Know
__________________________________________________________________
Stap 1: Klik hier om mxit 1-2-3 af te laai Stap 2: sms jou selfoonnommer na 0713092922
_____________________________________________________________________
31 Maart 2010
Administrasie – Oudtshoorn
Vandag se begroting
GRAP-nakoming en nasionale tesourie se nuwe begrotingsformaat vir munisipaliteite skep verwarring by Jan en alleman. Klik hier vir die storie.
31 Maart 2010
Politiek – Oudtshoorn
Ons betaal Leon Dorfling se regskuld vír hom
Bredell stuur ‘n protesbrief
Is die LUR vir plaaslike regering ‘n dapper muis, of wát!? Klik hier vir die storie.
31 Maart 2010
Politiek – Oudtshoorn
Jac Bekker “ruk OO in die bek”
DA kragman bult spiere. OO skrik hom boeglam. Klik hier vir die storie.
30 Maart 2010
Administrasie – Oudtshoorn
Oudtshoorn munisipaliteit ontvang toekenning vir vroeë spandering.
Spoedige uitvoering van kapitale projekte bevoordeel Oudtshoorn. Klik hier vir die storie.
30 Maart 2010
Politiek – Oudtshoorn
Praat; praat; praat; praat; praat. Praat.
Die politici en die amptenary práát! Maar daar word nie juis gedoen nie. Klik hier vir die storie.
30 Maart 2010
Sake – Oudtshoorn
Polisie slaan toe op groot onderneming
Inhegtenisnemings kan volg
Wetstoepassingsorganisasies gaan wyd toeslaan in die Wes-Kaap om die vervaardiging van onwettige produkte wat deur die drankwet verbied word hok te slaan. Klik hier vir die storie.
26 Maart 2010
Bestuur – Oudtshoorn
Die Pietersen-kommissie: Nog geen sitting nie
Dis 9 dae nadat die raad besluit het dat ‘n kommissie binne 14 dae ‘n omvattende verslag oor die Noël Pietersen-regstatus aan die raad moet voorlê. Die kommissie het nog nie eens één maal vergader nie! Klik hier vir die storie.
25 Maart 2010
Politiek – Oudtshoorn
Politieke verantwoordelikheid
Swak administrasie al dan nie; die verkose politieke leiers moet pa staan! Klik hier vir die storie.
24 Maart 2010
Administrasie – Oudtshoorn
Francois Barnard reageer heftig op OO se berig
Ondeursigtige munisipale bestuur skep erge misverstande en neem bestuurstyd van raadslede en amptenare op wat tot voordeel van Oudtshoorn aangewend kan word! Klik hier vir die storie.
24 Maart 2010
Administrasie – Oudtshoorn
Forensiese ondersoeke kos Oudtshoorn honderde duisende
’n Aanvanklike oorsig van die veelgeroemde forensiese verslag van Francois Barnard maak één ding duidelik: Die munisipaliteit weet nie hoe om ‘n forensiese ondersoek te laat dóén nie! Klik hier vir die storie.
23 Maart 2010
Politiek – Oudtshoorn
Van koalisie-politiek tot alliansie-politiek. Wat hou dit vir Oudtshoorn in?
Almal wat ooit in die weermag was ken die frustrasie van hurry up and wait. Almal wat al ooit ‘n doktorsafspraak gehad het weet hoe dié arrogante “my tyd is belangriker as jou tyd”-houding ‘n mens tot raserny kan dryf. Die sperdatum vir opposisie-samewerking het Saterdag gekom en gegaan… ons sal oor ses maande weet. Assebliéftog! Behoede ons die politici! Klik hier vir die storie.
23 Maart 2010
Administrasie – Kannaland
Munisipaliteit en belastingbetalersvereniging suiwer die lug. Toewyding tot samewerking.
Die partye kom ooreen oor die volhoubaarheid en voorspoed van Kannaland se gemeenskap en gaan voortaan binne die raamwerk en in die gees van die Batho Pele beginsels saamwerk. Klik hier vir die storie.
19 Maart 2010
Media – Oudtshoorn
‘n Nuwe radiostasie vir Oudtshoorn?
Kan die eertydse sukses van Suid-Kaap Stereo uiteindelik herhaal word? Klik hier vir die storie.
19 Maart 2010
Politiek – Oudtshoorn
Die jongste leserskommentaar
Lees gereeld OO se leserskommentaar? Klik hier.
18 Maart 2010
Politiek – Oudtshoorn
Wie neem besluite oor Oudtshoorn?
Besluite agter geslote deure blyk Oudtshoorn se toekoms te rig. Dit is verkéérd!? Klik hier vir die storie.
17 Maart 2010
Politiek – Oudtshoorn
Konsultant Wessel!
Nou wil jy meer!?
