIFA moes immers met die bestuur van die Oudtshoorn Inn gesels het en daarom ontstaan die vraag of FIFA met enige ander hotelle onderhandel het – of ten minste blootgestel is aan alternatiewe fasiliteite.
Dit kom verdag voor dat die voorsitter van die OTB ook die bestuurder is van die “enigste FIFA-geïdentifiseerde” hotel op Oudtshoorn. Die proses moes deursigtig gewees het… en beide die bestuur van die Oudtshoorn Inn en die munisipaliteit, wat die geld bewillig het vir die DvD, moes die mense van Oudtshoorn oor die seleksieproses ingelig het. Selfs al sou dit tegnies nie nodig gewees het om die mense van Oudtshoorn in te gelig het nie; selfs al was daar, en is daar, nie enige ongerymdheid nie; sou agterdog ten minste nie tans hoogty gevier het nie.
Andermaal is daar onnodige geraas op Oudtshoorn omdat doelgerigte en doeltreffende kommunikasie ontbreek het. Onvolledige en bevooroordeelde kommunikasie lê gewoonlik aan die hart van onmin.
OO berig binnekort oor die aard en omvang van Oudtshoorn se 2010-bemarkingsveldtog. Dit is vreemd dat Oudtshoorn – met sy feitlik volmaakte sportweersomstandighede, goeie sportfasiliteite en toegang tot twee lughawens, en hoofroetes – nie ‘n deelnemende 2010-span huisves nie.
Miskien kan moontlike redes vir Oudtshoorn se mislukte pogings in hierdie verband geïdentifiseer word wat die OTB kan rig in toekomstige bemarking.
* Wowser, n. a pecksniffian puritan.
Weet dadelik! Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn. Weet voordat die nuus môre en volgende week in koerante verskyn. Weet nóú!
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
ANC onttrek mosies van wantroue!
Verrassende politieke stabiliteit!
Welgedaan Wessie! ‘n Rasionele besluit in die Oudtshoorn politiek… geen wonder dit reën nie, maar welgedaan! Welgedaan!
Klik op die advertensies
Oudtshoorn. 23 Februarie 2010. 11h40. Die ANC het vanoggend sy mosies van wantroue in die burgemeester en die speaker onttrek.
Dit volg op ‘n gesprek vroegdag tussen die DA-LP vir Oudtshoorn, Jac Bekker, en die OD se provinsiale sekretaris, Rodney Lentit nadat die provinsiale leierskap van die OD laat gistermiddag ingegryp het om Gordon April se flirtasie met die ANC kort te knip.
Die storm wat Oudtshoorn se politieke landskap onherkenbaar sou verander het is nou afgeweer. En die OD se Wessie van der Westhuizen se harde werk verdien vermelding. Vir ‘n wyle het jy OO erg bekommerd gehad, raadslid van der Westhuizen!
Maar Van der Westrhuizen werk duidelik met ‘n plan. Is hý dalk die antwoord vir politieke stabiliteit in die raad?
Dis dalk kort na sonop, maar Diane de Jager en haar DA-koukuslede is beslis nie opgewasse vir die taak nie.
OO het die situasie in ‘n berig vanoggend volledig verkeerd geïnterpreteer. OO het reeds verskoning aangeteken by Van der Westhuizen en die raadslid het dit aanvaar. OO is meer as bereid om verskoning te vra as daar verkeerd berig word en die feit dat OO nog slegs by twee geleenthede om verskoning gevra het is aanduidend van hoe seker OO van sy feite is.
Dit was bepaald raadslid Gordon April en raadslid Shepstone Billy wat die ANC-mosie ten volle ondersteun het! April sou burgemeester geword het en daar is ook bepaalde ondernemings aan raadslid Jurie Harmse gegee.
Die ANC weet kennelik waar om toe te slaan – daar waar daar nie ligte brand nie.
Van der Westhuizen het pas aan OO gesê dat hy inderdaad hard gewerk het om hierdie krisis te ontlont het.
“Ek het dit nie gedoen vir Wessie van der Westhuizen nie en ek het dit nie gedoen tot voordeel van enige politieke party nie. Ek het dit gedoen in belang van Oudtshoorn”, het Van der Westhuizen gesê.
Bravo, meneer!
Oudtshoorn het meer van jou soort nodig.
OO het reeds gesê dat Van der Westhuizen die enigste OD-raadslid is waar daar ligte aan is; OO sê nou dat daar ten minste één raadslid in die Oudtshoorn-raad is waarvan die brights aan is. Mag dié lig helder skyn!
Daardie bult in die politieke broek is toe al die tyd nié vir die ANC nie, maar slegs ‘n aanduiding van kroonjuwele!
En die lekkerste van alles is om karwatsie Wilton Kawa (hy is beslis nie die titel “sweep” waardig nie) met die stert tussen die bene te sien weghol… rý kan hy nie wegry nie, want hy het nie ‘n liksêns nie!
Weet dadelik! Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn. Weet voordat die nuus môre en volgende week in koerante verskyn. Weet nóú!
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn
ANC-beheer!?
Donderdag… D-dag?
Die ANC het mosies van wantroue ingedien teen die burgemeester en die speaker en ‘n absurde mosie om die munisipale bestuurder te verbied om met die media te praat. Sal die ANC dit doen as hulle nie meen hulle het ten minste ‘n kans om hierdie mosies te laat slaag nie?