‘n Burgemeesterskomitee-vergadering wat nie rêrig ‘n burgemeesterskomitee-vergadering is nie. Dis maar net dat die mense wat altyd ‘n burgemeesterskomitee-vergadering bywoon ook dié burgemeesterskomitee-vergadering wat nie rêrig ‘n burgemeesterskomitee-vergadering is nie, bywoon. Klik hier vir die storie.
17 Maart 2010
Politiek – Oudtshoorn
Word Oudtshoorn se mense aan die slaap gevang!?
Klik hier vir ‘n foto tot nadenke…
17 Maart 2010
Politiek – Oudtshoorn
IMATU maak stem dik:
Weg met Mubesko, Welgemoed!
Waarom op áárde sou die vakverbond nie wou hê daar moet skoongemaak en reggemaak word nie? Klik hier vir die storie.
17 Maart 2010
Administrasie – Oudtshoorn
Die wederregtelike Christo van der Mescht uitbetaling
Word dié vergryp reggestel?
Oudtshoorn het meer as R2.5m wederregtelik aan Christo van der Mescht, ‘n voormalige amptenaar, uitbetaal. Word die geld verhaal? Klik hier vir die storie.
16 Maart 2010
Politiek – Oudtshoorn
Theuns Botha praat met sakelui
’n Nuwe DA vir ‘n nuwe Wes-Kaap vir nuwe Metro’s vir ‘n nuwe Nuwe Suid-Afrika.
Dit begin by jóú en by mý. Dit gaan baklei kos, want niks kom verniet nie.
Klik hier vir die storie.
16 Maart 2010
Administrasie – Oudtshoorn
Verandering op Verwoerdplein – nóú!
2011 is heeltemal te ver in die toekoms! Verandering is nóú nodig! Klik hier vir die storie.
16 Maart 2010
KKNK
Dis weer súlke tyd – KKNK tyd! Klik hier vir ‘n foto-essay’tjie.
15 Maart 2010
Politiek – Oudtshoorn
Chantelle Williams se rekenaar gekonfiskeer
Regsadviseur onder verdenking
Advokaat Chantelle Williams is vanoggend met ‘n ernstige aanklag gekonfronteer.
Het sy of het sy nie? Klik hier vir die storie.
15 Maart 2010
Politiek – Oudtshoorn
Beste Theuns…
’n Ope brief aan die Wes-Kaapse DA-leier
Wat gaan jy dóén, meneer!? Klik hier vir die storie.
15 Maart 2010
Politiek – Oudtshoorn
Vrydag, 12 Maart, se raadsvergadering in perspektief
Kan dit wéés dat ons oorgelewer is aan hierdie “leiers”!?
Die raadsvergadering verlede Vrydag is afdoende bewys van ons dorpdregering se absolute onvermoë om leiding te gee. Oudtshoorn gaan ten gronde aan die hand van onkapabelheid. Magtag, dit moet nou einde kry! Klik hier vir die storie.
15 Maart 2010
Administrasie – Kannaland
Onbeholpe amptenare kos Kannaland onnodige regskoste
’n Belastingbetaler weier om geïntimideer te word!
Die Kannaland munisipaliteit kry bloedneus toe ‘n belastingbetaler weier om geïntimideer te word. Talle siviele eise kan volg na Hennie Smit van Calitzdorp se klinkende oorwinning oor ‘n onbeholpe munisipaliteit! Klik hier vir die storie.
Eerste vir Oudtshoorn!
Deurlopende kommentaar uit die raadsaal
Klik hier
12 Maart 2010
Politiek – Oudtshoorn
Dink Oudtshoorn gaan vandag ‘n WMB kry!?
Watwou! Ons het dan twéé!
As jy die twakpraatjies op Verwoerdplein glo het Oudtshoorn tans twéé munisipale bestuurders – albei waarnemend; een tydelik. Klik hier vir die storie.
11 Maart 2010
Politiek – Oudtshoorn
‘n Nuwe waarnemende munisipale bestuurder
Daar word verwoed gewoeker op Verwoerdplein. Dit gons. Klik hier vir die storie.
————————————————————Oudtshoorn rou
———————————————–11 Maart 2010————10 Maart 2010
—————————————————–Fietsry-tragedie – Oudtshoorn
———————————————–In memoriam———-Begrafnisreëlings
————————————————–Klik hier——————Klik hier
10 Maart 2010
Politiek – Oudtshoorn
“Wessel Rabbets is steeds die MB”
Die pitsweer van onbevoegdheid bars oop. Die Verwoerdplein sirkus se tentpale is vanoggend gelig met die standpunt dat Wessel Rabbets steeds Oudtshoorn se munisipale bestuurder is. Klik hier vir die storie.
10 Maart 2010
Politiek – Oudtshoorn
Raadsbesluit: Die burgemeester het onwettig opgetree!
Die uitvoerende burgemeester, raadsdame Diane de Jager moet gaan! Oudtshoorn kan haar nie langer bekostig nie. Klik hier vir die storie.
10 Maart 2010
Politiek – Oudtshoorn
Raai, raai riepa!
Bly hy weg? Kom hy terug? Wessel Rabbets se leë kantoor maak opslae. Klik hier vir die storie.
9 Maart 2010
Administrasie – Oudtshoorn
Wessel Rabbets onttrek
Oudtshoorn moet ‘n nuwe munispale bestuurder kry – en vínnig! Klik hier vir die storie.
8 Maart 2010
Tragedie – Oudtshoorn
3 fietsryers sterf tragies
2 ernstig beseer
Ongeluk op Calitzdorp-pad skok Oudtshoorn. Klik hier vir die storie.
8 Maart 2010
Politiek – Oudtshoorn
Die Pietersen-appèl: Vertorende, verdollende onsekerheid
Andermaal versluier
die munisipaliteit
kritieke inligting
Wat gaan aan? Wie baat by die geheimhouding?
Klik hier vir die storie.
5 Maart 2010
Politiek – Oudtshoorn
Hier’s ‘n gróót skroef los
Pietersen-saak steeds onafgehandel
Hierdie berig word onder “politiek” en nie onder “administrasie” nie, gepubliseer. Klik hier vir die storie.
5 Maart 2010
Administrasie – Oudtshoorn
Uiteindelik: Die Pietersen-appèluitspraak.
Teen vanaand het Oudtshoorn dalk nie meer ‘n munisipale bestuurder nie
‘n Besluit van ‘n raad wat die raadslede van Chelm na Nobelpryswenners laat lyk, het die gevolg dat die waarnemende munisipale bestuurder, Wessel Rabbets, nie meer ‘n kontrak sal hê nadat uitspraak later vandag in die Noël Pietersen-appèl gelewer is nie. Klik hier vir die storie.
4 Maart 2010
Administrasie – Oudtshoorn
Pietersen; Gutas; Matthysen; Williams; Visagie…
Iemand moet betáál vir die verkragting van Oudtshoorn
Die gevolge van die Wes-Kaapse ANC-Regering se administrasie van 2007 kos Oudtshoorn enórme bedrae geld. Dis tyd dat iemand aangekla word vir die verkragting van Oudtshoorn! Klik hier vir die storie.
4 Maart 2010
Administrasie – Oudtshoorn
“Dit wassie ekkie!”
Tinus Matthysen: Die engeltjie het niks verkeerd gedoen nie
Tinus Matthysen het Oudtshoorn matelose en haas onberekenbare skade berokken. En nou het hy waaragtiglik nog die wind om sy onskuld verontwaardig uit te roep. Klik hier vir die storie.
3 Maart 2010
Administrasie – Oudtshoorn
‘n Ligte – R4m! – mistykie
Hierdie keer is dit werklik om van siek te raak
R4,000,000. Verbeur. Omdat die raad en die amptenary te sleg was om die geld eenvoudig te ontváng! Klik hier vir die storie.
2 Maart 2010
Politiek – Oudtshoorn
Nóg ‘n reguitprater steek hand op vir die DA
Danie Bester stel homself verkiesbaar
Die onderwyser-bouer-musikus-koorleier-kunstebestuurder Danie Bester het homself gister verkiesbaar gestel vir die DA. Wat gaan die opposisiepartye máák om súlke kandidate te werf!? Klik hier vir die storie.
2 March 2010
Administration – Oudtshoorn
How not to be seen
Where on earth is
Chantelle Williams!?
Where indeed! Probably where Deon Visagie’s qualifications are enshrouded. Two of Oudtshoorn’s highest paid officials are hopelessly under experienced and under qualified. Yet the municipal management is silent on this continuous waste of taxpayer money. Click here for the story.
2 Maart 2010
Administrasie – Oudtshoorn
ANC maak keel skoon
Ondeursigtigheid en eksklusiwiteit krap die ANC erg om. Klik hier vir die storie.
1 Maart 2010
Landbou – Langkloof
Langkloof-vrugteramp sal duisende werkloos laat
Landbouleiers sê hulle wil die landbouprobleem oplos voor dit ‘n sosiale ramp word. Klik hier vir die storie.
28 Februarie 2010
Kunste – Oudtshoorn
“Ek het ‘n soft spot
vir Oudtshoorn!”
Coenie de Villiers
by die Jamstreet Amfi
Coenie de Villiers hou die eerste konsert van sy nuwe lewe in die teater met die hoogste plafon op aarde. Klik hier vir die storie.
26 Februarie 2010
Politiek – Oudtshoorn
Eerste op Eden24 en OudtshoornOnline
Nic Barrow stel homself verkiesbaar!