Klik op die advertensies
Oudtshoorn. 23 Februarie 2010. 07h31. Die OD – ‘n party wat op sy laaste bene is – hou die magsbalans op Oudtshoorn.
Toe daar nog sprake was van moontlike dissipline in hierdie ideologies gestremde sameflansing van vervloë PAC-ekstremiste en wie ook al reken dat iemand buite die ANC-klieks nie werklik beduidende persoonlike gewin kan smaak nie, kon daar nog met dié stout kinders se vloermoere saamgeleef word in ‘n vae hoop dat politieke wasdom iewers in die toekoms skuil hou.
Maar na raadslid Wessie van der Westhuizen hom vroeg vanjaar skielik ‘n struggle-bondgenoot van die ANC verklaar het en die knop in sy politieke broek as hy liefderyk na die ANC loer vir die ganse raad sigbaar was, het OO reeds op 14 Januarie gewaarsku: “… [D]aar (kan) min twyfel wees dat die OD-raadslede op Oudtshoorn slegs die DA sal ondersteun as die alternatief te walglik is om te oorweeg. En Japie “ek-wag-nie-sewe-maande-vir-my-geld-nie” Coetzee en Wilton “die-speaker-is-onwettig-verkies” Kawa kan prentjies skilder wat die ongesofistikeerde oog kan laat uitpeul gehoor! Een ding is seker: Patricia de Lille gaan raadslede nie voorsê nie. En op Oudtshoorn gaan die poppe nog dans voor 2011.”
Wel, die poppe tango.
Die DA-koukus se babawagter, Jac Bekker, spook uitasem om te verseker dat die burgemeester en die speaker Donderdag mosies van wantroue oorleef en dat ‘n belaglike mosie van die ANC – wat die munisipale bestuurder verbied om met die media te praat – aanvaar word.
Wie wil nou raadslede hê wat nie met die kiesers wil praat nie!? Die ANC, foei!, is kennelik te dof om te besef dat die mense van Oudtshoorn nie onnosel is nie… of dink die ANC dat almal op Oudtshoorn, soos hulle ondersteuners, met ‘n braatjoppie en ‘n flenters plastiekglasie papsakwyn – en ‘n sak boordens toe vol leë beloftes – beïndruk kan word?
Tans regeer die DA en die OD met 13 stemme en proe die ANC en die NPP met 10 stemme gereeld harpuis.
Maar die ANC-kabaal het net twéé van Gordon April, Shepstone Billy, Ewa Fortuin, Jurie Harmse, Nellie Soman en Wessie vd Westhuizen se stemme nodig… net twéé, want die OD het hoegenaamd geen koukusdiddipline oor nie en sy lede kan stem soos hulle wil. Dít was so duidelik soos ‘n blisemstraal teen grou lug die afgelope weke in George en gister in Eden, waar die OD se Jurie Harmse en Bella Cornelius die soveelste maal die ANC ondersteun het.
So watter twee OD-lede sal Oudtshoorn waarskynlik uitverkoop aan die ANC-belhamels?
Nie April of Shepstone nie. Waarskynlik nie Fortuin nie. Soman is te stil om oor te spekuleer. Harmse kan nie vir homself dink nie en sal doen wat die head honcho van die dag sê – dit het Harmse self beken toe hy gister in Eden andermaal gemaak het soos Bella Cornelius – Béllá Córnélius! – hom voorgesê het.
Dit laat ons by Van der Westhuizen. Waarskynlik die enigste OD-lid op Oudtshoorn waar daar ‘n lig aan is. Maar steeds eenoog met ‘n sterk kontaklens in ‘n land waar sig onbekend is. Niémand op Oudtshoorn het nog ooit vir Van der Westhuizen gestem nie. Van sy eie koukuslede is koffierig omdat hy deur ‘n desperate OD-leierskap van die Weskus af oorgeplant is Oudtshoorn toe na die numero uno plek op die proporsionele lys.
Van der Westhuizen het in sy “struggle-toespraak” gesê dat “meer as 95% van Oudtshoorn se probleme deur amptenare veroorsaak word”. En die ANC wil nou juis amptenare muilband en verhoed dat die sondes van die verlede – en daar is báie – blootgelê word.
As Van der Westhuizen ‘n nuwe politieke tuiste by die ANC soek en vir Harmse voorsê is die DA/OD alliansie gedoem en regeer die ANC van Donderdag af.
Van der Westhuizen reken hy gaan deur die OD op provinsiale vlak aangewend word. Is hy verseker van dié bevordering sal hy waarskynlik nie teen die DA stem nie. Want selfs al vou die OD, in Maart, soos algemeen verwag word, sal hy seker ‘n beter plekkie in die son kan beding as ‘n provinsiale politikus dan ‘n munisipale een.
Hoe dit ook al sy, daar sal Donderdag vir eiegewin gestem word.
Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dinge dieselfde.
Vir Oudtshoorn is daar slegs één hoop: ‘n Volstrekte DA-meerderheid in 2011 – sonder die huidige DA-raadslede!
Weet dadelik! Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn. Weet voordat die nuus môre en oormôre en volgende week in koerante verskyn. Weet nóú!
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op Eden24 verskyn



leave a comment