Oudtshoorn-politiek sal nóóit weer dieselfde wees nie.Klik hier vir die storie
26 Februarie 2010
Administrasie – Oudtshoorn
Die MB word verbied om op koerantvrae te antwoord
Dit laat die munisipaliteit glo sleg lyk!
Raaslid Kawa van die ANC se mosie dat die MB nie op koerantvrae mag reageer nie, is stilswygend deur die DA aanvaar. Die DA gaan dus al die smulsmaaklekkerte van hierdie verbode vruggie geniet. Dink die DA werklik die mense van Oudtshoorn is dorpsidiote!? Klik hier vir die storie.
25 Februarie 2010
Politiek – Mosselbaai
ANC kry bloedneus!
Mosselbaai brúl!
DA vat wyk 9 met 63%!
Die DA het ‘n wyk by die opposisie afgeneem in gister se tussenverkiesing op Mosselbaai. Klik hier vir die storie.
25 Februarie 2010
Politiek – Eden
Media snoer Barrow
oor Dorfling
Die Spietkop adverteer sy verpligtinge weg
Eden se burgemeester – Leon Dorfling van ‘n eenmanpartytjie wat nog nóóit eens ‘n énkele Eden-kieser se stem in ‘n verkiesing getrek het nie – se skuld aan Eden se belastingbetalers word in ‘n tsunami van beeldpoets-reklame weggespoel… en die media doen mee! Klik hier vir die storie.
25 Februarie 2010
Politiek – Oudtshoorn
Three blind mice…
‘n Verrassende fluitjieblaser verhoed ‘n nagmerrie: “Burgemeester” Gordon April; “Onderburgemeester” Ben Pannas en “Speaker” Japie Coetzee. Berge val op ons! Heuwels bedek ons! Klik hier vir die storie.
25 Februarie 2010
Politiek – George
George is ‘n “uitsondering”
… die kinnirs willie saamspelie
OO verneem dat daar op die hoogste gesag in die DA en in die OD ooreengekom is dat George nie by die samewerkingsooreenkoms tussen die twee partye betrek word nie. Klik hier vir die storie.
24 Februarie 2010
Toerisme – Oudtshoorn
Oudtshoorn se 2010-DvD: Nié ‘n OTB-produk nie
Daar was die afgelope week ontsteltenis in die gasvryheidsbedryf op Oudtshoorn oor ‘n DvD wat slegs een hotel op die dorp gedek het. Cyril Clarke verduidelik. Klik hier vir die storie.
23 Februarie 2010
Politiek – Oudtshoorn
ANC onttrek mosies van wantroue!
Welgedaan Wessie! ‘n Rasionele besluit in die Oudtshoorn politiek… geen wonder dit reën nie, maar welgedaan! Welgedaan! Klik hier vir die storie.
23 Februarie 2010
Politiek – Oudtshoorn
ANC-beheer!?
Die ANC het mosies van wantroue ingedien teen die burgemeester en die speaker en ‘n absurde mosie om die munisipale bestuurder te verbied om met die media te praat. Sal die ANC dit doen as hulle nie meen hulle het ten minste ‘n kans om hierdie mosies te laat slaag nie? Klik hier vir die storie.
22 Februarie 2010
Administrasie – Oudtshoorn
Pietersen-uitspraak voorbehou
Noëlie mors ons almal se tyd. Hy bestuur sy “verdediging” soos hy die munisipaliteit bestuur het… miskien moet die raad hom nóg ‘n púfômins bounis goedkeur! Klik hier vir die storie.
22 Februarie 2010
Politiek – Eden
Op pad na 2011 – Wat de duiwel gaan ons dóén!?
Die DA in Eden verdién kritiek – en in die Eden distriksraad en in George en op Oudtshoorn verál! – en, selfs belangriker, die ANC se plaaslike regeringsrekord is so onbevange beroerd dat kritiek feitlik oorbodig is: ‘n ANC-leier kan maar net mond oopmaak oor plaaslike regering en die party word in die swak lig gestel wat dit verdien. Die ander partye in Eden – van die voëltjie-party, die OD, tot die magtige Eden-Forum van spietkop Leon Dorfling – is eenvoudig te klein en te onbelangrik om aandag te kry. Klik hier vir die storie.
19 February 2010
Business – Eden
How the Budget affects payroll administrators
A surefire checklist to keep you compliant. Click here for the story.
19 Februarie 2010
Administrasie – Oudtshoorn
Die Van der Mescht-fiasko
Die raad betaal sowat R2.5 miljoen wederregtelik uit!
Wanneer gaan die munisipaliteit die mense van Oudtshoorn inlig oor die raad se onverklaarbare goedkeuring van ‘n wederregtelike uitbetaling van sowat R2.5 miljoen aan ‘n voormalige amptenaar!? Klik hier vir die storie.
19 Februarie 2010
Politiek – Oudtshoorn
Die speaker pak Kawa
Die speaker reageer amptelik op aanklagte teen raadslid Kawa van die ANC. Klik hier vir die storie.
19 Februarie 2010
Strate – Oudtshoorn
Déksels! Die gat is tóé!
Die drein op die westelike sypaadjie in Hoogstraat, skuins oor die Moederkerk, het ‘n deksel gekry! Klik hier vir die storie.
17 Februarie 2010
Politiek – Oudtshoorn
DA kies nuwe bestuur
Die verkiesing, gisteraand, van senior sakelui en professionele mense op die DA se plaaslike bestuur dui aan dat die party wat volgende jaar se plaaslike verkiesing gaan beveg dramaties anders daar gaan uitsien as die raadslede wie se besluite sedert verlede Februarie deur die provinsiale leierskap geveto kan word! Daar is inderdaad nou alle rede om te hoop en te verwag dat die DA op Oudtshoorn besig is om ‘n model te word vir plaaslike regering. Klik hier vir die storie.
17 Februarie 2010
Administrasie – Oudtshoorn
Kawa ta-ta onwettig onwettig
ANC raadslid Wilton Kawa se vervoerprobleme duur voort en word al erger. Klik hier vir die storie.
16 Februarie 2010
Politiek – Oudtshoorn
Braaitjops, boerewors en brannas tot die redding. Nóg ‘n ligte mistykie afgeweer
Die MB se voortgesette kontrak is na ‘n DA-selfmoordbesluit van die raad verlede jaar, Maandagaand oor ‘n paar doppe beklink. Eisj, ja. Eisj. Klik hier vir die storie.
15 February 2010
Events – Oudtshoorn
Can Oudtshoorn host an event,
or what!?
The 4th HOG Route 62 Rally
Big bikes in big bird country.
Click here for a photo essay.
15 Februarie 2010
Administrasie – Oudtshoorn
201 onbeantwoorde navrae…
of hónderde en hónderde uitstaande items!?
(Die éintlike toedrag van sake)
Daar was laat verlede week ‘n beroering; ‘n opskudding oor berigte dat daar tot 201 uitstaande navrae van die speaker onbeantwoord sou wees in die munisipaliteit. So asof 200 onbeantwoorde navrae op swak administrasie sou dui, maar, sê, 1, of 39, of so, darem nie té sleg sou lyk nie. Wel, as “201” die skaal op sleg sou laat vassteek, wat sal ons kan sê van hónderde uitstaande items? Klik hier vir die storie.
15 Februarie 2010
Administrasie – Oudtshoorn
Dís mos soos ‘n (ware DA!) raadslid optree!
Hy kry ‘n rekening van die munisipaliteit – die gevolg van ‘n administratiewe flater (dis maar ‘n gereelderige gebeurtenis) – en hy betáál. Jáááre later kry hy nóg ‘n rekening van die munisipaliteit – die gevolg van ‘n administratiewe flater (dis maar ‘n gereelderige gebeurtenis) – en hy betáál. Klik hier vir die storie.
15 Februarie 2010
Strate – Oudtshoorn
Nóg ‘n vrotsleg sypaadjie; nóg ‘n val!
Wat sal ‘n mens sê van ‘n munisipaliteit wat eenvoudig nie ‘n flenter omgee oor die veiligheid van sy voetgangers nie – dis veiliger om in die middel van pad te stap op Oudtshoorn as op die sypaadjies, die potgate in die paaie is immers groter, en kan makliker raakgesien word, as die gate op die sypaadjies. Klik hier vir die storie.
12 Februarie 2010
Oudtshoorn – Politiek & Administrasie
“Die 201 uitstaande navrae”
Die tee in die koppie skommel wóés! Klik hier vir die storie.
12 Februarie 2010
Administrasie – Oudtshoorn
Obskurantisme eis sy tol
Daar is nie sprake van deursigtige bestuur by die munisipaliteit nie. Is hierdie onderdrukking van inligting besig om ‘n selfs groter monster te baar? Bars die swere nou oop? Klik hier vir die storie.
12 Februarie 2010
Politiek – Oudtshoorn
Die professor en die pleinpop
Oor titels en meningsverskil… en skel en ‘n amperse “vuisgeveg”. Klik hier vir die storie.
11 Februarie 2010
Politiek – Oudtshoorn
“Ek het nie geweet nie” – Diane de Jager
‘n Burgemeester wat nie weet nie is nie ‘n burgemeester nie. Jou titel, raadsdame de Jager, bevat die woord “uitvoerend”… weet jy ooit wat dié woord beteken!? Wat Oudtshoorn nodig het – wat Eden nodig het! – is ‘n skoongeskropte DA, ‘n núwe DA wat in 2011 volstrekte meerderhede in Eden kan kry. Klik hier vir die storie.
10 February 2010
Administration – Oudtshoorn
Meet the new CFO:
Keith Jordaan
“Oudtshoorn Municipality is moving in the right direction and is well on the way to recover to claim back its rightful status it previously held, as one of the best municipalities in the Western Cape.” Click here to read the story.
9 Februarie 2010
Politiek – Mosselbaai
Dís soos ‘n mens dit doen!
Mosselbaai se DA-koukusleier vat die opposisie aan
Na die DA op Oudtshoorn se patetiese “protes” teen ‘n ANC-mosie oor ‘n ses jaar oue ANC-raadsbesluit, het die DA op Mosselbaai gewys hóé ‘n mens die opposisie aanvat. Klik hier vir die storie.
9 Februarie 2010
Strate – Oudtshoorn
‘n Bejaarde vrou se vernederende beserings…
die gevolg van onverskillige pad-instandhouding
Sy is hier op Oudtshoorn gebore en het ‘n man in sy loopbaan onderskraag en ‘n gesin bestuur… haar dorp se munisipaliteit het haar in die steek gelaat. Klik hier vir die storie.
8 Februarie 2010
Administrasie – Oudtshoorn
‘n Skóónmaker! vat die munisipaliteit vir R11 500!
Lagwékkend! Hartseer… Patéties!
Daar is kennelik geen einde aan die gate in die munisipaliteit se kontroles nie. Wie ook al wíl steel, kán. Klik hier vir die storie.
8 Februarie 2010
Administrasie – Oudtshoorn
Niemand lees OO nie?
Waarom is die raad en die amptenary dan so besorg oor wat OO skryf!?
OO se invloed word graag en gereeld deur die munisipaliteit afgemaak. Alhoewel die redakteur se hartjie bitter seer is hieroor, kan hy nie help om te wonder waarom die munisipaliteit dan so de vieste in is oor wat OO skryf nie… Klik hier vir die storie.
5 Februarie 2010
Administrasie – Oudtshoorn
So om en by R2.5 miljoen is wég! Nie gestéél nie; aan ‘n skúldigbevinde amptenaar betáál!
Sal die munisipaliteit in sy nuutgevonde gees van openhartigheid en deursigtigheid ook hiéroor ‘n mediaverklaring uitreik? OO kan nie wag om te verneem watter clichés die burgemeester dié keer gaan copy & paste nie! Klik hier vir die storie.
5 Februarie 2010
Administrasie – Oudtshoorn
Honderde en honderde onbeantwoorde navrae
… selfs van die speaker aan amptenare!
Die onproduktiwitiet in die munisipaliteit is ‘n bron van érge kommer. Amptenare ignoreer navrae. Amptenare ignoreer opdragte. Amptenare kom wég met sulke ongedissiplineerde optrede en so ‘n patetiese werksetiek. Wáár is die leierskap in die munisipaliteit!? En dánkie! speaker! Dánkie dat jy meer as 200 vrae gevra het! En dankie ook aan daardie paar uitmuntende amptenare – die uitsondering op die chaos. Klik hier vir die storie.
4 Februarie 2010
Administrasie – Eden
Matthysen basuin sy onvermoë uit
Eden-begroting besaai met flaters
Tinus Matthysen, Eden se waarnemende direkteur finansies, het sy naam krater gemaak op verlede Vrydag se raadsvergadering.Maar die Dorfling/ANC/Icosa/NPP kabaal het hulle nie laat afsit nie. Hulle het ‘n “piepôls badtjit” sonder meer aanvaar. Klik hier vir die storie.
4 Februarie 2010
Politiek – Oudtshoorn
Kawa se ta-ta kan hom laat ta-ta
Oudtshoorn se entrepreneur-prokureursakeman wat Tchaikovsky se derde Piano Concerto op ‘n polisiefluitjie kan blaas, Nic Barrow, het Oudtshoorn se ANC-raadslid, Wilton Kawa, in ‘n hoek op ‘n aanklag van motordiefstal, alternatiewelik aan ‘n oortreding van die bepalings van art 1(1) van die Algemene Regswysigingswet 50 van 1956… Klik hier vir die storie.
3 Februarie 2010
Administrasie – Oudtshoorn
Welgedaan Wessel! Die munisipaliteit práát!
Na maande se stilstuipe oor beide slegte en goeie nuus het die munisipaliteit gister ‘n mediaverklaring aan Die Hoorn en die Oudtshoorn Courant uitgereik oor die afgelope dae se ontdekking van diefstal – vier dae nadat die ontdekking gemaak is. Hierdie openhartigheid is ‘n enorme positiewe stap en die munisipaliteit kan met reg trots wees op besonderse vordering op die pad na skoon en deursigtige bestuur! Klik hier vir die storie.
2 Februarie 2010
Politiek – Oudtshoorn
Mosies van wantroue in burgemeester; speaker;
ANC gee die DA sy kês
Die volgende raadsvergadering op Oudtshoorn gaan ‘n goeie vertoning wees. Bespreek solank plek! Klik hier vir die storie.
2 Februarie 2010
Administrasie – Oudtshoorn
Wat de duiwel gaan hier aan, Oudtshoorn!?
Daar’s geld weg; daar’s dokumente “weg”; daar’s gesprekke in koffiewinkels met die gereg… en daar’s ‘n doodse stilte van die munisipaliteit. Wat de duiwel gaan hier aan!? Klik hier vir die storie.
2 Februarie 2010
Politiek – Oudtshoorn
DA verwóéd! Já, boet.
‘n Chihuahuaanse gekef, maar nie ‘n enkele tandjie in sig nie. Die DA vou andermaal… maar verklaar ‘n oorwinning. Klik hier vir die storie.
1 Februarie 2010
Administrasie – Oudtshoorn
Bedrog; diefstal; sabotasie
op Oudtshoorn…
Dit hou eenvoudig
net nie óp nie!
Sedert ‘n forensiese ondersoek op Oudtshoorn gelas is en vreeslike gewigtige uitsprake oor die aard en omvang daarvan in die grootste geheimhouding gedoen is, is daar in Desember deur ‘n skerp amptenaar (‘n týdelike amptenaar!) ontdek dat die here Pietersen, Gutas en Matthysen geld gevat het wat hulle nie toegekom het nie… en nou Vrydag het ‘n ánder skerp amptenaar (ja, reg geraai, nóg ‘n týdelike amptenaar!) diefstal van ten minste R400 000 blootgelê. Die uiteindelike bedrag kan meer as R600 000 beloop. Klik hier vir die storie.
1 Februarie 2010
Administrasie – Eden
Nou wat nóú, Tinus!?
Matthysen trap klei
Wáár’s die R6 miljoen, Tinus? Wáár? Klik hier vir die storie.
29 January 2010
Politics – Eden
The DA… The Yellow Party
Some shocking recent DA “decisions” cast a shadow over a once principled guardian of liberal democracy. The DA has become, in Eden, a gutless, toothless, nerveless wreck. Feckless. Click here for the story.
28 Januarie 2010
Politiek – Oudtshoorn
60.6/08/04 – ‘n Vrótsleg raadsbesluit!
Oudtshoorn se raad het Maandag ‘n mosie aanvaar om ‘n 2004-raadsbesluit uit te voer. Doelgerig? Doeltreffend? EdenOnline meen van néé! Klik hier vir die storie.
28 Januarie 2010
Politiek – Oudtshoorn
Ons speel raad-raad
‘n Urelange raadsitting; 10 mosies; 4 aanvaardings; 6 verwysings… nie goed genoeg nie. Klik hier vir die storie.
28 Januarie 2010
Sake – Oudtshoorn
Dit gaan A1 met A1 Bikes!
A1 Bikes is 15 jaar oud! Hartlik geluk, Gerhard en Leigh-Anne! Klik hier vir die storie.
25 Januarie 2010
Politiek – George
DA hensop op George
Die DA-leier, Helen Zille, en haar Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, Anton Bredell, het George Sondag besoek om die “politieke krisis” (dis nie regtig-egtig ‘n krisis nie; dis eintlik maar net twee selfsugtige politici wat mekaar nie kan verdra nie) te beredder. Daar is besluit dat die DA in opposisie sal gaan op George. Verwag die DA werklik die mense van Eden moet die party in 2011 ondersteun as die DA nie eens ‘n halfwas politieke party wat op breek staan – die OD – kan rig nie!? Verwag die DA werklik die mense van Eden moet die party in 2011 ondersteun as hulle mag in ‘n raad soos George sonder meer prysgee!? Nooit gesien nie! Klik hier vir die storie.
22 Januarie 2010
Politiek – George
De Swardt, Petrus is die vlieë in George se salf
Dit is hoegenaamd nie ‘n uitgemaakte saak dat die DA in opposisie sal gaan in George nie. Mediaberigte hieroor is voortydig en speel in die hand van suurgat politici wat hulle wonde in die modder lê en lek. Klik hier vir die storie.
21 Januarie 2010
Politiek –
Eden; George; Knysna
Waar kry jy die geld, Leon?
Eden se burgemeester gee George en Knysna elk R3miljoen om boorgate te sink. Waar kom die geld vandaan? Klik hier vir die storie.
21 Januarie 2010
Politiek – Kannaland
Koebaai, Donson… Halló, Donson!
Jeffrey Donson was ín… úít… ín… úít… en gaan na alle waarskynlikheid wéér in wees. En daar is geen wet wat hom verhoed om weer sy raadsetel op te neem nie. Klik hier vir die storie.
2o Januarie 2010
Politiek – George
Burgemeester Draghoender!
Nadat die OD se Wes-Kaapse sekretaris Maandag gesê het die OD “sal NOOIT” die ANC se mosie van wantroue in Flip de Swardt steun nie, het die OD juis die ANC vanoggend in George gesteun – en Mercia Draghoender neem nou waar as burgemeester. Die OD se provinsiale en nasionale leiers het duidelik geen beheer oor hulle plaaslike raadslede nie. Klik hier vir die storie.
20 Januarie 2010
Sport – Oudtshoorn
Die Langenhoven Gimnasium Pennypinchers Oudtshoorn Fietstoer!
Die Langenhoven Gimnasium Pennypinchers Oudtshoorn Fietstoer is ‘n kwalifiseringswedren vir die wêreldbekende Argus Pick n Pay-wedren en word eerskomende naweek, 23 en 24 Januarie op Oudtshoorn gehou. Die prysgeld beloop R30 000 en jy kan nog tot vandag aanlyn inskryf. Klik hier vir die storie.
19 Januarie 2010
Politiek – George
Einde van die pad
vir De Swardt; DA/OD?
Blykbaar nié, as die
OD-leierskap reg is
George kan Woensdag ‘n ander burgemeester hê – en dit omdat raadslede nie die politieke savvy het om persoonlike vooroordele agterweë te laat nie. Maar die OD se Rodney Lentit meen van nee. Hy sê die OD sal nooit die ANC ‘n magsbasis gee in die Wes-Kaap nie… Klik hier vir die storie.
18 Januarie 2010
Politiek – Eden
Wég met Leon Dorfling!
Geen énkele kieser in Eden het nog óóit vir Leon Dorfling gestem nie… maar hy is die burgemeester van Eden; die politieke leier van die mense van George en van Mosselbaai en van Knysna en van Plettenbergbaai en van Oudtshoorn en van Kannaland en van Hessequa.
Verstandsverstommend!
Verbysterend!
Dorfling is ‘n politieke verkleurmannetjie; ‘n politieke boereverneuker. Dorfling moet verwyder word. Dorfling moet gáán! Klik hier om die storie te lees.
18 January 2010
Politics – Oudtshoorn
Put a sock in it, Noël!
He was found guilty on February 13, 2009; the Oudtshoorn council voted unanimously to dismiss him on February 25, 2009… yet he still proclaims his innocence and his ill-meaning supporters are still bent on reinstating the Reverend Noël Pietersen as Oudtshoorn’s Municipal Manager. Enough already! It’s time to close this chapter, Oudtshoorn! Click here for the story.
18 Januarie 2010
Politiek – Oudtshoorn
Beurse vir behoeftige studente
Die ANC op Oudtshoorn probeer politieke gewin maak uit selfs die mees elementêre sake wat voor die raad dien. Vrydag is beurse gebruik om die DA-burgemeester en -speaker en die munisipale bestuurder by te kom. Klik hier om die storie te lees.
______________________________________________________________________________
______________________________________________________________________________
______________________________________________________________________________
______________________________________________________________________________
______________________________________________________________________________
______________________________________________________________________________
- —– —– —– -
______________________________________________________________________________
- —– —– —– -
______________________________________________________________________________
- —– —– —– -
______________________________________________________________________________
- —– —– —– -
______________________________________________________________________________
- —– —– —– -
_____________________________________________________________________________
- —– —– —– -
_____________________________________________________________________________
- —– —– —– -
_____________________________________________________________________________
- —– —– —– -
_____________________________________________________________________________
- —– —– —– -
_____________________________________________________________________________
- —– —– —– -
_____________________________________________________________________________
- —– —– —– -
_____________________________________________________________________________
- —– —– —– -
_____________________________________________________________________________
- —– —– —– -
_____________________________________________________________________________
- —– —– —– -
_____________________________________________________________________________
- —– —– —– -
_____________________________________________________________________________
- —– —– —– -
_____________________________________________________________________________
- —– —– —– -
_____________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________
______________________________________________________________________________
______________________________________________________________________________
______________________________________________________________________________
______________________________________________________________________________
______________________________________________________________________________
______________________________________________________________________________
______________________________________________________________________________
______________________________________________________________________________
- —– —– —– -
______________________________________________________________________________
- —– —– —– -
______________________________________________________________________________
- —– —– —– -
______________________________________________________________________________
- —– —– —– -
______________________________________________________________________________
- —– —– —– -
_____________________________________________________________________________
- —– —– —– -
_____________________________________________________________________________
- —– —– —– -
_____________________________________________________________________________
- —– —– —– -
_____________________________________________________________________________




































